Nêrens Noordkaap is ‘n besonderse dramareeks wat amper ‘n familiêre, aanvoelbare nostalgie bied met die ongenaakbare, dorre Noordkaapse vlaktes as agtergrond. Die reeks is uiters mooi geskiet met die landskappe wat beslis hulle deel doen om die verhaal verder in te kleur. Boer en patriarg, Lourens Adendorff (puik vertolk deur Frank Opperman) wil die leisels van die boerdery en plaas, Nêrens, aan een twee van sy drie seuns oorhandig. Daar is egter ook ‘n moerse hartseer back story waarvan ons in die eerste paar episodes nog nie mooi kop of stert kan uitmaak nie – Lourens se Nederlandse vrou, Katja (gespeel deur Tinarie van Wyk-Loots) is al ‘n dekade gelede oorlede. Die oorhandiging van die plaas kom dus nie juis uit ‘n suiwere plek van liefde nie, maar eerder uit dié van selfsug, want daar is hartseer raaisels wat antwoorde kort en dit lyk nie of Lourens alleen op die plaas wil bly nie.
Sover dit Lourens se seuns aanbetref is daar is Andries, die jongste seun (gespeel deur De Klerk Oelofse) – hy is sy pa se oogappel, die meer sensitiewe uit die drie seuns en hy is kunssinnig van aard met ‘n onblusbare passie vir fotografie. Hy droom ook daarvan om die wêreld kruis en dwars te travel en sy pa is heel bewus van sy drome – hy het selfs ingestem om hom finansieël by te staan om sy drome te verwaarheid.
Frans (gespeel deur Geon Nel) is die oudste van die drie en blyk naaste aan die aarde, die boerdery en die plaas te wees. Saam met sy pa is hy meestal in beheer van sake maar dit kom by die troue vorendag dat hy ook maar eintlik planne en drome van sy eie gehad het – hy was van plan om in Kaapstad te gaan studeer saam met sy meisie.
Ronnie (gespeel deur Albert Pretorius) is die middelkind en die swartskaap. Die verhaal skop actually af op die plaas, die dag van Ronnie se troue met ‘n engelse chick, maar dit lyk of dit een van daai “moet” troues is – hulle het ‘n baba laitie en die troue dien sommer ook as geleentheid om die kind te doop. Die familie en vriende is mos reeds daar. Nie almal is ewe happy by of met die troue nie. Om dinge te vererger, is Ronnie boonop ‘n alkoholis en voel ‘n fok vir enige sweempie van verantwoordelikhied. Ten minste is die laitie na sy oupa vernoem.
Dit is dus geen verrassing dat pa Lourens die plaas aan Frans en Andries wil oorlaat nie. Ronnie kry sy share sommer in cash om sy nuwe lewe met sy nuwe vrou en sy nuwe kind te gaan geniet in Kaapstad, maar jy kan mos nou vir jouself indink wat ‘n absolute kak idee dit is om ‘n suiplap uit te koop met ‘n klomp zak. Andries wil fokol weet van die plaas nie, en vra vir Frans om vir hom ook geld te gee sodat hy kan waai. Hy weet nie eers waarheen hy wil gaan nie en hy gee ook nie regtig om nie want hy moet net wegkom en homself somehow gaan vind. Hy voel erg teleurgestel en verraai deur sy pa wat ‘n 180 maak op sy beloftes.
Dit los nou net vir Frans alleen op die plaas oor saam met sy pa en Maggie, die huishulp (Ilse Klink) wat oor die laaste dekade ma gespeel het vir die seuns. Haar eie seun, Jan-Jan (gespeel deur Dean Balie) – wat saam met die seuns grootgeword as hulle beste tjommie, is ook daar op die plaas saam met sy gesin.
Fast forward ‘n dekade vorentoe en dinge lyk nie veel beter nie. Frans is nog daar op die plaas en hanteer al die dinge maar hy en sy pa praat glad nie met mekaar nie. Lourens kom skaars uit die huis het en sy gordyne is meestal toegetrek. Andries stuur gereeld poskaarte terug plaas toe van sy wêreldse wedervaringe vanuit die uithoeke van die aarde. Predictably het Ronnie se lewe amper completely uitgefok – hy is geskei, meestal van die tyd in sy moer in gesuip en bly in ‘n vuil en sif, deurmekaar huis iewers in voorstedelike Kaapstad. Hy sien sy kind net oor naweke en sy eksvrou het aanbeweeg met haar lewe. In fact, wanneer hy (laat) opdaag om te kyk hoe sy laitie wen met by ‘n swemgala, embarrass hy die kak uit almal uit waneer hy kakdronk daar opdag en ‘n moerse scene maak.
Die familie is so te sê aan flarde en die plaas stagneer dag in, dag uit maar somehow vind die drie vervreemde broers hul pad terug na hulle ouerplaas waar al die geheime, hartseer en die waarheid oor hulle ma se dood, loodreg in die pad van hul verlossing en sielsberusting staan.
[slider animation=”fade, slide” slide_time=”4000″ slide_speed=”500″ slideshow=”true” random=”true” control_nav=”true” prev_next_nav=”true” no_container=”true”]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-2.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-4.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-5.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-6.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-7.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-8.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-9.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-10.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-11.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-12.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-13.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-14.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-15.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-16.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-17.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-18.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-19.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-20.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide][slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/09/Nerens-Noordkaap-DSTV-watkykjy-21.jpg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[/slider]
Daar is deurentyd terrugflitse na die seuns se gelukkiger kinderdae toe hulle verbeeldingryke Nederlandse moeder nog gelewe het. Met haar oorspronklike fairy tales wat sy die seuns vertel het en uit ge-act het, is sy die epitoom van ontvlugting – ñ manier om at least êrens te gaan op verbeeldingsvugte teryl hulle vasgevang voel op die plaas, Ñêrens, want Katja bevind haarself baie vêr van Nederland en sy self nie moerse happy nie.
Nêrens, Noordkaap is eintlik ‘n teaterstuk wat sedert 2017 sold out shows gehad het. Nico Scheepers (Die Maan Val Bewusteloos, Posbus 1), het die teaterstuk geskryf en hy het ook die script vir televisie aangepas, met Saartjie Botha as side kick op script editing duty, om dit in ‘n 13-episode familiedrama te omskep. Nico en Johan Cronje (Wonderlus, Meisies wat Fluit, The Day we Didn’t Meet) is verantwoordelik vir die super befokte directing.
Cinematically is Nêrens, Noordkaap ‘n tragiese prentjiemooi meesterstuk met ‘n sterk cast wat beslis nie in die steek gelaat word deur die majestieuse Noordkaap se landskappe as backdrop nie. Dit voel ook asof die sand en plaas self ‘n belangrike karakter is, want wanneer jy voel asof jy nêrens is nie en omring word deur die absolute fokol om jou, kan dit bevrydend wees, maar die niksheid kan jou ook as gyselaar aanhou.
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,092,333 post views in totaal sedert 1 November, 2019.