Reyka, die splinternuwe crime thriller reeks met Kim Engelbrecht en Iain Glen skop hierdie Sondag af op M-Net!

In Movies en TV deur griffin

Ons land is oor die algemeen nogal sportbefok en kyk dikwels die vermaaklikheidsbedryf se prestasies mis. Musiek dalk nie so erg nie, maar local film en TV word te maklik soos rooikopstiefkinders behandel. Suid-Afrika het vir ‘n slag weer iets om op moerse trots te wees wat vir ‘n verandering fokol met rugby, krieket of sokker uit te waai het nie. Reyka is ‘n splinternuwe action crime drama  en dit het reeds oorsee begin waves maak. By die 60ste jaarlikse Monte-Carlo Television Festival, het Reyka die dansvloer op 18 Junie ge-open met episode 1 van die 8 episode reeks. Prins Albert II van Monaco was een van die VIP gaste en het het gesê dat sy goose, Prinses Charlene, moerse excited was om veral Reyka se premiere te sien. Prinses Charlene kom mos van Suid-Afrika af, julle. Ons like dit mos om haar te claim soos wat ons like om Charlize Theron te claim, maar ek bars gou ‘n bubble – ons geliewe prinsessie is actually in Rhodesië gebore en het eers SA toe getrek saam met mamma en pappa toe sy 11 jaar oud was. Tegnies dan nou nie so eg Suid-Afrikaans soos ‘n koppie rooibostee nie. Ons kan wel vir Kim Engelbrecht claim wat in moerse oorsese reekse soos Dominion, Bulletproof en The Flash belangrike rolle vertolk het. Julle gaan haar ook binnekort te sien kry in season 2 van Ridley Scott se Raised by Wolves. Plus, gaan kyk na hoe Disney-prinsesse lyk en sê vir my Kim lyk nie soos een nie? Jy check? Prinses Kim Engelbrecht van Suid-Afrika.

Mavuso Simelane as Samuel, Thando Thabethe as Nandi, Anna-Mart van der Merwe as Elsa, Hamilton Dhlamini as Hector, Kim Engelbrecht as Reyka en Iain Glen as Angus Speelman

Ek was lucky genoeg om epsiode 1 van Reyka vroeër die week te kon kyk en dis absoluut befok verby! Die cast is 100% reg gekies (soos in elke liewe een), die script is onvoorspelbaar en net fokken goed geskryf en die setting waarin dit afspeel en die hele exposisie is hauntingly fanatasties. Afgesien van die onlangse gebeure in KZN, kry jy my byvoorbeeld nie vir ‘n fok naby ‘n suikerrietplantiese. ooit weer nie, danksy die reeks se edting en sound  design. Kyk dit dus met dik sound en op die grootste TV, as jy kan.

In kort, vertel Reyka die storie van ‘n flawed dog briljante kriminele profiler, Reyka Gama (Kim Engelbrecht). Haar verlede spook by haar terwyl sy ‘n reeks wrede moorde ondersoek. Die back story: Tydens die 1994 verkiesing was Reyka se ma (Anna-Mart van der Merwe) ‘n fotojoernalis  en dis op een van hierdie assigments waar die twaalfjarige Reyka net spoorloos verdwyn. Sy word actually ontvoer deur ‘n Skotse piesanboer, Angus Speelman. Laasgenoemde se rol word vertolk deur Iain Glen en jy sal hom onthou as die bra wat kakhard ge-friend zone word deur Khaleesi op Game of Thrones. Reyka manage om eventually vier jaar later te onstnap op 16-jarige ouderdom en Speelman word gevang tjoekie toe gestuur, maar jy kan mos vir jouself indink dat die damage reeds gedoen is en watter faktap goed alles in daardie 4 jaar moes gebeur het. Terug in die hede is dit te verstane dat Reyka nogal sukkel om haar persoonlike lewe te manage – sy het haar eie dogter wat dieselfde ouderdom is as toe syself ontvoer is. Boonop suffer Reyka ook van ‘n tipe kliniese dissosiatiewe amnesia, wat beteken dat sy belangrike gebeurtenisse van haar lewe nie kan onthou nie of onderdruk, natuurlik vanweë die traumatiese gebeure in haar verlede. Mens kom agter sy het ‘n fokken weird verhouding met Speelman wat duidelik raak tydens haar eerste besoek aan hom in die tronk. Like, why would you do that? Reyka se ma, Elsa, sukkel om toe te kyk hoe haar dogter se lewe na benede sprial in ‘n obsessie met haar werk en haar ontvoerder. Daar is baie dinge wat expose en ondersoek word soos wat die storielyn vorder  en bou – die diepste geheime, leuens, waarheid en vertroue, skade, genesing en vergewing.

Ek kon nie alles mooi pluis na die eerste episode nie (jirre, die fokken suspense!), maar ek het so bietjie van ‘n Hannibal Lector vibe opgetel toe Reyka vir Speelman in die tronk besoek. Ek het  besluit om een van die main akteurs in die reeks, Gerald Steyn, ook te vra wat hy skiem. Gerald vertolk die rol van Reyka se cop-partner, Tanner, en hy reken die reeks is Silence of the Lambs, meets Seven, meets Die Hard… In Durban! Dis wat ek ook mos fokken sê! Maar dis maar tipies hoe dudes is, so ek het vir Kim Engelbrecht ook geraadpleeg en sy het ‘n baie meer eleoquent antwoord gegee wat verduielik wat aangaan sonder om te veel weg te gee:

The show, I would describe it as essentially exploring three themes. Firstly, it is a procedural crime drama filled with intense and often grueling scenes. Secondly, it is a family drama about Reyka trying to re-establish a relationship with her estranged mother, to whom she shows pure resentment. The second theme is her relationship with her young daughter Thuli who is the same age as Reyka when she was abducted. This complex mother-daughter relationship complicates the family dynamic even further. Finally – it is about a highly dysfunctional love relationship she has with her abductor, a man she is supposed to hate, yet she has a strange affinity for him which fills her with intense guilt and shame.

Soos reeds genoem, speel Iain Glen die rol van Angus Speelman, ‘n manipulerede pedofiel en ontvoerder. Ek het Kim uitgevra oor wat sy dink van Iain se rolvertolking:

I don’t think anyone else could have captured the beauty of the Speelman character as he did. Iain Glen has a charm that is disarming. He has a face that you immediately trust, and you feel entirely safe. But in this TV show, Iain is the complete opposite. He is neither safe nor trustworthy. He effortlessly flutters from menacing to paternal in the blink of an eye.

Oor die reeks en die produksie, het Iain Glen die volgende te sê gehad tydens die screening by  die Monte Carlo Television festival:

I preferred Reyka’s style of production and smaller crew, because it asked more of you as an actor, and urges you to give your best and more. Reyka’s script blew me away.  To be part of this South African story was such an honour and privilege, and I enjoyed my time there immensely. There is something special and unique about the country, its people, and Reyka captures that.”    

Jy sien? Ons is weer op die fokken map, pappie! Reyka is al actually 9 jaar in wording behind the scenes en die producer, Serena Cullen, het jare lank al vir funding vir hierdie projek geveg sedert sy die eerste keer die skrywer, Rohan Dickson, se konsep en script onder oë gekry het. Dit is nou uiteindelik ‘n werklikheid en met Fremantle wat wat die reeks internasionaal ook help versprei, is die seile baie wyer gespan.

Reyka het ook ‘n moerse lekker local cast:
Thando Thabethe as Nandi Cele (Housekeepers/94.7 Radio DJ), Leeanda Reddy as Alia Sewsunker (Legacy/The Dark Tower), Hamilton Dhlamini as Hector Zwane (Isithembiso/Five Fingers for Marseille), Mavuso Simelane as Samuel Zwane (Deutschland 86), Gerald Steyn as Tanner (Trackers/Lioness/Binnelanders), Nokuthula Mavuso as Portia (Lioness, The River) Kenneth Nkosi as Chief Msomi (Frank & the Fearless/White Wedding), Rashaan Stackling as Thuli Gama, Gabrielle De Gama as jong Reyka, Fiona Ramsey as Cathleen Tyrone (Lioness/Vergeet my Nie), Ian Roberts (Mia the White Lion/Cape Town), John Tyrone, en Desmond Dube as Pastor Zik (Schuks! Pay Back the Money!)

Vanaf hierdie Sondag 20:00, die 25ste Julie, kan jy vir die volgende 8 weke lank hierdie true African crime-drama op M-Net kokkenodge.
Dit sal ook op die DStv Now app en op DStv Catch-up beskikbaar wees. Ek gaan episode 1 beslis weer kyk heirdie Sondag en hierdie keer saam met my beter helfte. Mnet het ook vir my ‘n vet pak biltong, ‘n warm mussie en twee stemless wynlase gestuur. Dis mos nou ‘n proper manier om daai rooiwyn wat ek van lockdown se level 5 oor het te geniet! Ek sal die billies en die wyn met my vrou deel, maar daai mussie is dik en warm. Hy bly op my kop!

PS: Laat weet my wat jy dink van daai laaste sccene tussen die suikerriete. Fokken cliffhanger of note!    

  • Anna-Mart van der Merwe as Elsa
  • Gerald Steyn as Tanner, Leeanda-Reddy as Alia and Hamilton Dhlamini as Hector
  • Kim Engelbrecht as Reyka
  • Kim Engelbrecht as Reyka
  • Mavuso Simelane as Samuel, Thando Thabethe as Nandi, Anna-Mart van der Merwe as Elsa, Hamilton Dhlamini as Hector, Kim Engelbrecht as Reyka and Iain Glen as Speelman
  • Kim Engelbrecht as Reyka
  • Kim Engelbrecht as Reyka
  • Kim Engelbrecht as Reyka and Thando Thabethe as Nandi
  • Thando Thabethe-, Hamilton Dhlamini and Anna-Mart van der Merwe
  • Kenneth Nkosi as Chief Msomi and Phumlani Mdlalose as Fezile
  • Kim-Engelbrecht as Reyka and Thando Thabethe as Nandi
  • Kim Engelbrecht as Reyka
  • Iain Glen plays Speelman in M-Nets REYKA
  • Iain Glen plays Speelman in M-Nets REYKA
  • Iain Glen plays Speelman in M-Nets REYKA
  • Thando Thabethe as Nandi, Kim Engelbrecht as Reyka and Anna-Mart van der Merwe as Elsa in Nets REYKA
Hierdie post is 51 keer in totaal gelees en 2 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,611,248 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
  •  
    2
    Shares
  •  
    2
    Shares
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
griffinReyka, die splinternuwe crime thriller reeks met Kim Engelbrecht en Iain Glen skop hierdie Sondag af op M-Net!