Nadat ons jou al die Afrikaanse Pinocchio in die wêreld gegee het, is dit tyd om nog ‘n goue oue op te dis. Vir die volgende ses weke sal ons elke week vir jou ‘n Trompie episode drop. Dit was dik lekker in die 80s gewees, maar fokkit, check hoe lame is dit as mens nou na dit terugkyk. Intussen gee dit vir ons genoeg tyd om die volgende ou Afrikaanse kinderprogram uit die 80s iewers te gaan uitgrawe. Drop in die comments wat jy skiem die volgende reeks sal wees.
Trompie episode 4 – Limpie se Sirkus
Die laities spaar dat dit kak want hulle wil moerse graag die sirkus gaan uitcheck. ‘n Klein fokop veroorsaak egter ‘n gebreekte ruit wat hulle moet vervang, so al die zak wat hulle gespaar het word daardeur ingesluk. Hulle besluit om skelm by die sirkustent in te glip. Sterkman Dirk Staal is is die poes in wanneer Trompie sy vertoning opfok.
Watkykjy staan op 3,084,450 post views in totaal sedert 1 November, 2019.