Ontmoet Wildfire van die Pan Perde wat aan die 2021 Bull Run deelneem!

In Snotstories deur griffin4 Eiertjies

Ons het julle so rukkie terug vertel van die groep fun girls wat ons in Oktober hierdie jaar gaan vergesel na die 10de jaarlikse Bull Run – ‘n race wat in middel van fokol iewers op die panne met baie stof plaasvind. Net om te recap – daar is hierdie 5 stuks merries wat ingeskryf vir die Bull Run en hulleself die Pan Perde noem. Dis hulle derde Bull Run. Die basiese reels van die saamtrek is dat die tjor wat ‘n span inskryf, nie meer as R30k mag kos nie en die voertuig moet ouer as 1985 wees. Dan is daar allerhande mini kompetisies en wacky races en dis een groot fokken jol. Jy kan nog steeds vir jouself ‘n kaartjie koop vir die event wat 6-10 Oktober plaasvind, so fokken doen dit en kom kuier saam met ons almal! Ons wil baie graag die girls help, so ons travel agter hulle aan om die storie te dokumenteer vir Watkykjy en probeer die woord uitkry om so bietjie zak in te samel. Daar owrd ‘n piele video van die hele storie produce. Ons gooi vir jou die shopping lysie onderaan vandag se perdjie se introduction.


Wildfire (Jani)
Hierdie perd is wilder as die wildtuin. Sy lyk dalk mak, maar sy sal vir jou fokken ver gooi! Wat die arme merrie ook rateltaai maak is die feit dat sy tans vier vulletjies grootmaak.  Al hoe jy hierdie perd kan inbreek, is met brandewyn – brannas in die dag, brannas in die nag.

Jani is  die wild card, maar sy is ook die hoof van verversings. So is sommer die skinker en die drinker. Sy is ook in charge van alle versierings en het hulle 1974 Mazdang 616 Deluxe 1600 se moerse horing ook ge-skaaf en ge-shape. Haar super power is haar kakgevaarlike reflexes. Smaak my sy het oë agter haar kop want sy het bonatuurlike vinnige bewegings wat kan stuit, keer en afweer!

Drie dinge wat hierdie merrie fokken dik smaak en wat jy dus moet wegsluit:
Brannas
Biltong
Guns

Haar pozzie is links agter in die kar.


Oorweeg dit asseblief om die girls te help met ‘n klein donasie:

Dit sal moerse cool wees as jule kan help om die las ligter te maak. Daai kar is fokken oud en daar makeer so paar dinge wat zak kos.
Julle kan sommer direk in hulle bankrekening hieronder inbetaal en die proof of payment aan griffin@watkykjy.co.za stuur. Daan gooi ons vir jou ‘n lekker shout-out in die video:

  • Petrolpompie
  • Geen suspensie, geen beheer (die coils en shocks is fucked)
  • Die carburetor moet ge-tune word
  • 4 tyres
  • Petrol
  • Geld vir padkos, bier en meisie-shooters

LS Joubert
4100 0172 74
ABSA
632005

Hierdie post is 607 keer in totaal gelees en 2 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,611,259 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinOntmoet Wildfire van die Pan Perde wat aan die 2021 Bull Run deelneem!

Comments

  1. Schalk

    Daarshy Griffin,
    Ek het R500 geborg.
    Groete,
    Schalk

  2. Author
    griffin

    Befok, Schalk. Moerse thanks dat jy las om die girls uit te help!

  3. Author
    griffin

    Daarsy! Ons name drop Ingilozi kakhard in die video!

Gooi Comment