Welkom by hierdie week se keuse vir Kragtige Kortes – ‘n section op Watkykjy waar ons weekliks ‘n kief kortfilm kies vir jou kykgenot!
Vandag se movie is so net oor die 15 minute lank en so bietjie ernstiger. Dis een van daai movies wat jy aandagtig moet kyk, want daar is onderskrifte. Carol Nguyen is ‘n film maker en interview haar eie familie vir hierdie projek en dit sit mens nogal aan die dink – dis ‘n prentjie van hartseer, geheime en trauma wat oor so paar generasies strek en noukeurig aanmekaargesit is. Baie van ons het ook dinge wat ons nooit vir vriende of familie sê nie en soms besef ons dit te laat.
Bietjie van ‘n harde enetjie maar dis beslis die moeite werd om te kyk:
Watkykjy staan op 3,089,942 post views in totaal sedert 1 November, 2019.