Ons Suid-Afrkaners het ‘n lekker complicated verhouding met crime. Amper fokken almal van ons is criminals per definisie want “as die government so currupt is, hoekom de fok moet ek my deel doen?” Ek vir een, oortree 100% die wet, amper elke dag. My onbetaalde eTolls rekening trek seker nou al maklik hier by die dertigduisand rand rond. TV license? Waddefok is dit? Ons like dit om tussen groot en klein sondes te onderskei en ons land is vrot van die groot sondes. Ons is ook goeie storievertellers, en wanneer die groot sondes en ons praatsiekte ontmoet, maak ons TV-reekse daaroor.
Omdat ons so morbid fascination met crime het, het ek vir jou ‘n lys van befokte local true crime dramas opgestel wat jy kan stream en jy hoef nie te worry oor kwaliteit nie, want dit is daar, in elke reeks. Nog ‘n rede vir die opstel van hierdie lys is omdat ek nog local vibes gesoek het na ek Devilsdorp gekyk het (ons het mos reeds oor hierdie outjie gepraat), so ek raai jou sterk aan om dalk eers daardie 4-episode reeks te kyk as jy nog nie het nie, want dis net so fokken goed as wat dit poes hectic is. Ek is ook steeds besig om deur Huisgenoot: Ware lewensdramas se 7 seasons te werk, so gee daai ook ‘n shot.
Kriminele Meesterbrein
Die eerste ding wat my opgeval het van die eerste episode, is dat Mandy Wiener die navorser was, so ek was dadelik gerusgestel deur die legit-geit van die show. Rian Van Heerden is die aanbieder en doen die stemwerk en Lieb Bester wat verlede maand oorlede is aan COVID, is ook ‘n aandbieder van een van die 12 episodes. Kriminele Meesterbrein is ‘n program wat hulde bring aan slagoffers van misdaad, asook die loutere vasberadenheid van geregsdienaars van die Suid-Afrikaanse polisiediens wat hierdie sake oplos. Dis natuurlik gegrond op ware Suid-Afrikaanse misdade wat nie net die harte en verbeelding van Suid-Afrikaners aangegryp het nie, maar waar die misdadigers ook suksesvol aangekeer en vervolg is. Daar is byvoorbeeld die Goldin & Bloom moorde van meer as 15 jaar gelede waarvan meeste van ons al vergeet het. Natuurlik sal sommige van die stories ook overlap met Huisgenoot: Ware Levensdramas. Episode 2 van Kriminele Meesterbrein deal byvoorbeeld met die Leigh Matthews storie van 2004 en dit was ook in Huisgenoot vibe ge-cover, maar wanneer groot nuus slaan, lees jy mos nie net een koerant nie? Dis interessant om te kyk watter invalshoeke gebruik word om events te cover en hoe gebeure rondom dit benader word. Die producers het hierdie storie ook goed genoeg ge-ag om twee episodes daaraan te wei.
Nog stories wat overlap is Taliep Pieterse se moord en die hele Advokaat Barbie fokop. Een storie wat nie deur die Huisgenootreeks gecover word nie, is byvoorbeeld Sheldean Human se verhaal – die klein dogtertjie wat vermis aangemeld is en vermoord aangetref is. Haar moordenaar is ses jaar na hierdie reeks produce is in die tronk doodgebliksem. Ek kon ook nie die Jordan-Liegh Norton storie oor die moordlustige liefdesdriehoek onthou nie en ek ken ook glad nie die Riaz Kadwa storie van episode 8 nie. Dan is daar ‘n fokken weird storie uit die laat 80s oor ‘n uitgebrande kar met ‘n lyk wat net buite Vanderbiljpark gevind is – ‘n laitie wat sy eie dood wou fake omdat hy nie army toe wou gaan nie.
Agter Tralies – My lewe van misdaad
Oortreders vertel ons van al die misdade wat hulle in die tronk laat beland het, maar ook hoe hulle hulle lewens moes herbou buite die tronk na hulle vrylating. So is daar die storie van Lianné Meyer, ‘n straight A student wat ‘n stripper geword het omdat sy nie geld gehad het om universiteit toe te gaan nie. Sy het wel haar lewe begin regruk en het getrou en twee kinders het gevolg maar sy het begin bedrog pleeg. Eers was dit klein bedrae soos R2000, maar R2000 het later R5.5m geword en sy is gebust en 7 jaar tronk toe gestuur op 22 aanklagtes van bedrog. Dis fokken weird om hierdie ontsettende mooi jong vrou te sien praat oor haar lewe in die tronk en die feit dat sy net ‘n nommer was en nie eers soos ‘n ma of ‘n mens gevoel het in die tronk nie. Jy word niks.
Omdat hierdie mense hulle eie stories self vertel is dit moerse persoonlik en boeiend. Maar dis ook moerse cool om te sien hoe hulle responsibility neem after the fact en daaroor praat. En hoe fokken bang hulle was om weer vrygelaat te word want hulle weet nie wat vir hulle daarbuite wag nie. Daar is ook die realiteit van mense na aan jou wat jou heeltemal afskryf.
Vermis
Ek het fokken oud gevoel toe ek sien dat Doreen Morris hierdie program aanbied. Jissis, ek onthou haar van Mnet se Oopkyktyd-dae af toe daar nog live presenters op TV was. En sy lyk vir my nog dieselfde. Vermis ondersoek onopgeloste sake van Suid-Afrka se vermiste persone. Doreen ontmoet hulle naasbestaandes regoor Suid-Afrika en ontsyfer die vermiste persone se laaste bewegings voor hulle verdwynings. Duisende mense word elke jaar as vermis aangemeld in ons land. Sure, meeste word gevind, maar wat van die ander? Of hulle gevind word of steeds vermis word, is daar baie onbeantwoorde vrae en Doreen behandel elke liewe mens met opregte deernis. Elke episode kan dus as ‘n huldeblyk gesien word, eerder as om antwoorde op al die vrae te kry maar ek is oortuig daarvan dat die ouers en geliefdes effens ten minste nader aan berusting kom waneer Doreen kom kuier het.
Vergewe My
Hierdie program ondersoek die aangrypende verhale van misdade en die oortreders daarvan se pogings om vergifnis te ontvang van diegene wat hulle seergemaak het en te na gekom het. Ek weet nie of ek sommer so maklik sal kan vergewe as ek byvoorbeeld die mense van die eerste episode is nie. Dis ‘n fokken hectic storie! ‘n Jong paartjie het vroeg kinders gekry en is vroeg uitmekaar uit. Hulle het custody gesplit soos wat dinge normaalweg verloop in hierdie gevalle. Dit was die pas se beurt met sy twee dogtretjies en toe verdwyn een van hulle in die middel van nie nag. Dit draai toe uit dat een van die pa se skomgat vriende die dogter gesteel het, verkrag het, vermoor het en haar lyk onder sy bed weggesteek het. So nou is die vraag, hoe vergewe jy so persoon? Sommiges kan dit doen en ander kan glad nie. Wat sal jy doen? Daar is 19 episodes om jou eie levels van vergifnis te toets. Ek sou daai ou probably met my eie hande uitmekaarskeur.
Keerpunt
Moet nog nie die sakdoeke en tissues wegpak nie. Keerpunt is ‘n reeks wat kyk nie die ongelooflike stories wat incredible individue vertel wat gevaarlike near death experiences orleef het, hoe dit hulle lewens verander het en hoe daar ‘n moerse keerpunt in hulle lewens gekom het. Almal van ons het al ‘n keerpunt bereik. Dink bietjie aan jou eie lewe – wanneer het alles in jou lewe verander? Dit kan vir sleg of vir goed wees. Daar hoef nie net een keerpunjt te wees nie. Die dag toe jy volsinne begin praat het was beslis ‘n keerpunt. Jou ouers kon nou uitfigure of jy wou kak en of jy wou eet. Maybe het jy ‘n fokken moerse karongeluk oorleef waarin jy dronk bestuur het en is jy nou ‘n motivational speaker. Of dalk het jy die persoon van jou lewe ontmoet.
“Ek is Estelle, en hierdie is my keerpunt” is die formaat van hoe elke episode min of meer afskop en dan word die mees bizarre stories vertel. In Estelle se geval, is sy en haar man doodgewone Suid-Afrikaners wat hulle 40ste trouherdenking wou vier met ‘n oorsese trippie op ‘n cruise ship in 2015. Die skip het Tunisia gestop het vir ‘n daylie excursion vir die mense aan boord wat wou afklim. Maar in plaas daarvan om die kusdorpie te verken, breek daar ‘n massiewe massacre uit waarin 38 mense sonder voorkeur of onderskeid afgemaai is met masjiengewere. Die Suid-Afrikaanse egpaar het wonder bo wonder met hulle lewens daarvan af weg gekom. Estelle se man was ongedeerd maar sy self is tweekeer deur die onderlyf geskiet. Hulle groot drama het eers regtig begin na Estelle in die ambulans gelaai is. Hierdie is maar net een van 19 unbelievable stories!
Bolhuis
Ag ou Mike. Jirre, wat ‘n fokken weirdo. Bolhuis is Pretoria se bekendste en mees berugtste private eye. As daar ‘n groot voorbladsaaksaak is, dan is Bolhuis daar. Hy operate vanuit sy moerse mansion in Pretoria-Noord en was al betrokke by van die land se grootste moord- en bedrogsake. Die reeks delf dieper in van die groot sake wat al op Mike se lessenaar beland het. Fokkit, daai haarstyl van hom! Party at the back, party at the front en party on top! Die bra tune self dat die gevaarlikste ouens altyd either kaalkop of table top vibes gooi. As Mike Bolhuis jou kry voor die polisie jou kry, dan gaan jy kak!
Wat ek like van Mike, is dat hy opstaan vir die weerloses en die wat nie normaalweg vir hulleself kan praat nie – sy liefde om hulp en bystand te verleen aan diere, vrouens en kinders. Dis wat hom dryf en as daar ooit ‘n license to kill was, sou hy probably die eerste ou wees met so een in sy beursie. Soos hy dit stel in plein Afrikaans: “Ek sal hulle van ‘n kant af opfok!”. Daar kom duisende sake oor sy pad en die reeks kyk na wat agter die scenes aangaan. Hy het ‘n hele wacky team wat vir hom werk!
Fun fact – Mike Bolhuis was my buurman in Sunnyside gewees vir so 2 jaar lank. As ek reg onthou was dit vanaf laat 1996 tot hier by 1999 rond. Hy het destyds so bloedrooi Corvette gery en hy was altyd moerse nice met my! Hy het my selfs eenkeer gehelp toe ek opgefok word in Hatfield square!
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie .
Watkykjy staan op 3,055,937 post views in totaal sedert 1 November, 2019.