Die tonge klap nog steeds kakhard oor die unbelievable local doccie, Devilsdorp, wat die total bizarre storie rondom Cecilia Steyn vertel – ‘n kamtige 42ste generasie heks wat deur ‘n spul godvresende Christene te hulp gesnel is om uit die kloue van die Satanic church te ontsnap. Hierdie doccie was so fokken weird dat dit my laat rondsoek het vir nog local stories en lo en behold, was die fokken Huisgenoot van alle goddelose dinge, the way to go. Maar hoe dan anders? Die Huisgenoot is die cockroach van magazines – waar populêre print magazines soos FHM, Rolling Stone, Playboy en even die Rooi Rose gesneuwel het, het Huisgenoot kop bo water gehou, moontlik omdat hulle human interest, celebs en ware stories cover. Afrikaners vrek mos vir ‘n stukkie skinder, ‘n happie skande of sommer ‘n hele bord vol ware lewensdrama. Dis ons kos, ons fokken haal hom uit!
Toe ek verlede week op Huisgenoot: Ware Lewensdramas afkom, het ek geskiem: “Cool, ek sien die Joost Van der Westhuizen en Hansie Cronje stories is daar, maar ek het nie eers van hierdie twee ouens gehou toe hulle nog gelewe het nie, so not my cup of tea”. Ek in elk geval net in case gaan kyk watter ander stories die res van die reeks cover, want maybe is daar een of twee uit die tien epsisodes wat ek sal kyk. My eerste fout was dat ek gedink het dat daar een of twee stories is wat my aandag sou trek en my tweede fout was om te dink dat daar net een seisoen van 10 episodes was. Bra, daar is fokken 7 seasons van 13 episodes elk met ‘n somtotaal van 91 episodes en hulle cover al die groot stories! Wag, kom ons wees eerlik – maak dit actually 87 stories, want 4 episodes uit die totaal van 91 epsiodes, lyk my het nie die regte om gestream te word nie, wat bietjie fokken weird is. Ek dink die Waterkloof 4 is een van die episodes, maar fok daai faktap laities in elk geval!
Wanneer ek sê hulle cover al die groot stories, bedoel ek dit. Ek is vaagweg vertroud met meeste van die gebeure van oor die jare wat dit tot op Huisgenoot se voorblad gemaak het, maar daar is ook die stories waarvan ek geen kennis dra nie. Ek het byvoorbeeld nog nooit gehoor van die Adlington-moorde of die Lotter-moorde nie en ek weet nie wie Pippie Kruger of Chenelle Henning is nie, but I guess that I’m about to find out! Net om jou ‘n idee te gee van wat alles gecover word oor die sewe reekse, het ek dit vir jou in so paar sections of temas onderverdeel.
Oorwinning en oorkomming
Ons praat hier van wanneer baie slegte dinge met mense gebeur en wanneer hulle soms heel, soms fisies gebroke aan die ander kant uitkom met hulle lewens om self die storie te kan vertel. Dis nie lekker stories nie, maar dit laat mens soms ‘n tree terugneem in verwondering en bewondering wanneer jy besef watter horrible ordeals huerdie mense moes deurmaak. Dink byvoorbeeld aan die Somalië ontvoering van ‘n egpaar, Shaninlea Visser wat haar hande, voete, neus en lippe verloor het na sy deur ‘n meerkat van alles diere gebyt is of Zephany Nurse wat 17 jaar nadat sy uit die hospitaal as baba ontvoer is, weer met haar biologiese familie herenig is. Wat van Vanessa Goosen wat sestien jaar lank in Thailand in die tronk spandeer het nadat sy met drugs ge-bust is by die lughawe? So bietjie inspirasie-spinasie vir jou. Soms waarskuwings, altyd lesse om te leer.
Die hoogste bome vang die meeste wind
Die beroemdes moet met meer pressure deal as ons plebs en soms fok dit hulle op. Soms is daar net plein hartseer en alleen stories. Daar is musikante Gé Korsten en Johannes Kerkorrel wat beide selfmoord gepleeg het vir verskillende redes. Bles het sy bakkie gerol en daar is die voorafbeplande moord op Taliep Petersen deur sy vrou. Die sportveld het ook sy eie lang lys van slagoffers. Daar is die hele Joost -storie. James Small en Jimmy Abbot is aan hartaanvalle dood. Oscar Pistorius het Reeva Steenkamp vermoor op Valentine’s Day. Naka Drotske het amper met sy lewe betaal gedurende ‘n gewapende roof in Pretoria, terwyl die bokser Corrie Sanders minder gelukkig was in Brits tydens ‘n soortgelyke voorval, en met sy lewe betaal het. En dan is daar natuurlik Kaptein Skande homself – Hansie Cronje, wat in ‘n vliegongeluk dood is, twee jaar na al sy skandes op die lappe gekom het. Jy kan sommer die hele Hansie movie ook kyk die naweek.
Wat van daai fokken skelms wat so almal se zak gesteel het?
Jy kry vandag nog steedsl baie van daai skelm dose, veral in die crypto-wêreld met dodgy fokkers soos AfriCrypt. Kan jy glo dat mense steeds skiem Crowd1 is legit? Fok my sideways! Ek voel wel sleg vir mense wat deur ponzi schemes opgefok is, soos met die Krion ponzi-scheme of Herman Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund. Wat ‘n naaier! Kyk gerus veral hierdie episodes en share dit met jou deur-die-kak familie wat nie glo dat mens vir jou geld hoef te werk nie.
Kleurvolle en soms kaalgat karakters
Huisgenoot: Ware Lewensdramas cover sommer ‘n hele klomp kleurvolle karakters. Daar is die goeie ouens soos Chris Barnard wat die wêreld se heel eerste suksesvolle hartoorplanting gedoen het, maar die oom was ook maar lief vir tiete wat nie noodwendig op sy vrou se lyf gesit het nie. Daar is Suid-Afrikaanse polisiespeurder, Piet Byleveld wat aan talle groot en opspraakwekkende sake gewerk het. Jy kan sommer ook Die Byl kyk wat losweg op hom gebasseer is. Dan is daar is lekker insae tot die lewens van kaalgatte Beau Brummel en die stripper-juffrou Glenda Kemp en haar slang, Oupa wat dikwels in die kak beland het. Jirre, die verkramptes het nogal vir hulle gefrons destyds. Daar ook ‘n lekker episode oor die berugte Stander-bende. Jissis, kon daai manne nou vir jou ‘n bank beroof, pappie!
Al die natruurlike en mensgemaakte rampe
Ons begin nou progressief al hoe nader aan die donker kant van sake beweeg. Jirre, daar was hectic rampe. In 1981 het die hele Laingsburg about oorstroom en weg gespoel met ‘n fratsvloed, Die aarbewegings en tsunami van 2004 in East Asia maak hy hol steeds handeklap as ek daaraan probeer dink of dalk probeer reël aan ‘n vakansie in Thailand. In fact, toe ek in 2012 in Thaliand was, was dit heeltyd in my agterkop, want die tekens van die destruction van destyds was steeds orals teenwoordig.
Stories oor onnatuurlike rampe sluit in die Oceanos plesierboot wat gesink het, die Westdene busramp waarin 40 kinders geserf het toe hul dubbeldekkerbus deur die brug se barrier gebars het en in die dam gesink het in 1985. In 1987 was daar die Helderberg lugramp toe daai SAL vlug in die Indiese Oseaan neergestort het met al 159 aan boord wat gesterf het. Iewers in die middel tussen mens en natuur, sit die onlangse Knysna-brande van 2017 wat die dorp laat lyk het soos ‘n scene uit 1917.
Daar was hopeloos te veel high profile moordsake in SA
Suid-Afrika maak nogal uit van moord. Ons neem tiende plek in die top tien van lande met die hoogste moordsyfers. Die mees grusaamste moorde word gewoonlik deur mense gepleeg wat naaste aan die slagoffers lewe en beweeg, en Suid-Afrika het sy fair share van hierdie stories. Daar is die moord op Inge Lotz, Leigh Matthews wat verwdyn het, die Shrien Dewani case wat ek nog steeds nie weet waddefok gebeur het nie (so ek moet daai episode definitief kyk). Daar is ook die Jayde Panayiotou moord, die groepsmoord op die gay mense van Sizzlers en die Springs House of Horrors. Om nie eers te praat van Henri Van Breda wat sy eie hele gesin met ‘n byl uitgewis het nie. As jy al ooit van die Afspraakmoorde van Krugersdorp gehoor het, stel ek oor dat jy dalk eers Devilsdorp kyk voor jy met die Huisgenoot vibes begin. Hierdie moorde word terloops ook in Huisgenoot: Ware Lewensdramas behandel:
Sexual predators is die fokken skuim van die aarde
‘n Sexual predator is iemand wat op die uitkyk is vir onvanpaste seksuele kontak met die doel om te mishandel in die vorm van harassment, aanranding, verkragting of pedophilia. Hierdie tipe persoon sien seks as ‘n vorm van dominansie en beheer. Die doccie-reeks kyk na die geval van tennis coach, Bob Hewitt wat tronk toe gestuur is vir die verkragting van twee jong vrouens sowel as die seksuele aanranding van nog twee. Daar is ook die storie van sexual grooming en abuse deur Advokaat Barbie en daai vark, Dirk Prinsloo. Dis nie dat een saak meer belangrik as die volgende een is nie, maar die storie van Gert Van Rooyen en Joey Haarhoff het nogal geskok in laat 80s. Ongelukkig het die Van Rooyen kont homself en Haarhoff doodgeskiet terwyl die polisie hulle gejaag het. No justice. Wat mens wel uit hierdie horrible stories kan wegvat, is hoe om hierdie tipe mense beter te kan identifiseer:
- Wanneer daar ‘n ongesonde belangstelling of bevriending van kinders is.
- Wanneer so persoon ‘n afhanklikheid skep by hulle slagoffers en sodoende lojaliteit en kwesbaarheid skep.
- Manipulerende taalgebruik wat insults insluit oor voorkoms, vriendekeuse of afkraking van enige iets anders in hul persoonlike lewens.
- Gaslighting – emosionele afkraking waar die victim hulle eie geheue en sanity bevraagteken ten gunste van die abuser se weergawe.
- Jaloersheid en kontrolende optredes soos om victims se daaglikse aktiwiteite en sosiale media te monitor of kontak met ander te verminder of verhoed.
- Wanneer daar binne ‘n bestaande seksuele verhouding, voorafbepaalde grense oorskry word of wanneer daar nie toestemming gevra word nie.
Hierdie reeks het nie ‘n aardskuddende produksiewaarde soos Devilsdorp nie. Die VIA-kanaal waar dit oorspronklik verskyn het, is nie juis bekend vir hulle groot budgets nie, maar dis ook geensins hondkak nie. Die episodes vertel die stories sonder om fancy te wees en die boodksap word oorgedra. Dit klink nogal baie soos ‘n common Afrikaanse weeklikse tydskrif wat ek ken wat al oor die 100 jaar oud is…
Watkykjy staan op 3,110,845 post views in totaal sedert 1 November, 2019.