Ek was seriously baie fokken lanklaas in ‘n cinema gewees om ‘n movie te kyk. Ek praat nou van probably ‘n jaar voor die pandemic ons ge-gestrike het. Nee wag, ek praat nou ‘n vet pot kak. Ek het nou gaan double check en die laaste fliek wat ek op die big screen gaan kyk het, was Crazy Rich Asians wat in 2018 uitgekom het, met ander woorde meer as drie laar gelede! As jy in dieselfde bootjie as ek sit, laat ek jou nou vertel – die beste manier om jouself weer aan die cinema experience te re-introduce, is om die nuwe Dune movie te gaan kyk wat op Vryydag, 22 Oktober (verlede week) wêreldwyd begin draai het. En jy fokken moet dit in 3D kyk! Vergeet van die kakduur popcorn, Coke en Whisper tjokkies (ek het sommer alles gekoop). As dit jou pla, vreet net baie voor jy waai en drink water of iets, maar maak seker jy kry hierdie fliek te siene, so gou as moontlik! Maandag is ‘n publieke vanaksiedag omdat ons almal moet gaan stem om van die korrupte konte onstlae te raak, so gaan kry dit vroeg agter die rug en punt jou kar se neus na die movies toe.
Vir een of ander rede was hierdie classic scifi boek deur Frank Herbert want aanvanklik in 1965 in twee dele in Analog magazine verskyn het, glad nie deel van my verwysingsraamwerk as kind nie. So ook nie die 1984 movie deur David Lynch nie. Ek weet nie hoe die fok dit gebeur het nie, maar ek het die movie somehow heeltemal misgeloop in die 80s, nes ek Goonies ook gemis het (fok, ek hoopr daar kom ‘n nuwe een uit – ek hoor dis piele). Daar is vir my dus geen reference nie en ek het glad nie geweet wat om te verwag nie, maar die nuwe movie het my 100% uitgeboul. Die space ships is fokken huge, so ook die stede, die sandwurms en die wêrelde waarin alles afspeel. Die acting is uit die boonste rakke – check onderaan die artikel vir die rolverdeling.
Ek het toe wel die volgende dag, after the fact, die ou version ook gaan uitgrawe en gekyk om te vergelyk en ek was heavy beindruk met wat David Lynch in 1984 vermag het, as jy in ag neem hoe fokol CGI daar eintlik tot sy beskikking was. Ek het ook agtergkom hoe die nuwe movie se director, Denis Villeneuve, eer betoon het aan sy voorganger se werk. Obviously is daar about ‘n miljoen persent verbeter op visuals en kostuums, maar daardie grootsheid van alles in die nuwe movie, kom van Lynch se vision af. Ek meen, dis regtig net die ou movie se protection shields wat waaragtig hond tos lyk, maar soos iemand tereg opgemerk het: “A shield is a shield, people. Pleasing geometry is a luxury.”
Daar word na Dune as die Mount Everest van science fiction stories verwys. Dit vertel die mities en emosioneelbelaaide reis van die held, Paul Atriedes – ‘n hoogs begaafde dude wie se destiny bo almal se begrip sit. Hy moet na ‘n kakgevaarlike planeet travel om die toekoms van sy familie en mense te verseker. Soos die lot dit wil hê, is daar bose magte wat hom dit nie wil gun nie en daar word oorlog gevoer oor die mees kosbaarste hulpbron-“spice”.Heelwat temas word aangespreek, onder andere die soeke jou eie identiteit, jou destiny, die mens en sy verhouding met die natuurlike omgewing, familie en erfenis asook mag en kotrole om net ‘n paar te noem. Dis nogal ‘n serious coming of age storie ook. Dune is ‘n moderne meesterstuk belaai met filosofie, ekologie en mitologie. Dit het grootkoppe soos Steve Jobs, Steven Spielberg, George Lucas en George R.R. Martin inspire. Dit het oor die laaste 50 jaar ‘n enormore kulturele impak ook gehad op veral pop-cultural levels vir kunstnaars, musikante, skrywers, filmmakers en game developers regoor die wêreld. Die heel blangrikste les wat jy moet leer uit die movie? Fear is the fokken mind killer, pappie! Vrees fokol.
Kry jou gat in ‘n seat by jou naaste Ster Kinekor so gou as wat jy kan. Hulle is 100% COVID-compliant, so jy gaan sommer seats weerskante van jou af ook oophê. Natuurlik kan jou goose nog steeds langs jou sit as jy die popcorn trick wil afpull. Ons het besluit om self daarvan ‘n punt te maak om meer by die flieks uit te kom, so jy sal baie meer gereeld hierdie tipe movie reviews, hot off the circuit kry. Wie weet? Dalk gee ons so nou en dan sommer ook double tickets weg vir julle.
Director
Academy Award nominee Denis Villeneuve (“Arrival,” “Blade Runner 2049”)
Cast
Timothée Chalamet (Call Me by Your Name, The French Dispatch)
Rebecca Ferguson (Doctor Sleep, Mission: Impossible – Fallout)
Oscar Isaac (Star Wars)
Josh Brolin (Milk, Avengers: Infinity War)
Stellan Skarsgård (Chernobyl, Avengers: Age of Ultron)
Dave Bautista (Guardians of the Galaxy, Avengers: Endgame)
Stephen McKinley Henderson (Fences, Lady Bird)
Zendaya (Spider-Man: Homecoming, Euphoria)
Chang Chen (Mr. Long, Crouching Tiger, Hidden Dragon)
David Dastmalchian (Blade Runner 2049, The Dark Knight, The Suicide Squad)
Sharon Duncan-Brewster (Rogue One: A Star Wars Story, Sex Education)
Charlotte Rampling (45 Years, Assassin’s Creed)
Jason Momoa (Aquaman, Game of Thrones)
Javier Bardem (No Country for Old Men, Skyfall, The Little Mermaid)
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.