Totsiens, Big H. Ons gaan jou mis. xxx.

In Kief musiek deur griffin7 Eiertjies

*UPDATE*
Click hier om vandag, 21 Mei om 11:00 die live stream vir die diens te kyk:
https://homestage.co.za/henry/
My paaie het vir die eerste keer met Engelbrecht s’n gekruis vroeg in 2012 by Park Acoustics, min of meer ‘n jaar nadat hierdie iconic instelling van ‘n festival, vanaf die Pretoria Botaniese Tuine na Fort Schanskop by die Voortrekkermonument  verskuif het. Dit was Sondag die 25ste Maart en Mr Cat & The Jackal was die main act. Ons het onder die moerse boom saam met ‘n klomp gemeenskaplike tjommies gesit en chat en bier drink. Henry het ‘n groot Nikon kamera in sy hand gehad en aangebied om foto’s van die gig aan te stuur, want hy het maar eintlik net vir homself kom afneem as ‘n hobby. Ons het details uitgeruil en verder gekuier.

Sy eerste e-mail aan my later daardie week het as volg gelui:
“Bly jy kon van die foto’s gebruik.
Laat weet as ek nog events vir jou kan afneem. Dis my hobby, ek gee glad nie om nie!”
H.”

En daardie laaste sin, in Henry Engelbrecht se eie woorde, som hom perfek op. Hy het nooit omgegee nie, hy het dit altyd gedoen omdat dit vir hom lekker was en hy was altyd fokken happy en excited oor enige gig en om deel van die mix te wees, hetsy groot of klein. So het hy events begin cover vir Watkykjy. Ons het vir hom accreditation gescore waar ons kon. Van sy eerste “assignments” vir Watkykjy in 2012 was Vodacom in The City, Bloc Party en Synergy Live. 2013 was ‘n jaar van baie eerstes vir hom –  Oppikoppi, Rocking the Daisies, Billy Talent en al die Watkykjy parties. Park Acoustics het hom in 2014 op hulle permanente VIP/medialys gesit en dit was ook die jaar van metal en aksie met Nitro Circus, Lamb Of God, Asking Alexandria, Wolmer Fest, Sepultura, Blood Brothers en ontelbare album launches van soveel bands en artists.

Henry het ‘n onblusbare passion gehad wanneer dit by die local musiekindustrie gekom het. Amper tot op annoying levels, want hy sou ‘n maand vooruit beplan en lyste van datums van gigs, events en festivals wat hy wou besoek en afneem, vir my stuur. Self events waarvan ek onbewus was. Ek het soms gewonder of  hy regtig ‘n dayjob gehad het. Ek het hom in 2015 getune om self direk met die mense te begin praat oor gigs en events want sy naam was reeds daarbuite en bands het hom veral begin leer ken en hy kon verder in sy eie kapasitiet ook vir ander publications en publicists skiet.

Terloops, Henry was “on top of his game” as ‘n SAP consultant in sy dayjob in Joburg en as as dit nie vir sy passie vir sy grootmenswerk ook was nie, sou bitter min artists sulke befokte foto’s van hulleself gehad het oor die laaste bykans dekade.  Imagine dit – Big H se dayjob was ‘n enabler om so baie musikante se ego’s te streel. Om so baie shows en gigs so gereeld op so hoë kwaliteit vas te vang in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie, is feitlik onmoontlik want dit geskied amper altyd teen geen betaling. Daar is die odd uitsondering hier en daar, maar dis dun gesaai. Daar is beswaarlik geld in die industrie vir die kunstenaars. Henry se dedication in terme van tyd en moeite en die poging om balans tussen werk, private lewe en passie te vind, was onmeetbaar en tot dusver, unmatched en ek twyfel of iemand ooit sy skoene sal kan volstaan. Daar is net te veel aspekte wat moet align vir so tipe persoon om die swaard weer op te tel. Daar sal byvoorbeeld nooit weer iemand wees wat 78 bands oor een naweek by ‘n Oppikoppi festival sal afneem soos hy in 2015 gedoen het nie. Ek is seker dis ‘n rekord. En as daar ‘n meer recent rekord is, sou dit ook syne wees.

Jy gaan sukkel om ‘n bekende Suid-Afrikaanse musikant te vind wat nie ‘n Henry-foto van hulleself iewers het nie. Dit geld vir die kleiner, minder bekende ouens ook. Ek het die outjies op stage al dopgehou – wanneer hulle Henry in die photography pit gewaar, kry hulle opnuut nuwe energie vir die performance – daai positiewe tipe nervousness, want as hulle uithaal en wys, is die reward whatever Henry later die week uitsit op sy Facebook page of wat koerante en websites later die week sou share. Dis iets waarna hulle ernstig uitgesien het. Gaan kyk maar hoeveel van SA se rocksterre se profile pics op Facebook deur Henry se lens gevang is. Imagine dat jou vrywillige  werk eintlik so groot is in die bigger scheme of things, dat dit kunstenaars se werk beïnvloed? Daar is artists wat erken dat hulle eintlik meer uitsien na Henry se foto’s na die tyd as die actual gig.

Wanneer daar oor Henry gepraat word, word terme rondgegooi soos: exceptional photographer,  music industry icon en gentle giant. Hy het ‘n integrale deel uitgemaak van so baie musikante se lewens en omdat hy so groot passie daarvoor gehad het, het hy in ‘n rekordtyd ‘n fokken huge en waardevolle foto-argief van onskatbare waarde  en herrineringe opgebou en nagelaat. Ons praat van letterlik duisende foto’s van die hoogste kwaliteit. Hy was dié grootste ondersteuner van musiek. As daar ‘n band was wie se merch hy nie gekoop het nie, was dit bloot omdat hulle nie merch gehad het om te verkoop nie. Hy  het boonop ook daarop aangedring om nie op die guest  list te wees nie, maar eerder entrance fee te betaal. Hy het tyd vir almal gehad. As jy vir Henry by ‘n gig raakgeloop het, was die vibe oombliklik beter. Jy het sommer ook instinktief veiliger gevoel.

‘n Paar jaar gelede het ons groot geskrik toe Henry van sy bike afgekom het op die highway op pad werk toe, maar ek dink meeste van ons het meer ge-worry of die N1 seergekry het, want Henry was ‘n groot ou. Almal is dus heeltemal platgeslaan en omkant gevang deur die skoknuus dat hy gister oorlede is na hy slegs ‘n week vroeër positief getoets het vir COVID-19.

Wat ‘n merkwaardige persoon…

Dude, so baie mense gaan jou mis. Ons innige meegevoel vir al jou tjommies, jou familie en veral Klein H.

Hierdie post is 1,711 keer in totaal gelees en 2 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,339,873 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinTotsiens, Big H. Ons gaan jou mis. xxx.

Comments

  1. Mickey

    Ek onthou by een van daardie Park Acoustics gigs het ek tekere gegaan oor hoe befok sy vet Nikon shots was toe ‘n band member (sal nie die band shame nie) na hulle show getune het “Ja Henry se fotos is nie te bad nie, hy kan verbeter.” Needless to say bestaan daai band nie meer nie en die fotos wat hy van hulle show geneem het is heel waarskynlik die hoogtepunt van hul kort loopbane.

    RIP Big H.

  2. Karen de Goede

    Baie dankie vir ‘n ongelooflike spesiale artikel. Dit som die afgelope 9 jaar en my broer en sy absolute passie en toewyding so goed op.

  3. Author
    griffin

    Ons sal nog vir hom ñ behoorlike partytjie gooi sodra die tyd reg is. Sterkte, Karen.

Gooi Comment