Dis tyd om gou weer vinnig met ons tjommies se kunswerkies te brag. So ‘n rapsie oor twee maande gelede het ons julle vertel van Neil Sandilands se befokte nuwe plaat, Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse – Maanskyn. Maar wag, daar word dan van tjommies gepraat. SSSss. Meervoud. Ons het Neil aan ons ander tjommie, Rouleaux, voorgestel. Rouleaux, soos Neil, is ‘n fokken kunstige karaktertjie en ook die big brains agter die operation, Permanent Record, die piele platemaatskappy wat verantwoordelik was vir ‘n hele klompie local bands se releases op vinyl, onder andere Valiant Swart se re-release van die Mystic Boer plaat en Albert Frost se Devils & Gods. Gaan krap gerus rond op sy website. Daar is befokte albums daar te bespeur. Jy kan Neil se nuwe plaat ook sommer pre-order daar.
Mister Sandilands het ook vroeër hierdie week ‘n lyric video realease vir een van die tunes op die plaat, Dipper se Dittie wat by Theo Crous van Nude Girls se Bellville Studios record is (soos die res van album, fokken duh!) Theo jol ook sommer kitaar op die tune en Albert Frost vergesel hom. En al die mooi fokken prentjies in die video? Dis deur Rouleaux geteken.
Geniet asseblief die witwarm kak uit die tune uit. Ons gom vir jou die lyrics onder hom in case jy dit soek:
Dipper Se Dittie – Lyrics
Gert Dipper kan nie verloor nie
Niemand sny soos hy ’n spoor nie
Africanus hy is brak
Hy skiet kop hy pruim twak
Dipper sal jou opfok
Al dryf jy trok
Al skiet jy bok
Al dra jy rok
As hy vang jy jok
Punt is iewers gaan iemand opdok
Punt is Gert Dipper sal jou opfok
Op Bethuli is hy gebore
Net ’n weeskind met bak ore
Brandarm maar nie verlore
Vir groot dinge was hy beskore
Die’t hy vroeg-vroeg besef
Toe sy kettie die mossie tref
Dit was ‘n kopskoot my broe
Kom Dipper wys jou hoe!
Bullseye sonder ‘n bewe
Ek gaan skelms vang vir ‘n lewe
Mossie met ‘n kopskoot om met ‘n arend te kan swewe
Op Bloem het hy begin
Om intel in te win
En sy web stywer te spin
Om rampokkers uit te dun
Dit was ‘n afspraak met die bose
Ek’s Dipper die gekose
Ek wys jou die paadjie hel toe
Slaplinks van die paadjie moer toe
Sê net dankie vir die belewenis
Sorg maar self vir jou vergifenis
Frik Duvenhage en Gert Dipper had ‘n snaakse soort verbintenis
Van Frik het hy gehoor
Eendag toevallig op kantoor
Diamante was verloor
En ‘n jong Poliesman vermoor
Dipper het wraak gesweer
‘n Saak van wet ‘n saak van eer
Vir Duvenhage sal hy jag
Deur die vuil en deur die nag
Die leer het hy beklim
Eks Kaptein Dipper! Netso! Ditsem!
Maar Frik Duvenhage was ‘n skim ‘n vinnige slim bliksem
Dit het jare lank geduur
Van so oor die vlaktes tuur
Die soektog was reeds duur
Maar diep in Dipper brand die vuur
Geregtigheid sal wen
Die wet het hy geken
Na Bo het hy bepleit
Na onder het hy verwyt
Wie sal oordeel vel en wie sal storie vertel?
Toe die Mustang daar verby snel
Kies Dipper hemel bo die hel
Maar ‘n Mustang en ‘n 9 mill
Is ‘n resep vir ‘n kakspul
As die enjin deur die klowe brul
En geloof val tot by minus nul
Moet jy dice gooi en jou luck try
Moet jy koel wees op die fyndraai
Hy’t die swivel nooit sien kom nie
Die Dood is nie vermom nie
Hy’t sy stem te hoog verhef
Hy’t sy enjin te hoog geref
Duvenhage was die doodsbesef
Toe die lood hom in die skedel tref
Gert Dipper kan nie verloor nie
Niemand sny soos hy ‘n spoor nie
Africanus hy is brak
Hy skiet kop hy pruim twak
Frik was op sy spoor
Dipper het verloor
Sonder skare sonder glorie
Hy’t gevrek soos ‘n brak
So loop die storie
Punt is Dipper is opgefok
Punt is Frik het hom opgefok
Watkykjy staan op 3,049,097 post views in totaal sedert 1 November, 2019.