Welkom by hierdie week se keuse vir Kragtige Kortes – ‘n section op Watkykjy waar ons weekliks ‘n kief kortfilm kies vir jou kykgenot!
Ons het vandag vir jou ‘n moerse heavy en hart hitting storie waarin jou hopelik tonne inspirasie sal vind. Dit vertel die ware storie van Nick Mullins (volg hom hier op Instagram). Tien jaar gelede was hy een van die mees belowenste skateboarders in Amerika se Midwest en toe het alles skielik oornag verander. Hierdie storie is oor ‘n tydperk van 2 jaar oor naweke geskiet deur twee vreemdelinge. Dit is ‘n verhaal van pyn, deursettingsvermoë, stryd, onsekerheid, vrees, desperaatheid maar ook liefde.
Hierdie post is 71 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,103,888 post views in totaal sedert 1 November, 2019.