Kyk, ek weet dat meeste mense nie vir ‘n fok eintlik nie meer met begrip lees nie. Soek jy bewyse? Gaan kyk gerus na hierdie post se Facebook-plasing om te sien hoe mense in die Facebook comments ja-en-nee antwoorde drop in plaas daarvan om die onderstaande meningspeiling deur te lees en te beantwoord. Hulle kan sien daar is ‘n link na ‘n artikel, maar jirre… Die moeiiite! Dan moet ek leeees! My fokken ogies gaan ontplof! By my hol uit!
Dit nou eers daar gelaat, want as jy hier is, beteken dit jy is nie een van “hulle” nie. Well done en ‘n hartlike welkom! Let’s do some wetenskap! Ouderdomsbeperkings is al vir jarrrre lank met ons om movies te kategoriseer. Deesdae tune hulle jou ook goed soos “drugs”, “rook”, “geweld”, “broeknaai” en dies meer op platforms soos Netflix en Showmax sodat jy ‘n informed besluit kan neem oor jou kykgenot – of dit nou vir jouself is, of om te besluit wat jou kids mag kyk of nie mag kyk nie. Skiem jy dat boeke daai tipe waarskuwings kort op hulle agterblaaie? Of actually meer belangrik – dink jy boeke kort ouderdomsbeperkings?
Neem gou deel aan hierdie meningspeiling wat vir scientific navorsing aangewend word. Dit behoort jou nie langer as 5 minute te neem nie. Jy is in elk geval nie nou lus vir jou grootmenswerk nie.
Watkykjy staan op 3,056,148 post views in totaal sedert 1 November, 2019.