Dis nogal sleg wanneer daar twee Suid-Afrikaanse legends binne twee weke verloor word. Die akteur, Ben Kruger is op 64-jarige ouderdom aan COVID-19 oorlede in die laaste week in Mei en aktrise, Shaleen Surtie-Richards is aan die einde van die eerste week in Junie op 66-jarige ouderdom oorlede. Twee groot geeste vanuit dieselfde era, alhoevel Shaleen eers ‘n dekade later as Ben die acting wêreld betree het. As mens luister en lees oor wat daar oor beide gesê en geskryf word, klink dit na twee moerse nice mense wat ek graag sou wou ontmoet het. Met Ben sou ek baie graag wou gesels het oor Skooldae, Ford Cortinas en sy befaamde potjiekos. Fok, die oom het skaars 10 minute van my af gebly…
Ek sou moerse graag vir Shaleen wou ontmoet en ‘n dop saam met haar drink op ons verjaarsdag – soos sy, is ek ook ‘n 7 Mei baba. Ek het eintlik hopeloos te veel vrae vir die tannie, want ek het eers na haar dood besef watter impak sy actually buite haar lewe as ‘n aktrise maar ook as gevolg daarvan, gemaak het. Sy is nogal ‘n big deal. Shaleen is Upington gebore en het as klein dogtertjie daarvan gedroom om eendag ‘n ballerina te word of om at least balletklasse te kry saam met die ander kids. Met “ander kids” bedoel ek natuurlik die wit kinders van Upington en daar was ook nog daai kak ding genaamd Apartheid. Die blanke inwoners van Upington het natuurlik geweier dat sy saam met die wit kids kon klasse kry. Daai wit kinders sou haar probably met ope arms ontvang het, want rassisme is ‘n aangeleerde ding wat ‘n kind by sy ouers leer en wat die ouers natuurlik by die staat geleer het. Al daai kak het ook lekker gerieflik agter die kerk en die bybel weggekruip. Jesus se slegste soldaatjies.
Toe gebeur Fiela se Kind in 1988 en dis ‘n reuse fokken sukses! Ek het dit actually by die drive-in saam met my ouers gaan kyk en as klein laitie my fokken oë uitgepis. Dit was ‘n verkriklike fokken sad storie oor ‘n kleurlingvrou wat ‘n wit baba voor haar deur vind en hom onbaatsugtig grootmaak as haar eie. Bietjie van ‘n wake-up call vir die ou Suid-Afrika destyds om bietjie die ander kant in te sien. Weet jy wie het ook daai movie by die drive-in gaan kyk? Die mense van Uppingtong. Jirre, en toe love hulle dit en is hulle skielik heavy fokken trots op hierdie bruin girl van hulle home-town wat about fokol witmense dinge mag doen nie. Soos mense in Vanderbiljpark wat trots is op Refentse want “Hy praat so mooi Afrikaans en is anders as die res van hulle” – jy check? Die Upingtonners is so star struck dat hulle sommer vir Shaleen ‘n erewag vorm met ‘n moerse lang ry van jong Voortrekkers (die ironie was verlore op hulle) tydens die premiere van die movie by die inryteater.
Hier is die groot ding wat amper niemand weet nie – toe sy gevra is om die eerste vertoning van Fiela se Kind by die drive-in in Upington by te woon, het sy hulle getune dis cool, op die een voorwaarde dat hulle die muur afbreek wat die karre van die witmense en dié van die kleurlinge skei. Did you get that? ‘n Fisiese fokken muur van apartheid. Soos die Berlynse muur, maar in Upington. Hulle het wragtig ingestem en so het apartheid by die drive-in at least tot ‘n einde gekom. Sy het ook verder daarop aangedring dat die stadsraad al die “slegs blankes” signs moet verwyder van all openbare fasiliteite en dit het ook wonder-bo-wonder gebeur. Heavy progressive, Uppies!
Fast forward nou na 2021. Dit is 33 jaar na Fiela se Kind en 27 jaar na apartheid tot ‘n einde gekom het en daai verkrampte tipe mensies druk nog steeds hulle wit snawels orals in met ‘n ou opinietjie. Twee dae na Shaleen se dood het die Wes-Kaap ‘n versoek aan pres. Cyril Ramaphosa gerig om ‘n spesiale provinsiale begrafnis vir Shaleen Surtie-Richards goed te keur. Voor jy in jou klere kak soos Netwerk24 en Die Burger se “lesers” hierdonder, dit is hoe so storie werk:
“Distinguished persons can be granted a special Provincial Official Funeral Category. The Premier of a province sends a request to the President for consideration if they feel a resident of the province deserves such recognition.”
Met ander woorde, jou familie kan dit ook vir jou request as jy die emmer skop. Jy moet baie spesiaal wees en ten minste iets vermag het wat jou land beter gemaak het. Dis nogal ‘n redelike big fokken ask, as jy my vra…
Die rede hoekom hierdie versoek gedoen is vir Shaleen, is so duidelik soos fokken daglig. Die trolle en drolle wat op Netwerk24 en Die Burger se Facebook comment sections uithang, is uit die aard van die saak nie welbelese mense nie. Ek twyfel of 1% van hulle werklik die maandelikse fooie betaal om die artikels te lees. Ek het ‘n sterk vermoede dat hulle geen begrip van die inhoud het nie en bloot op headlines reageer. Daar is geen rede om hulle name hieronder te blur nie, aangesien hulle op ‘n publieke platform hulle comments en eierpoepe drop. Tipiese “whatabout-ism”, “ons vs hulle” en plein rassisme is uit die aard van die saak aan die orde van die dag. O ja, en 99% van hulle kan nie behoorlik spel in hulle geliefde moerdertaal nie:
Daar gaan altyd mense wees wat nie eers wil probeer om aan te beweeg nie – nie eers na drie dekades nie. Ek glo dat Shaleen Surtie-Richards meer as haar deel gedoen het om Suid-Afrika te help om aan te beweeg en om ons landsburgers te uplift. Iewers langs die pad het sy mense ge-inspireer. Iewers het daar liggies aangegaan en hier en daar is ‘n switch ge-flick. Hopelik permanent en for the better of mankind. Of dit nou as haar heel belangrikste rol as Fiela was en of dit nou as Nenna was wat ‘n hoeksteen van een van Suid-Afrika se gunsteling soapies was. Haar menswees buite hierdie groot rolle, is wat haar so brilliantly special egmaak het. As jy haar slegs aan hierdie twee rolle ken, stel ek voor dat jy haar van nader en beter leer ken in ‘n documentary wat verlede jaar release is: Shaleen Surtie-Richards: I Am Who I Am – wat jy sien is wat jy kry.
Dis ‘n moerse jammerte dat sy nog so bietjie kon rondhang om so paar mense nog te tune nie… Net so groot as wat die leemte is wat sy nalaat, los Shaleen vir ons ‘n moerse rykdom van werk agter. Jy kan na die meeste daarvan hier kyk:
- Egoli: Place Of Gold
- Villa Rosa
- Knysna
- Vaselinetjie
- Agent 2000: Die Laksman
- Snaaks Genoeg
- Twee Grade van Moord
- Droomdag
- SWIRL
- Koue Voete
Watkykjy staan op 3,118,699 post views in totaal sedert 1 November, 2019.