Uiteindelik kom ons by die derde en laaste chapter oor kick-ass movies van die 2000’s wat 15 jaar en ouer is, wat jy kan stream. In totaal het ons naby 30 movies in 3 segmente ge-cover wat dateer uit die jare tussen 2000 en 2006. Daar is slegs ses movies oor op ons lysie (wat ons reeds in Januarie opgestel het), so hierdie laaste installment is die mees verteerbaarste van die 3, veral vir daai mense wat nie like van lees nie. Ek praat sommer kak – dis ‘n lekker langlees artikel. Jy kan ook deel 1 hierso nodge en deel 2 hierso.
Lekker man! Kies vir jou 2 movies vir Vrydagaand, 2 vir Saterdagaand en 2 vir Sondag deur die dag.
Naweek sorted!
Voorstelle vir Vrydagaand
Legally Blonde (2001)
Ek het hierdie enetjie sommer gisteraand weer gekyk en dis nie so tos soos wat ek dit onthou nie. Ek is nou ook heeltemal deurmekaar want ek weet nie of Reese Witherspoon van 2001 of Reese Witherspoon van 2021 vir my die hotter weergawe is nie. Ek is seriously conflicted, maar dit vir eers daar gelaat. Elle Woods (Reese Witherspoon) het dit fokken alles – sy is voorsitter van haar sorority, sy is ‘n Hawaiin Tropic girl, sy is Miss June in haar kampus se kalender en om alles te kroon, ‘n 100% natural blonde. Blykbaar te blond vir haar preppy boyfriend, Warner Huntington The Third wat met haar opbreek in ‘n restaurant. Meer soos Warner Huntington The Turd, ammarite? Hierdie natnaai is op pad om law te gaan swot by Harvard en Elle sal enige iets probeer om hom terug te wen. Sy kry actually self ook toegang om law te gaan swot maar Harvard se waters is effe moeilik om te navigate. Terselfde tyd fight sy vir die nool van haar drome, vir haarself maar ook vir blonde chicks in die algemeen wat mense se kak moet vreet.
Elle Woods (Reese Witherspoon se karakter) dra veertig verskillende haarstyle deur die verloop van die movie.
Ek sal nou nie weet nie, (want ek besit nie die DVD nie) maar blykbaar is daar 8 deleted scenes besikbaar op die DVD en Blu-ray versions wat dit nie tot die big screen gemaak het nie.
The Bourne Supremacy (2004)
Ek gaan vir myself ‘n ander movie in hierdie outjie se plek moet kies, want ek het verlede sommer weer deur die hele franchise gedraf. Jason Bourne het geskiem dat hy van sy verlede af kon wegkom, maar sy verlede het ander planne met hom gehad en hom ingehaal. Die CIA wil nou sy nuwe lewe kom staan en opfok. Bourne en sy goose, Marie, kon hulle anonieme lewens tot dusver maintain, maar ook maar net omdat hulle die hele fokken tyd moes move van die een stad na die volgende. Heavy underground vibes en dis stresvol, want hulle moet heeltyd een stap voor die dreigende elemente bly. Elke fokken ou wat skeef kyk en elke “unknown number” wat op die selfoon se skerm verskyn laat Bourne voel asof hy enige oomblik terug geruk kan word na die lewe wat hy agter hom probeer los het. Verwag kakbaie aksie en poesklappe.
Jason Bourne smile nie fokken eenkeer in die hele movie nie, behalwe vir waar ons dit op ‘n foto sien.
Soos ek gesê het, is die movie heavy aksiebelaai want die average lengte van die kameraskote is 1.9 seconds!
Voorstelle vir Saterdagaand
King Kong (2005)
Tydens die kruin van Amerika se depressie convince ‘n filmmaker, Carl Denham, ‘n aktrise wat basically in sak en as is. om saam met hom Singapoer toe te fok vir sy opkomdende movie extravaganza. Hulle boord ‘n stoomskip saam met ‘n gerespekteerde dramaturg, Jack Driscoll, en bevind hulleself kort voor lank aan die gatkant van die ondeurdringbare Skull island wat ook sommer toevallig die tuiste is van Kong, ‘n fokken 8 meter lange silverback gorilla. Net om jou ‘n idee te gee – dis 16 sentimeter langer as vier clones van The Rock wat op mekaar se skouers staan. En probably vier keer sterker ook as Dwayne Johnson. Lang storie kort, hou die aap die goose gevangene en so paar brawe manne try om haar te red. Al hierdie drama terwyl die manipuleerder van ‘n filmmaker rou footage van al die kak skiet vir eie gewin. Soos ‘n shitty YouTuber. Ek dink nie ek het actually al ooit hierdie movie gekyk nie, so ek gaan hom ‘n shot gee.
Checkit – dit het agtien maande geneem om die CGI weergawe van die Empire State Building aanmekaar te sit vir die movie. Die regte egte gebou was in veertien maande voltooi! Hoe is daai virre naai?
King Kong se gebrul is actually die brul van ‘n leeu wat agteruit gespeel word teen die hefte van die spoed. Fokkit, ek gaan dit actually probeer replicate oor die naweek!
Mission: Impossible III (2006)
Die superspioen, Ethan Hunt, is klaar met active duty en train nou die nuwe IMF agente. Hy word egter gevra om terug te kom na al die aksie en om sy grootste villain ooit te konfronteer – ‘n sleg moer genaamd Owen Davian wat in die grootskaalse onwettige wapensbesigheid is. Ethan sit ‘n spannetjie bymekaar om so bietjie woorde te wissel met die vent: sy ou tjommie Luther Strickell, ‘n transportasie expert (whatever de fok dit beteken) Declan, en militêre man, Zhen. Saam moet hulle een van Ethan se trainees, Lindsey (Keri Russell) gaan red wat deur Davian ontvoer is. Dis nie so maklik nie. In fact dis basically… wait for it… impossible! Davian is ‘n moerse connected en protected bra en sommer net ‘n evil doos. Jy weet mos hoe dit in hierdie spy movies gaan – 400 aksie per twee vierkante meter poesklap gedeel deur spoed maal wapens tot die vierkantswortel van evil.
Keri Russell het die rol van die leading lady, Lindsey Ferris, losgeslaan maar groot name soos Katie Holmes, Lindsay Lohan, Elisha Cuthbert, en Jessica Alba was ook oorweeg.
Hierdie is J.J. Abrams se directorial debut vir ‘n vollengte film.
Voorstelle vir Sondagoggend, so van brunch se kant af
Once Upon a Time in Mexico (2003)
Robert Rodriguez maak fokken lekker movies, veral as jy kyk na sy old school Mariachi-trilogie waarvan Once Upon a Time in Mexico sy derde een is en jirre, Selma Hayek is al vir ‘n kwarteeu in my top 20! Dan is daar natuurlik ook Johnny Depp en Antonio Banderas vir die gooste om oor nat te raak. Die plot line is basic maar dis befok aanmekaargesit – in ‘n sin gaan dit oor ‘n Mexican drug boss wat maak asof hy die Mexican regering omverwerp en terselfde tyd in bed is met ‘n korrupte CIA-agent.
Johnny Depp se karakter, Sands, dra moerse zef t-shirts en dit was Johnyy Depp se eie idee. Hy het selfs sy suster Florida toe gestuur om die zefste shirts by daai toeristestalletjies te koop. Florida is poes zef. Dis probably die slegste deel van Amerika, maar mainly omdat ou poes Trump daar squat by Naar-a-Lago.
Johnny Depp het al sy scenes binne 8 dae klaar geskiet maar het sy experience op stel so moerse geniet dat hy rondgehang het en vir Robert Rodriguez gevra het of hy dalk nog ‘n klein rolletjie kan kry. Daar is toe besluit op die priest waarmee Antonio Banderas in die kerk praat. Depp het sy Marlon Brando impression daarvoor gebruik. Fok, hoe het ek hierdie een gemis? Ek kyk hom vir fokken seker weer die naweek!
Crouching Tiger, Hidden Dragon (2000)
Ek dink nie my volle aandag was by die movie toe ek dit 21 jaar gelede vir die eerste keer gekyk het nie, so dis op my re-watching lysie vir die naweek. Li Mu Bai is ‘n befokte cool warrior wat besluit om sy kief swaard, Green Destiny, vir ‘n dierbare vriend te stuur. Die swaard word egter gesteel en jy fokken steel nie ‘n man se swaard nie, jissis! Behalwe dat hy nou op ‘n quest gaan om die swaard terug te kry, moet hy ook sy eertydse meester se dood wreek. Die evil Jade Fox wat daarvoor verantwoordelik is, moet kak! Die liefe van sy lewe, Shu Lien join hom ook op sy quest. Hulle kom af op die misterieuse en fokken mooi Jiao Long Yo, wat vir een of ander rede die goue skakel in die hele storie is. Dis ‘n aksiebelaaide liefdesverhaal. Ag julle!
Die akteurs het byna al hulle eie stuntwerk gedoen en CGI is slegs gebruik om die drade en koorde wat hulle in plek moes hou, te verwyder.
“Crouching tiger hidden dragon” is ‘n stokou quote uit die Chinese mitologie. Dit verwys na hoe jy jou krag of abilities wegsteek vir ander mense. Soos met poepe. Jy steek dit weg. Eers wanneer iemand tune “Jissis man!” en so voor hulle neuse waai met hulle hande, tune jy hulle “Crouching tiger hidden dragon, baby!” en dan maak jy sulke guns met jou vingers.
Daar is ‘n moerse collection movies op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! As jy besluit om tussen nou en 31 Maart vir Showmax op te sign, betaal jy slegs vir 1 maand en kry twee verniet.
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,091,021 post views in totaal sedert 1 November, 2019.