Skate (met Francois van Coke) – Lat Patrollie

In Kief musiek deur griffin

Ons het so 2 maande terug ‘n post gehad oor befokte Duitse punk waarop ons afgekom het. Iemand het toe op die Watkykjy FB page gaan tune “Wat van ‘n beitjie Afrikaanse punk!” en toe ‘n link ook gepost. Daai iemand is toevallig toe self ook in die band, so kom ons gee hulle bietjie airtime. Hulle bio tune “Raymand, Armand, Marsie en Roscoe bring vir julle oorspronklike punkrock treffers en live shows wat gesigte smelt vanaf die gat kant van Suid-Afrika” – nou volgens hierdie marabse is Kaapstad die gatkant van Suid-Afrika terwyl dit eintlik Port Elizabeth is – Vereeniging by die see.

Met hulle tune, Skate, team die ouens op met Francois Van Coke van die band Fokofportelizabeth en het die volgende daaroor te sê:

Ons almal kom van ‘n era van skaatsplank ry, Tony Hawk Pro skater en 90’s punk. Dit is pressies hoe ons groot geword het deur die rebelie, deur die “ons is opsoek na iets anders”. Deur die ons is bored, alles is dieselfde. Al wat ons nodig gehad het was ‘n skateboard en lekker tunes. Niks het saak gemaak nie, nie meisies, nie drank, nie skool, ook nie werk nie, net Skate!! Skate!! Skate!! So, hier vir die eerste keer in ons Moedertaal – ‘n Skateboard Punk song.

Jirre seuns, het julle te veel Spray ‘n Cook uit Jiffy Bags gesnuif? Watkykjy se stalknegte kom self uit die skateboard era en bier en broeknaai was baie fokken lekkerder as skaatsplank ry.

Gaan like hulle Facebook page, want ten spyte van die feit dat Francois handjie bygesit het, staan hulle nou maar eers net op 2300 likes. Jirre, social media. Dis ‘n punk gesprek vir ‘n ander dag, maar voor ek te filosofies raak, hier is Skate:

Hierdie post is 155 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,140,748 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinSkate (met Francois van Coke) – Lat Patrollie