Zement – Al ooit van Ne0-Kraut musiek gehoor?

In Kief musiek deur griffin

Fokkit, hierdie is ‘n nuwe enetjie vir my. Het jy al ooit van Ne0-Kraut musiek gehoor? Right? Zement, die Duitse duo, maak klaarblyklik hierdie tipe musiek en GOA kom van hulle derde LP af. Dis ‘n mengelmoes van techno en free jazz en eerlikwaar is ek nogal ‘n fan van hierdie musiek waarop mens kan mediteer. Lekker rhythm en lekker synth wat psych rock en EDM kombineer. Totes DIY Duitse punk vibes.

Hierdie musikale projek is in 2014 deur Christian Büdel (drums, percussion) en Philipp Hager (kitare, synths, drum machines & effects) begin en dit klink asof die twee tjommies ook groot Kraftwerk-fans is.

Wat skiem jy? Yay or nay?

Hierdie post is 52 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,140,773 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinZement – Al ooit van Ne0-Kraut musiek gehoor?