Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes in Afrikaans gegee, ‘n hele spul Trompie episodes en nou is dit Haasdas se Nuuskas se beurt vir so paar weke. Haas Das was ‘n oorspronklike Afrikaanse weeklikse kinderprogram wat in Diereland afgespeel het en is in 1976 deur Louise Smit in die lewe ingebring. Dit was die heel eerste kinderprogram wat ooit in Suid-Afrika op TV uitgesaai is. Riaan Cruywagen was verantwoordelik vir Haas Das se stem.
Haas Das episode 2 – Bobbejaantjies rook
Na Oupa Dassie die Bobbejaantjies laat rook en Oom Olifant hulle natspuit, is Moeder Raaf kak onsteld oor die hele storie.
Hierdie post is 124 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,056,062 post views in totaal sedert 1 November, 2019.