Mirrag maats,
Watkykjy (meer spesifiek Chopper) het way back in 2013 die tweede Bull Run ooit bygewoon en dit het gelyk soos al die gees op aarde! Kyk, ek is eintlik effens half skuins befok soos ek hierdie nou neerpen, want Chopper het al die pret gehad en sommer toe ook vesbeslote plegtig belowe dat Watkykjy die volgende jaar sou deelneem. Ek wil vandag vir hom dieselfde vraag vra as destyds: MET WATSE FOKKEN GELD, HUH?
Dit het al die toevallighede in die wereld gevat dat ons uiteindelik in 2021 besluit het om Bull Run toe te gaan. Nee, ons gaan nie ‘n span inskryf nie – dis te laat daarvoor, want al die plekke vir 150 spanne is reeds gevul. Ons gaan soortvan join as toeskouers wat deels ook so bietjie cheerleading en meer belangrik media sponsorship insluit. Daar is hierdie 5 stuks merries wat ingeskryf vir die Bull Run. Hulle roep hulle spannetjie die Pan Perde. Dis ‘n moerse fun bunch chicks wat oor ons pad gekom het en hierdie jaar ingeskryf het vir hulle derde Bull Run. Die basiese reels van die vibe is dat die tjor wat ‘n span inskryf, nie meer as R3ok mag kos nie en die voertuig moet ouer as 1985 wees. As die kar dus ‘n mens was, sou hy vanaf 1 Augustus sy eerste covid jab kon kry. Dan is daar allerhande mini kompetisies en races en what-what waaroor ons julle nog baie sal vertel in die komende weke.
Die belangrikste nou is dat jy vir jouself ‘n kaartjie moet gaan koop vir die event, want omdat covid nog steeds elke fasset van ons lewens daagliks naai met ‘n onbedekte mieliestronk, gaan die tickets sales limited wees. Ons is gaaf genoeg om jou ‘n twee maande heads-up te gee. Kan jy nou dink aan ‘n beter plek om te gaan social distance as in die Kalahari en terselfde tyd ‘n bietjie avontuur in te kry? Wanneer laas het jy iets cool buite jou huis gedoen? Buite Spar met iemand ge-fight omdat hulle nie ‘n masker dra nie? (dis hoekom ek hierdie break wil vat, maar ook om die girls te help).
Soos genoem, gaan Watkykjy die Pan Perde ondersteun. Ons gaan hulle van volgende week af aan julle bekendstel en dan gaan ons ook hulle journey volg en dokumenteer by die Bull Run, sodat hulle kinders se kinders se kinders eendag proper kan skaamkry oor wat daar in die panne gebeur het. In 4k. Dink aan Watkykjy as daai pa wat nooit self kon rugby speel nie en nou al die stress op die arme fokken laitie sit en deutr hom probeer lewe. Behalwe in plaas van ‘n laitie het ons nou 5 dogters om teleur te stel.
Ons sal dit hoog op prys stel as julle ons kan help om die dames te help. Hulle R3ok kar is klaar sorted, maar jy kan mos nou dink watter probleme jy alleskoop vir R30k. Ek het hulle vir ‘n shopping lysie gevra en as jy enigsins ‘n las kan maak, help die Pan Perde om hulle nagmerrie in ‘n droom te verander. Ons wil ook nou nie ‘n nagmerrie gaan staan en dokumenteer nie. Ons kan so 5% nagmerrie hanteer, want dinge loop maar skeef, maar jirre, help ons om dit te verhoed. Jy kan sommer direk aan die girls donate (hulle bankdetails is hieronder) en stuur sebleif jou POP na griffin@watkykj.co.za dat ons vir jou kan dankie tune. As daar enige ouens is wat hulle company se logo oor die video wil splash virre geldjie, laat weet sommer ook van jou. O ja, ons vat ook ‘n professionele fotograaf saam om kiekies te neem met haar kakduur kamera, so dit sal nice wees as ons haar epxenses ook kan cover.
Shopping lysie waarvoor ons bakhandjie staan namens die Pan Perde se tjorrie:
- Petrolpompie
- Suspensie (coils en shocks)
- Die carburetor moet ge-tune word
- 4 tyres
- Petrol
- Geld vir broodjies, bier en meisie-shooters
- sielkundige berading
LS Joubert
4100 0172 74
ABSA
632005
Ons sal julle nog properly voorstel aan die kar ook, maar hier is solank ‘n kiekie van die ou jaloppie:
Watkykjy staan op 3,101,776 post views in totaal sedert 1 November, 2019.