Julle weet dit teen hierdie tyd seker al, maar die Pan Perde is ‘n all-girls team wat vanaf 7-10 Oktober, 2021 aan hulle derde Bull Run gaan deelneem by Vanwyksvlei in die Noord-Kaap. Watkykjy volunteer as hulle media partner en ons gaan hierdie jaar saam met die span merries na die Bull Run om alles te dokumenteer en ‘n video aan mekaar te sit van die hele storie. Check gerus die fun interview uit wat ons met hulle gedoen het so maand of wat gelede. Daar is nou presies ‘n week oor voor ons die girls join op hulle avontuur, so ons het belsuit om julle nog so een laaste update te gee.
Die kar is basically hundreds, danksy almal se donasies. BAIE dankie ook aan Buks Grobbelaar van Reliable Tyres in Centurion wat 5 bande vir die kar geborg het! Jy is ‘n rock star en vir jou gaan die girls ‘n extra donut in die stof gooi! Soos enige wenperd sal getuig, gallop nuwe hoefysters altyd die vinnigste en het die meeste luck!
As julle dalk nog so paar sente wil skiet, die span kort nog so bietjie zak vir on the road expenses asook vir wanner hulle in die woestyn opdaag:
- Kos en snacks vir die lang pad (ek dink hulle is nou al gatvol vir suikerklontjies en hawermout)
- Dop (en gevolglik water en hoofpynpille)
- Ietse om te braai
- Woestynplakkies
- Meisiegoeters (ek weet nie, like plastiek oorbelle en shit?)
Banking details:
LS Joubert
4100 0172 74
ABSA
632005
(Die geld gaan reguit na die girls toe, maar stuur jou proof of payment aan griffin@watkykjy.co.za, sodat ons julle almal in die final recap video kan bedank)
Dis Winston Churchill wat gesê het: “No hour of life is wasted that is spent in the saddle.”
So sonder om verder enige tyd te mors, gryp die teuels of hou vas aan jou maanhare – Dis die laaste week voor lift-off. Ons was verlede week in Warmbad vir so bietjie spangees asook final preparations om die Mazdang gereed te kry vir haar groot resies. ‘n Merrie moet mos geroskam word voor sy in die publiek kan gaan rondtrot, so al die stickers wat Good Golly van George af laat kom het, is geplak en die Mazdang lyk warmer as Woensdag se warmste bokkie! Selfs die roof rack is gepimp en die kar is nou reg om die reënboë te kak van hier tot in Vanwyksvlei.
As jy as toeskouer na die Bull Run wil gaan, kan jy nog steeds tickets koop – trust my, die gaan kakbaie fun wees! Vat ‘n vinnige langnaweek en gaan doen bietjie iets heeltemal anders! Ons gaan byvoorbeeld halfpad oorslaap in Kimberley en daai groot hol kokkenodge.
So nou is dit min dae, min slaap en ver ry wat voorlê. En dan baie… baie, stof.
Watch. This. Space!
Watkykjy staan op 3,049,169 post views in totaal sedert 1 November, 2019.