Devilsdorp is so fokken hectic dat jy dink hierdie kak kon nooit regtig gebeur het nie, maar dit het!

In Movies en TV, Snotstories deur griffin1 Eiertjies

Daar is nie regitg ‘n beter titel vir hierdie artikel as die ongemaklike lang een wat ek gekies het nie, want as jy Devilsdorp kyk en vir jou tjommie daarvan moet vertel – of dit nou in persoon, oor WhatsApp of op Facebook is – som daardie headline die hele documentary se vibe baie goed op. As jy gedink het dat Tiger King Suid-Afrika aan die praat gehad het toe die pandemie uitgebreek het in 2020, is jy in vir ‘n baie fokken wilde ride. Hierdie reeks is nie grappies nie. Jy gaan een van daai duimspyker notice borde wat van kurk gemaak is nodig kry, al jou ouma se bolle wol sowel as so paar bokse Post-it notes om hierdie storie te volg. Die afloop van gebeure en timelines is so fokken entangled dat ek dit self weer gaan moet kyk, maar ek sal julle die basic run-down van die doccie probeer gee.

Op die 10de Mei, 2016 is daar ‘n abandoned kar voor ‘n laerskool in Krugersdorp gevind en in die kar se boot was daar op ‘n man se lyk afgekom wat verwurg is en in swartsakke gedruk is. Dit was  finanical advsor, Anthony Scholefield se lyk en daar is ook vasgestel dat R16600 missing was uit sy bankrekening. Hy was uit op ‘n kliënte-afspraak en het net nooit weer terug gekeer huis toe nie. Sestien dae later gebeur iets baie soortgelyks, weereens met ‘n financial advisor wat nie terugkeer na ‘n afspraak nie. Hy word ook in sy kar se boot gevind, verwurg en in swartsakke verpak. Daar was R1300 missing uit sy rekening. Vier dae later het estate agent, Hanlé Lategan verdwyn. Sy is ‘n later in ‘n veld gevind. Daar was gepoog om geld uit haar man se rekening te steel. Die media het hierdie reeks moorde wat Krugersdorp se gemeenskap in kollektiewe angs en vrees vir hulle lewens gedompel het, die “Afspraakmoorde” genoem.

Alles in ag genome en met alle respek, is die storie tot dusver, in die groter konteks van gebeure “baie normaal”. Vier jaar vantevore was daar ook die “Satanic Murders”, soos die media dit gedoop het – twee vrouens en ‘n pastoor wat in afsonderlike moorde baie wreed vermoor is. Maar terug by die 2016 moorde vir eers, want dis waar die storie opgetel word. Jou eerste what-the-fuck-oomblik breek aan wanneer dit bekend gemaak word dat twee tieners somehow betrokke is by die moorde – ‘n boetie en ‘n sussie. Dis hulle wat die geld van die slagoffers by ATMs getrek het. Jou tweede what-the-fuck-oomblik tref jou wanneer die laitie confess dat hy verantwoordelik is vir al die moorde. En dan begin dinge lelik sprial…

Jy dink nog jy volg nog ‘n liniêre storie en dan vorm daar skielik ‘n diepe donker what-the-fuck cloud bokant jou kop. Dit hou nie vir ‘n fok op met what-the-fuck-oomblikke reën tot die titles rol aan die einde van die laaste (4de) epsiode nie.
En dan skiem jy:
“WHAT. THE. FUCK!
What the fuck het ek sopas gekyk?!”

Die main aspek van Devilsdorp wat almal without fail stomslaan, is die feit dat jy sukkel om te prosesseer dat hierdie alles regtig gebeur het. In ons land. Met die mees unlikely rolspelers en doodgewone mense as die ongelukkige slagoffers. Ek gaan nie die storie probeer oorvertel nie, want dis baie complicated, maar ek gaan tog so paar observations maak – nie oor die doccie self nie (dis fokken briljant) – maar oor hoe die fok so iets kan gebeur. Vergeet nou maar eers dat hierdie gruweldade in Krugersdorp (en Pretoria met 1 van die 10 moorde) afgespeel het. Dit kon genuine enige plek afgespeel het. Sit ook vir eers die spesifieke Satanisme-aspek daarvan ter syde, want hierdie is meer ‘n Christen-issue as enige iets anders. Dis dalk die onpopulêre opinie, maar jy kan die extreme tipe charismatiese Christen van amper enige iets oorreed. Ek praat hier van die mense wat in tale begin praat en sing en die vermoë het om die bybel aan te pas en die boodskap modify soos wat dit hulle narrative pas. Daar is ‘n baie ou en waar gesegde wat lui “as jy die Duiwel soek, sal jy hom fokken vind” en hierdie doccie bewys dit amper onteenseglik. Jy het dit salk self ook al ondervind. Kyk byvoorbeeld na wat in die 90s in SA gebeur het met Rodney Seale wat skole regoor die land besoek het. Die duiwel was fokken orals, ewe skielik. In almal se leesstof, speelgoed en musiek. Kids wat ‘n stukkie Guns ‘n Roses gesmaak het is daaroor gebliksem deur ander kids in Jesus se naam. Ek dink nie jy kry iemand meer judgy as ‘n Christen nie. Die tipe issues wat gelei het tot sommige gebeure in Devilsdorp is skaars anekdoties. Dis ‘n universal issue wat met extreme Christene begin. Mense wat hulleself voorgee as teoloë, kenners van die Woord, spreekbuise, direkte kanale. Mense soos byvoorbeeld daai Rooies ou wat so widely populêr is op Facebook, veral onder die racist Afrikaner tipe. Grifters vir Jesus. Altyd iemand wat eers deur vuur moes loop om jou vir ‘n geldjie te kom vertel hoe om daai vuur mis te loop. Dis dalk ‘n oorvereenvoudigding maar iemand met genoeg pitte tussen die ore sal die bigger picture raaksien. Dis teen hierdie agtergrond wat ek skiem, enige dorp verander kan word in Devilsdorp ,want hier het ’n klein groepie toegewyde Christene ’n voormalige Satanis probeer help om uit die satanistiese kerk te ontsnap en opgeëindig as ’n moorddadige kultusgroep met meer slagoffers as lede. Kyk die doccie at least vir die gevaarligte. Daar is kakbaie. Dit is die wildste, malste en ongeloogliskte storie wat jy hierdie jaar sal kyk. Fokken guaranteed!

20190514 NETWERK 24 Cecilia Steyn in die Hooggeregshof in Johannesburg waar die Krugersdorp afspraak moorde verhoor word. Marcel Steyn (21) getuig vandag in die verhoor. Foto: Deaan Vivier

Ons het nog nie eers die main konyn by naam genoem nie, maar die vier-deel reeks ondersoek die 11 Krugersdorp-moorde wat tussen 2012 en 2016 plaasgevind het, en hoe die misdade terug ge-trace is na Cecilia Steyn en die Electus per Deus (Uitverkore deur God) kultus. Devilsdorp is verlede Donderdag uitgereik en het ’n Showmax-rekord opgestel vir die meeste ure wat van enige iets wat gekyk is op hierdie platform, binne die eerste vier dae nadat dit release is. Dis hulle eerste Showmax Original ware misdaad dokkie-reeks en ek hoop daar kom nog baie van hierdie, want die kwaliteit is astounding – van die gebruik van archival footage, die art installation tot die narrative wat jou vasgenael laat kyk tot heel aan die einde. Net bygesê – dis fokken weird hoe daar actual footage bestaan van byvoorbeeld duiwels wat uit Cecelia uitgedryf word. Naas dit, is daar ook footage van kerkvergaderings, verhoor-getuienis en uitsprake, firsthand accounts van gebeure van mense soos die adjunkdirekteur van Openbare vervolging, Gerrit Roberts en Discovery claims  specialsit Shane Chatzkelowitz. Laasgenoemde het nogal ‘n belangrike gedeelte van die case ge-crack. Dan is daar ook joernalis Marizka Coetzer (hierdie is ‘n fokken vibe op sy eie) en Kaptein Ben Booysen, die senior ondersoekende beampte, wat homself met Chuck Norris vergelyk. Daar word ook met die families van die slagoffers gesels, asook die gemeentelede wat die oortreders geken het.

Dis baie vinnig evident dat die reeks goed deurdag is – die onderwerp word aangespreek sonder om enigsins sensasioneel te probeer wees. Kak word nie herhaal vir emphasis soos dit gereeld die geval is met Amerikaanse misdaadreekse nie.

Daar is wel nog baie indviduele stories wat vertel kan word. Ek het nog baie vrae. Dis geensins dat die doccie ‘n tekortkoming het nie. Ek is nou net baie fokken nuuskierig.
Daar is byvoorbeeld die eye witness tannie wat casually noem dat sy weet hoe dit voel wanneer jy deur ‘n bullet getref word, want sy het haarself al per ongeluk deur die voet geskiet.
Cecilia Steyn se voormalige beste vriendin, Candice Rijavec, lyk my het heavy ge-imprint het op Cecelia. Gaan soek en krap gerus deur haar website na jy die doccie gekyk het. Ek het al die vrae!
Ek wil weet wat met Cecilia se man aangaan.
Die zef reportertjie, Marizka Coetzer wat verlief geraak het op een van die moordernaars, Le Roux Steyn – wat gaan daar aan? Gaan sy vir hom wag dat hy uit die tjoekie kom of gaan sy hom date vir so rukkie en nog so paar boeke smous?

Daar is ook ‘n splinternuwe “companion” podcast vir Devilsdorp wat gister uitgekom het. Dis hieronderaan die artikel bygevoeg. Die podcast is ook in vier dele van min of meer ‘n uur lank elk opgedeel, maar ek sal jou baie sterk aanraai om EERS die doccie te kyk voor jy enigsins na die podcast luister,

Net om weereens op te som:
WHAT THE FUCK??! (x1000)


Daar is ‘n moerse collection movies en reekse op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! As jy nog nie die free trial probeer het nie, is dit dalk nou die gulde geleentheid om Devil’s Dorp te kyk.


Epsiode 1

Epsiode 2

Epsiode 3

Epsiode 4

Hierdie post is 495 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,611,261 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinDevilsdorp is so fokken hectic dat jy dink hierdie kak kon nooit regtig gebeur het nie, maar dit het!

Comments

Gooi Comment