Welkom by hierdie week se keuse vir Kragtige Kortes – ‘n section op Watkykjy waar ons weekliks ‘n kief kortfilm kies vir jou kykgenot!
100.000 Acres of Pine is ‘n moerse lekker animation wat nogal herinner aan die PC games van die laat 90s en vroeë 2000’s se videos wat so tussendeur die storielyn vertel. Amper soos ‘n Pixer movie waarvan die framerates so bietjie gedrop is en daar nie 100% aandag gegee is aan teksture nie. Hierdie movie van net onder die 8 minute is nogak atmosferies en unsettling – befokte kwaliteite, veral as dit so ‘n reaksie so vinnig by mens kan ontlok.
Hierdie kortfilm van The Animation Workshop vertel die verhaal van Ranger Megan Patel wat haar broer verloor under moerse weird omstandighede. Sy bevind haarself alleen in die creepy dennewoud waar sy na hom soek en probeer verstaan wat gebeur het. Lekker donker en misterieus!
Watkykjy staan op 3,071,870 post views in totaal sedert 1 November, 2019.