Nadat ons jou al die Afrikaanse Pinocchio in die wêreld gegee het, is dit tyd om nog ‘n goue oue op te dis. Vir die volgende ses weke sal ons elke week vir jou ‘n Trompie episode drop. Dit was dik lekker in die 80s gewees, maar fokkit, check hoe lame is dit as mens nou na dit terugkyk. Intussen gee dit vir ons genoeg tyd om die volgende ou Afrikaanse kinderprogram uit die 80s iewers te gaan uitgrawe. Drop in die comments wat jy skiem die volgende reeks sal wees.
Trompie episode 6 – Goeie Dade
Die boksombende help Trompie om sy strafwerk te doen wat die geskiedenisonderwyser vir hom gegee het. Die onderwyser kom dit agter en praat ernstig met Trompie oor verantwoordelikheid. Die Seuns neem die praatjie ter harte en besluit om goeie dade te doen. Die dade loop egter skeef…
Watkykjy staan op 3,084,329 post views in totaal sedert 1 November, 2019.