Ontmoet Aurora van die Pan Perde wat aan die 2021 Bull Run deelneem!

In Snotstories deur griffin1 Eiertjies

UPDATE:
Schalk wat eergister ‘n donasie gemaak het, het dit sommer gister weer gedoen! Shot bra!
Dan het Ingilozi Park ook gister R500 in die hoed gegooi, so check gerus hulle site uit. Ek skiem ons volgende naweek weg (na die Bull Run) gaan sommer daar gepleeg word met shooters en dier op vuur.
Ons het ook ‘n anonieme filantroop wat onder die radar beweeg soos ‘n wafferse Batman van die Moot wat gister donate het. Thanks, Mootman!


Ons het julle so rukkie terug vertel van die groep fun girls wat ons in Oktober hierdie jaar gaan vergesel na die 10de jaarlikse Bull Run – ‘n race wat in middel van fokol iewers op die panne met baie stof plaasvind. Net om te recap – daar is hierdie 5 stuks merries wat as ‘n span ingeskryf het vir die Bull Run en hulleself die Pan Perde noem. Dis hulle derde Bull Run. Die basiese reels van die saamtrek is dat die tjor wat ‘n span inskryf, nie meer as R30k mag kos nie en die voertuig moet ouer as 1985 wees. Dan is daar allerhande mini kompetisies en wacky races en dis een groot fokken jol!

Jy kan nog steeds vir jouself ‘n kaartjie koop vir die event wat 6-10 Oktober plaasvind, so fokken doen dit en kom kuier saam met ons almal!

Ons wil baie graag die girls help, so ons travel agter hulle aan om die storie te dokumenteer vir Watkykjy en probeer die woord uitkry om so bietjie zak in te samel, so help asseblief deur te donate, as jy kan! Daar word ‘n piele recap video van die hele avontuur aanmekaargsit en die girls sal vir jou of jou company ‘n dik shout-out gooi in die video.

Ons gooi vir julle die shopping lysie onderaan vandag se perdjie se introduction, asook hulle banking details.

Check sommer ook die ander perdjies tot dusver se profiles uit:
Wildfire
Baby Buns

Donderdag en Vrydag introduce ons julle aan die laaste 2 spanmaats


Aurora (Linndi)
Dis nie net ‘n keyboard wat vashaak of die main Kaapse highway wat 2 N’e het nie, so kom ons stick by die naam Aurora vir eers. Hierdie wakker merrie is ‘n skaars ras en wyd gesog en het boonop drie vulletjies gekalf (sover). Sy is die nuutste blinkvosperd in die stalle, maar sy bring ‘n saalsak vol ou tricks en experience saam met haar. Sy is kalm en rustig, beheersd en bedaard tot jy haar ‘n shot gallopsop injaag, want dan verander die perd in ‘n donkie, of eerder; ‘n slap akrobatiese dier wat die entire Russiese sirkus vir ekstra klasse sal laat wil gaan. Sy is blink in die dag en blind in die nag, maar haar energie en optimisme is so aansteeklik soos die Delta-variant. Vaccine kak op die horison! As die klok 12 slaan, verander jy ook sommer in ‘n muil as jy in die omtes is. Kyk wyd!

Auroa se job is om te kyk dat die res van die perdjies se tjoppies nie brand nie en dat hulle steaks lyk soos die fotos op Spur se menu.

Drie dinge wat hierdie merry merrie fokken dik smaak:
Black Label quarts
Draf
Knopkierie (ek weet nie hoe letterlik of figuurlik hierdie ge-interpreteer moet word nie)

As jy jou oë uitvee, sit sy woerts inniehoekie, regs agter in die kar.


Oorweeg dit asseblief om die girls te help met so bietjie zak:

Dit sal moerse cool wees as julle kan help om die las ligter te maak. Die Mazdang is fokken oud en daar makeer so paar dinge wat zak kos.
Julle kan sommer direk in hulle bankrekening hieronder inbetaal en die proof of payment aan griffin@watkykjy.co.za stuur. Daan gooi ons vir jou ‘n lekker shout-out in die video en sommer hier op die site ook. Wees so gaaf soos ou Schalk, man:

  • Petrolpompie – ek vermoed dit vorm ‘n integrale deel van die engine.
  • Suspension – as jy nie kan voel wanneer jy oor ‘n pedestrian ry nie, is daar groot fout.
  • Die carburetor kort werk. Laat weet waarheen ons sy CV kan stuur.
  • 4 tyres. Hoe ronder, hoe rol.
  • Petrol – ek sweer die fokken prys gaan elke Woensdag op.
  • Geld vir knopkierie.

LS Joubert
4100 0172 74
ABSA
632005

Hierdie post is 218 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,611,253 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinOntmoet Aurora van die Pan Perde wat aan die 2021 Bull Run deelneem!

Comments

  1. Stoetbul

    Hierdie is omtrent ń skaars ras. Jammer sy is klaar aangekoop vir gene.

Gooi Comment