UPDATE:
Jis-jis! Julle is fokken cool! Ons het gister twee donasies vir die perdjies ingekry – JL Van Rooyen het 200 skille gesweef en JT Maritz het 250 pitte geplant. Moerse dankie, julle! Elke bietjie help met die girls se kakduur expenses.
Dan moet ons ok spesiale melding maak van ‘n company wat na vore getree het met ‘n befokte sponsor package – die mense van Good Golly Studio:
Good Golly gaan ons help om die Pan Perde se pannewales te dokumenteer by die 2021 Bull Run. Hulle gee vir die girls ‘n spoggerige nuwe Instax Mini 11 kamera om saam te neem op hulle avontuur! Hulle borg ook al die stickers wat orals oor die kar kom, sodat mens sommer van vêr af die moeilikheid kan sien aanrol.
Ondersteun hulle gerus! goodgolly.co.za is ‘n moerse stylvolle online gift shop. Hulle is gebasseer in George maar lewer landswyd af! Die shop verkoop ‘n verskeidenheid produkte – van decor vir jou huis, tot klere en ander bykomstighede. Dis moerse nice as jy veral bietjie iets anders soek om as geskenke te gee. Hulle ondersteun selfs kunstenaars in die area met ‘n reeks digital prints. Hulle maak ook voorsiening vir die enkelbyters met boeke en handgemaakte speelgoed. Maar Good Golly sorg nie net vir die Miss Molly’s onder ons nie – hulle is boonop ‘n next level graphic design studio en kan help met alles van troukaartjies en logo’s, tot corporate stationary en printing. Dis soos die Pick ‘n Pay van printing en presente. Kry jouself in die pound seats en gaan bestel vir jou goose ‘n ou mooi dingetjie of ‘n pink kamera, toe man!
Dis mos fokken lekker om lekker mense te ondersteun?
Jy kan nog steeds vir jouself ‘n kaartjie koop vir die event wat 6-10 Oktober plaasvind, so fokken doen dit net en kom kuier saam met ons almal! Ons het vanoggend confirmation gekry dat ons tente bespreek is en ons is kak excited. Voel hierdie nipples!
Ons wil baie graag die girls help, so ons travel agter hulle aan om die storie te dokumenteer vir Watkykjy en probeer die woord uitkry om so bietjie zak in te samel, so help asseblief deur te donate, as jy kan! Daar word ‘n piele recap video van die hele avontuur aanmekaargsit en die girls sal vir jou of jou company ‘n dik shout-out gooi in die video.
Ons gooi vir julle die shopping lysie onderaan vandag se perdjie se introduction, asook hulle banking details.
Check sommer ook die ander perdjies tot dusver se profiles uit:
Wildfire
Baby Buns
Aurora
Dark Moon
Dis dan al die girls. Maybe moet ons julle volgende week aan die kar voorstel sodra hy terugkom van spraakterapie af.
Purple Rain (Liezel)
Oorle Prince sou wat wou gee om so spogperd te kon besit. ‘n Mooikoppie maar ook ‘n malkoppie wat nie op die bek geval is nie. Sy is ‘n properse plaasperd wat pronk met een pedigree vulletjie. Sy is steeks in die dag en mak in die nag. Yup, nie anders om nie. Uiteindelik so bietjie balans in die mix en iemand om die kaptein bystand te verleen deur res van die span merries in toom te hou wanneer die son sak oor die woestynsand. Haar bullshit detector se batteries raak ook nooit pap nie so jy kan haar sommer as ‘n sambreel gebruik wanneer dit conspiracy theories begin reën. En moenie met haar probeer kakpraat nie. Soos Jimmy Abbott destyds vir Leon Schuster getune het: “Moenie soos ‘n fokken muskiet hier voor my kom rondhop nie. Ek sal jou van jou voete af klap!”
Purple Rain is die eienaar van die Mazdang 1600 perdekar en ook die co-driver op hierdie mission. Haar job is ook om al die speeding fines te betaal of om vir die pote weg te jaag. Laasgenoemde is actually makliker want die traffic department is altyd fokken offline.
Drie dinge waarmee jy hierdie merrie in ‘n wip kan vang:
Cappuccino
Glitter
Guns
Waar sit Purple Rain? Net waar die fok sy wil. Dis haar kar.
Oorweeg dit asseblief om die girls te help met so bietjie zak:
Dit sal moerse cool wees as julle kan help om die las ligter te maak. Die Mazdang is fokken oud en daar makeer so paar dinge wat zak kos.
Julle kan sommer direk in hulle bankrekening hieronder inbetaal en die proof of payment aan griffin@watkykjy.co.za stuur. Daan gooi ons vir jou ‘n lekker shout-out in die video en sommer hier op die site ook. Wees so gaaf soos ou Schalk, man:
- Petrolpompie – glug-glug-glug-glug-glug
- Suspension – die potholes op pad na die jol maak hulle gatte klaar.
- Die carburetor kort werk. En probably ook ‘n treinkaartjie na Oos-Londen. En net een sigaret, meneer.
- 4 tyres – anders moet hulle die kar op die treinspoor inhaak op die rims.
- Petrol – want Elon Musk het nog nie ‘n elektriese weergawe van die Mazdang 1600 ontwikkel nie.
- Sakgeld vir die pad – hulle like Simba chippies en Energade saam met hulle gekookte eiers.
LS Joubert
4100 0172 74
ABSA
632005
Watkykjy staan op 3,074,299 post views in totaal sedert 1 November, 2019.