Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes in Afrikaans gegee, ‘n hele spul Trompie episodes en nou is dit Haasdas se Nuuskas se beurt vir so paar weke. Haas Das was ‘n oorspronklike Afrikaanse weeklikse kinderprogram wat in Diereland afgespeel het en is in 1976 deur Louise Smit in die lewe ingebring. Dit was die heel eerste kinderprogram wat ooit in Suid-Afrika op TV uitgesaai is. Riaan Cruywagen was verantwoordelik vir Haas Das se stem.
Haas Das episode 1 – Advertensies op Diereland se TV
Koning Leeu kondig aan dat daar voortaan advertensies op Diereland se TV gaan wees.
Hierdie post is 415 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,124,266 post views in totaal sedert 1 November, 2019.