Nadat ons jou al die Afrikaanse Pinocchio in die wêreld gegee het, is dit tyd om nog ‘n goue oue op te dis. Vir die volgende ses weke sal ons elke week vir jou ‘n Trompie episode drop. Dit was dik lekker in die 80s gewees, maar fokkit, check hoe lame is dit as mens nou na dit terugkyk. Intussen gee dit vir ons genoeg tyd om die volgende ou Afrikaanse kinderprogram uit die 80s iewers te gaan uitgrawe. Drop in die comments wat jy skiem die volgende reeks sal wees.
Trompie episode 2 – Drie Plus Een
Rooie voel heavy kak want dink hy kan nie meer deel van die bende wees nie. Hy is die enigste laitie sonder ‘n bicycle en sy familie is doos arm. Die res van die tjommies wil ‘n plan maak maar by oom Lewies se winkel kan hulle nie ‘n nuwe fiets bekostig nie. Die blerrie ding kos fokken R80. Oom Lewies gee hulle egter goeie raad oor die opbou van ‘n tweedehandse fiets en hulle spring aan die werk.
Watkykjy staan op 3,083,766 post views in totaal sedert 1 November, 2019.