UPDATE:
Daar was ongelukkig gister geen donasies vir die girls nie. Nie eers ‘n sent nie.
Weet julle wie het ‘n sent gekry? Jacob moerefokken Zuma. Ai man.
Sulke gut punch.
Jy kan nog steeds vir jouself ‘n kaartjie koop vir die event wat 6-10 Oktober plaasvind, so fokken doen dit net en kom kuier saam met ons almal! Ons het vanoggend confirmation gekry dat ons tente bespreek is en ons is kak excited. Voel hierdie nipples!
Ons wil baie graag die girls help, so ons travel agter hulle aan om die storie te dokumenteer vir Watkykjy en probeer die woord uitkry om so bietjie zak in te samel, so help asseblief deur te donate, as jy kan! Daar word ‘n piele recap video van die hele avontuur aanmekaargsit en die girls sal vir jou of jou company ‘n dik shout-out gooi in die video.
Ons gooi vir julle die shopping lysie onderaan vandag se perdjie se introduction, asook hulle banking details.
Check sommer ook die ander perdjies tot dusver se profiles uit:
Wildfire
Baby Buns
Aurora
More introduce ons julle aan die laaste panmaat. Ja, panmaat. Want hierdie verhaal peel af in die panne.
Dark Moon (René)
Moet nou nie Dark Moon verwar met die Plakkietoria emo metal band van die middel 90s met dieselfde naam nie. Hulle het Manowar t-shirts en sulke fokken simpel wye okkie-broeke gedra. Okkie lankie, okkie kortie en wyer as Julia Roberts se smile. O wag, niemand fokken weet van hulle nie, so ons kan aangaan met die storie.
Dark Moon van die Pan Perde is van nature ‘n dark horse met ‘n sagte hart. Sy spog met twee opgeskote vulletjies, so moenie met haar kak soek nie. Sy vreet miskien appels in die dag maar sy swaai hulle as die son sak. Sy dra dalk haar prefek-balkie onderstebo, maar sy is totes in beheer van sake as spankaptein en bouncer. Sy hou die merries in toom en maak seker dat almal vroeg genoeg gaan lallies sodat hulle perdfris is vir elke dag se challenges. Vieruur die oggend is mos vroeg, of hoe? Haar super power is dat sy ‘n kakstorie ‘n plaasmyl vêr kan ruik, so vermy liewer oogkontak met haar as jy byvoorbeeld ‘n piramideskema of daai Crowd1 crypto boktos aan haar probeer smous. Sy kyk fokken reg deur jou. In fact, daai kyk wat sy jou gee wanneer jy ‘n poefstorie probeer bak, brand so fokken erg dat jou siel aan die brand sal slaan. En dan voer sy jou aura vir Aurora om braaibroodjies mee te maak. Maar maybe is jou siel lucky genoeg om ‘n Uber te kry voor die perde jou in die pille skop.
Hierdie stoetmerrie se job is om die ander perdjies in toom te hou en om die wa op sy spoor te hou.
Drie dinge wat hierdie merrie in haar kerskous sal like:
Kick boxing
Sand (What the actual meth free basing fuck?)
Guns. (Pew-pew!)
Dark Moon sit regs voor, agter die perdekar se leisels.
Oorweeg dit asseblief om die girls te help met so bietjie zak:
Dit sal moerse cool wees as julle kan help om die las ligter te maak. Die Mazdang is fokken oud en daar makeer so paar dinge wat zak kos.
Julle kan sommer direk in hulle bankrekening hieronder inbetaal en die proof of payment aan griffin@watkykjy.co.za stuur. Daan gooi ons vir jou ‘n lekker shout-out in die video en sommer hier op die site ook. Wees so gaaf soos ou Schalk, man:
- Petrolpompie – dis soos ‘n asmapompie, maar vir karre.
- Suspension – op en af tot die honde blaf is net lekker tot op ‘n punt.
- Die carburetor kort werk. Hy is werkloos.
- 4 tyres sodat die goeie tye weer kan rol.
- Petrol – “petrolduur” gaan nog ‘n legit expression word, want peper is actually fokken cheap.
- Geld vir meisiegoeters. Soos like, Rennie’s en shit.
LS Joubert
4100 0172 74
ABSA
632005
Watkykjy staan op 3,110,197 post views in totaal sedert 1 November, 2019.
Ek sit R200 op die merrie!
Befok! Baie dankie man, elke bietjie help!