Die Pan Perde is ‘n all-girls team wat vanaf 7-10 Oktober, 2021 aan hulle derde Bull Run gaan deelneem by Vanwyksvlei in die Noord-Kaap. Watkykjy volunteer as hulle media partner en ons gaan hierdie jaar saam met die span merries na die Bull Run om alles te dokumenteer en ‘n video aan mekaar te sit van die hele storie. Fok, ons neem even ‘n next level fotograaf saam wat duisende fotos gaan neem! Alles in ‘n poging om vir hulle fondse in te samel, want dis ‘n fokken duur storie – nie net om die kar op te fix, reg te kry en te maintain vir die Bull Run nie, maar om ook veilig by hulle bestemming uit te kom en eventually weer die pad huis toe aan te durf. Die Noordkaap is fokvêr as mens nie in die Noordkaap bly nie.
Dit sal moerse gaaf wees as jy kan help om hulle finansiële las ligter te maak. Jy kan jou donasie sommer direk in hulle bankrekening inbetaal en die proof of payment aan griffin@watkykjy.co.za stuur. Almal wat bydra (individuals en companies) sal lekker shout-outs en bedankings kry in die finale video na die event wat hopelik deur fokken baie mense gekyk sal word. Thanks vir almal wat tot dusver uitgehelp het! O ja, Watkykjy het sommer ook een tyre gesponsor!
Banking details:
LS Joubert
4100 0172 74
ABSA
632005
As jy as toeskouer na die Bull Run wil gaan, kan jy nog steeds tickets koop. Dis probably die beste min zef social distancing holiday wat jy kan in squeeze voor die einde van die jaar. Ons gaan so twee dae voor die tyd al waai en so twee dae na die tyd terugkeer. So bietjie shit uit check langs die pad, know aahm sayin’?
Moerse dankie aan Corber en Nadia Viljoen van Wat Swaai Jy vir die beskikbaar maak van hulle befokte venue vir die interview. Fokkit, ek huil elke keer wanneer ek daar instap en kyk na al die awesome classic karre wat ek nie kan bekostig nie. En moerse thanks ook aan Hannes Brümmer vir sy tyd en vir ‘n kief interview met die girls.
Hier is die Pan Perde:
Watkykjy staan op 3,049,137 post views in totaal sedert 1 November, 2019.