Hierdie doccie het reeds in Maart uitgekom, maar wat ons ons maak? ‘n Jaar het net 52 weke, so dis hoeveel keer ons oor bands post. Ongelukkig is daar maar ‘n ry waar almal wil aantree. Ons word nie darvoor betaal nie, so die muso’s moet maar soos by die Poskantoor in ‘n lang ry in die son of koue staan.
Hoe is hierdie verder vir ironie in terme van Sui-Afrikaanse support vir local musiek? Urban Village is ‘n band uit die hartjie van Soweto, maar hierdie doccie is deur Pan African Music produce – ‘n online music magazine in Frankryk wat hulle daarop toespits om musiek uit Afrika te promote.
Urban Village is ‘n fokken awesome band, so leer hulle gerug ken as jy nog nie van hulle weet nie. Ek was gelukkig genoeg om een van die band members, Tubatsi Moloi, een aand te ontmoet by ‘n gig wat hy saam met Albert Frost gejol het. What a guy. Hy het ‘n moerse lekker insig oor die stand van sake in SA enveral in die townships. Die documentary is ook baie fokken netjies aanmekaargesit.
Watkykjy staan op 3,074,300 post views in totaal sedert 1 November, 2019.