Hoe like jy daai alliterasie, Otterjasie? Smaak jy ons assonansie, Hansie? Ssorry, dis my direkte retoriese vrae aan Neil Sandilands, maar ek skiem hy sal approve…
Ek het in ganse my lewe nog nooit ‘n episode van 7de Laan gekyk nie. Not a single one. Ek was meer van ‘n Egoli-fan in die 90s, so as jy dit vandag onder my aandag gebring het dat Bart van 7de Laan (of enige sepiesterkarakter, for that matter) ‘n Afrikaanse album uitgereik het, sou ek jou gevloek het en 180 grade van jou af weggeloop het. I’m fokken judgy like that. However, as jy vir my gesê het dat Titus van The 100 of Clifford DeVoe van The Flash dieselfde gedoen het, sou jy dadelik my aandag getrek het want dit klink baie meer onwaarskynlik en terselfde tyd meer intriguing. Dis met daai twee shows wat ek bekensgestel is aan Neil Sandilands se next level acting werk in Hollywood.
Ons het julle verlede jaar vertel het van sy epiese Mystic Boer-agtige hit, Die Goue Graal wat tydens die strengste gedeelte van lockdown uitgekalf is. Nou, net minder as ‘n jaar later, het daardie hit kleintjies gekry want die oom met die baard het sopas ‘n vollengte album uit sy nate laat bars: Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse – Maanskyn. Die timing kon nie beter wees nie. Jy kan hierdie album nou ten volle geniet met ‘n proper whiskey voor ‘n kaggelvuur in plaas daarvan om jou tuisgebakte piesangbrood en pynappelbier -poepe in te asem, wyl jy ween. Soos wat jy ‘n jaar terug gedoen het. Moenie weg kyk nie. Jy weet jy het.
(Ons het die hele album aand die einde van die artikelembed vir jou luistergenot)
Sandilands het al die groot gewere uitgeruk met hierdie album – nie net is dit deur Theo Crous in Bellville studios opgeneem, gemix en ge-engineer nie, maar daar is ook saamgewerk met van die grootste name in die SA musiekindustrie, onder andere Inge Beckman, Jonno Sweetman, Schalk Joubert, Frazer Georgio Barry, Kevin Gibson, Albert Frost en vele meer. Dawid Kramer het self s een van die tunes, Piet soek Vrou, geskryf en doen ook backing vocals op die tune. Mister Crous het ook handjie bygesit met backing vocals, keyboard en kitaar op van die tunes en het saam geskryf aan Woestynroos. “Posse” is dus gepas. Te veel mense in die Afrikaanse realm van musiek werk moet poese. Not the same thing.
As ek die album in een sin moes opsom? Dis die sound track vir ‘n Afrikaanse Bonnie & Clyde tipe crime thriller musical, wat wag om verfilm te word in die Moordenaarskaroo met Neil Sandilands, Lea Vivier en ‘n silwer 1969 Mustang in die hoofrolle. Hierdie is nie die tipe musiek wat jy in ‘n pub gaan sit en luister met ‘n ou wat die stripped down versions op ‘n kitaar uit tokkel voor ‘n gesuipte, pratende, apatiese gehoor nie. Hierdie musiek verg jou aandag en as ek mag versoek, so bietjie respek waar jy jou deel ook moet doen. Dis ‘n theatrical audio performance of sorts. Iets waarvoor jy doelbewus netjies(erig) aantrek en waarvoor jy gaan sit in ‘n teater met befokte sound, beligting en dekor terwyl jy iets met skop uit ‘n glas met ‘n solid bodem uit drink (nie ‘n bottel nie, jissis.)
So bietjie effort, jy maak uit? Want jy kan die effort wat in die maak van hierdie album ingesit is, aanvoel. Dis layered as fuck, maar sonder om beknop te voel of over produced voor te kom. Ek meen jirre, daar is gebruik gemaak van vocals, backing vocals, drums, bass, acoustic guitar, electric guitar, percussion, keyboard, bows, accordion, banjo, viool, cajon, flamenco en even fokken lepels! Ma se posse! En dit kort ‘n absolute meester soos Theo Crous om genoeg headroom vir alles te gee sodat dit nie in ‘n fokken “hoeveel TUKS-studente kan jy in ‘n Uno Fire druk”-kompetisie ontaard nie. Fokops kan voorkom word mits jy die regte ouens ken. Neil ken daai ouens.
Hierdie tipe moeite en inspanning hoort op ‘n limited vinyl release. Met kunswerk en foto’s en al die lyrics in ‘n uittrek omslag en ‘n klein boekie met storietjies of whatever mens nog kan bygevoeg om dit te vergesel om die musikale experience te enhance. God, pars ‘n varing in ‘n fokken Gideonsbybeltjie en sit dit ook by. Ek sal dit koop. Dit moet ‘n tasbare release wees, want dit verdien ‘n langer raktyd. Ononderhandelbaar.
Dink bietjie daaraan hoe mense deesdae musiek geniet en verteer – fisiese albums is taamlik iets van die verlede. Jy kry nie regtig meer CDs wat in sitkamers of in karre geluister word nie. Alles word ge-stream en ge-cast van smart phones en ander devices af. Nuwe releases kom beswaarlik oor mense se radar want daar is fokken baie white noise daarbuite. Die musiek wat die luisteraars wel bereik, word een of tweekeer geluister en is dan vergete, tensy daar aktief aan persoonlike playlists gewerskaf word. Die geld wat op die produksie van digitale musiekalbums spandeer word, word nie vir ‘n fok terug gemaak met digital streams nie. Nie in Suid-Afrika nie, in elk geval. Bands en artists het hulle zak met live gigs gemaak en toe fok die pandemie dit alles netjies op. Vinyl het darem nog waarde danksy nuutgevonge belangstelling daarin en dit het nuwe lewe in die industrie geblaas vir dié wat belangstel om dit ‘n shot te gee en oop is vir die idee van moeite. Jirre, moet ek WERK om geld te maak? Nooit, ou!
Neil Sandilands het die regte besluit geneem deur sy album later in die jaar wel op vinyl te release, en trust my, dit gaan ‘n collector’s piece word. Dis asof sy album spesifiek vir ‘n plaat gemaak is, of dit nou per ongeluk of doelbewus was. Daar is in totaal 10 tracks wat netjies op ‘n Kant A en ‘n Kant B pas vir ‘n totaal van net onder die 42 minute se speeltyd (‘n standaard 12-inch 33RPM plaat het ‘n speeltyd van ongeveer 22 minute per kant). Die feit dat die album op vinyl verewig gaan word, gaan maak dat ek dit baie meer gaan luister want dit gaan deel word van ‘n fisiese, doelbewuste en hand picked LP collection. Sure, ek sal van tyd tot tyd van die plaat se bestaan vergeet, maar hy staan ‘n beter kans om meer gereeld geluister te word op my rak as deel van ‘n persoonlike collection van ongeveer 800 plate, as om te verdrink in letterlik honderde duisende songs tot my beskikking op Spotify teen R60 per maand. Spotify is vir wanneer ek Sepultura poeshard in my kar wil luister en vinnig wil jaag op die N1 en ander mense vloek. Vinyl is vir chilled whiskey-aande en die odd romantiese en intieme braai of broeknaai.
Ek gaan nou nie ‘n in-diepte review doen oor elke song nie, maar ek wil wel so paar uitlig. Daar is in totaal 10 tracks. Goue Graal is byvoorbeeld reeds in detail op Watkykjy ge-cover toe dit uitgekom het laasjaar en dit was die petrol vir hierdie hele gedoente se vuur. Die track wat Dawid Kramer geskryf het en op backing vocals sing, Piet Soek Vrou, is soos te verwagte net so fokken mooi as wat ‘n Dawid Kramer song kan wees. Ek meen jirre, check hierdie lyircs uit. Dit is net so diep as wat dit eenvoudig is:
Sal ‘n suikersak my kleertjies kan vat? Ek is oppad. Ek is oppad.
Ek los my koffer man die ding is te swaar, hy’s te swaar om te dra. Te swaar om te dra. Ek gaan
nou stap.
Stofpad dis ‘n rof pad. Teerpad hy’s ‘n seer pad. Sonder draaie die lang, lang paaie. Maa’ ek moet
nou loop. Ek moet nou loop. Ek soek ‘n vrou.
In watter rigting lê die Olifantsberge? Moet my nie terg nie. Moet my nie terg nie. Ek gaan na
Kakamas en kry ek ‘n vrou. Dan sal ek haar trou. Kry ek ’n vrou, dan sal ek trou.
Waterberg, Ratelrug. Eendag kom ek, eendag kom ek terug. Slangbosbossies se fynblaar geur.
Sny hom af en jy gooi daar neer. Die berge frommel om my. My koue klipkomberse. Ek trek die
donker nader. Nes ‘n kamer sonder kerse.
Wie kan vir my sê? Waar die liefde, wáár sy lê? Ek soek so lank en ek soek so ver. Wie kan my sê,
wie kan my sê? Waar sy lê?
Ek sal ook bittergraag wil hoor hoe Kramer hierdie song in sy eie capacity uitvoer op sy eie manier en hoe ander artists dit eventually gaan cover, modify en interpreteer. Ek voorspel dat hierdie tune diep spore gaan trap en wyd ge-cover gaan word.
My persoonlike favourite is Liedjie vir Miekie, want dit het onverwags uit nêrens gekom en my heeltemal surprise en te veel laat lag. Ek het dit oor en oor gejol want dis fokken simpel maar dis fokken lekker en dit het ‘n lekker speelse energie. Wat die res van julle daarvan gaan maak moet ons maar sien – maybe is ons op dieselfde golflengte? Ek het aanvanklik gedink dat dit Theo Crous se handewerk was, want dit herinner baie sterk aan ‘n K.O.B.U.S. tune, maar hy het my verseker dis Sandilands. Geen wonder die ouens kom so goed oor die weg nie.
OK, wag… ek het actually nog ‘n persoonlike favourite en ek vermoed dat Neil self die groot potensiaal in sy eie werk raakgesien het en besluit het om die crowd favourite te identifiseer en uit te sonder – Woestynroos. It was so nice that he sommer did it twice – ‘n Afrikaanse weergawe en ‘n Engelse weergawe. Op langspeelplate (en tapes en CD’s, I guess) het kunstnaars gewoonlik hulle nommer 1 hits op kant A, track 1 gesit. Op Sangoma Sandilands se plaat is Woestynroos track nommer 1 op Kant A en Desert Rose track nommer 1 op Kant B. Hierdie song het nou dus die kans (of dit nou moerse groot of moerse gering is) om ‘n internasionale hit te word. Of net ‘n groter hit in SA, ten minste. Imagine Fokofpolisiekar het hierdie approach geneem 15 jaar gelede? Hulle sou probably nou nog die hele Amerika platgetoer het met zak wat by hulle toerbus se venster uitspat. Maybe het Neil dit net gedoen sodat sy nuwe bestie, Tom Hanks, hom ook kan verstaan. Who knows? Hoe dit ookal mag sy, die tune is ewe hauntingly beautiful in beide Afrikaans en Engels. Radiostasies gaan vir hom faktap jol.
Die album is geensins grondverskuiwende werk nie. It has all been done before. Jy gaan Goosen hoor, dalk bietjie Piet Botha, jy gaan dalk ‘n stukkie Valiant raakloop en jy gaan vir seker ‘n stukkie Radio Kalahari Orkes beleef in hierdie album. Wat die album wel besonders maak, is dat dit ‘n Neil Sandilands album is en dat hy dit saam met ‘n moerse klomp befokte mense op die regte manier aangepak en aanmekaargsit het.
Wanneer die vinyl uitkom later vanjaar en jy het ‘n geldjie, fokken koop dit, al het jy nie ‘n platespeler nie. Jy kan altyd later een aanskaf. In die meantime kan Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse – Maanskyn op Spotify luister terwyl jou geseëlde album se waarde vermenigvuldig soos hasies wat onder die maanlig naai …
Pre-order die vinyl sommer hier by Permanent Record
(jy gaan moet spring – ek dink daar is net 500 copies en hierdie outjies gaan fokken vlieg!)
Neil se eie woorde oor die uitreiking van sy album:
Disparate worlds may exist side by side, harmoniously. I’m an African American. Bona Fide. It has been an immense privilege, with this album, to express musically the duality, if not plurality of my existence. A blessing it is to have scribbled and sung a larger frame around the anomalous. Africa is my mother, I will always love her like no other. My mother tongue is Afrikaans; born from this savagely beautiful place. My naturalized American status has truly bestowed precious gifts upon me. I have mooigoed (beautiful things) in my knapsak (backpack) – begged, borrowed and stolen from fine people across this globe. Americans have taught me the power of possibility. I have lived there in a poetic way. I know the seasons. I’ve driven the entire West Coast all the way to Prince Rupert. I’ve heard the Cajun rhythms in the bayous of Louisiana and I’ve listened to the brass of nights in downtown Joburg. I’ve seen and tasted Moonshine. I’m proudly both: African and American. My hometown Randfontein, my Scottish ancestry, seeps through my pores. I know Southern Africa like my hands. The sound of a Jakkals is singular. My celestial placement precedes all. I’m simply here, with you, right now. Let’s play! If one can do it musically – and we all can – I reckon we come as close to the sublime as is possible, in this configuration. There’s something unifying about rain in Namakwaland. I’m grateful to the Posse of musicians who helped capture this snapshot. South Africa’s finest. In particular I’d like to thank Theo Crous who understands navigating the cosmos, beyond Pluto, in a Mustang. “Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse – Maanskyn” is a tribute and reverence for the road. With gratitude.
Neil Joseph William Sandilands, May 3rd 2021
Maak tyd (42 minute en een sekonde) en luister die hele album:
Watkykjy staan op 3,116,901 post views in totaal sedert 1 November, 2019.