Jirre, maats… ek besef sopas dat hierdie lyntjie uit die lyrics van FRIENDS se theme song die verkakte jaar wat 2020 was (en tot ‘n mate 2021, wat ons tans soos akute spuitkak hanteer) perfek opsom:
When it hasn’t been your day, your week, your month
Or even your year.
Fok, dit slaan hard, huh? So in die eiers. Maar “I’ll be there for you” word daarna gelukkig kakbaie repeat soos ‘n mantra, asof om jou te reassure dat alles eintlik fokken OK sal wees op die ou einde. Want even as jy baie min of glad nie vriende het nie, sal die hele cast van Friends jou vriende wees en ek wed jou een hele Bitcoin (Maart pryse) hulle was presies dit gewees gedurende die middel 90s vir ‘n hele dekade lank, vir kakbaie van ons ook. Jennifer Aniston (Rachel Green), Courteney Cox (Monica Geller), Lisa Kudrow (Phoebe Buffay), Matt Leblanc (Joey Tribbiani), Matthew Perry (Chandler Bing) en David Schwimmer (Dr. Ross Geller) het ons almal se pelle geword. Sure, ons het favourites gehad, maar hulle was eintlik almal befok cool gewees op hulle eie manier. Die reeks het baie netjies tot ‘n slotsom gekom in 2004, met ‘n happy-sad ending en ons almal moes met ons lewens aanbeweeg, of ons nou op daardie tyd van lewens die tools gehad het om met die lewe te cope of nie. Sure, daar was lekker reekse intussen gewees (jy kry ‘n fokken PK as jy Big Bang Theory probeer vergelyk) maar niks het regtig naby die charm van Friends gekom nie en die bewyse is in die nommers: destyds toe die episodes weekliks uitgesaai is, het 25m mense min of meer na elke episode gekyk vir 10 jaar lank in 220 lande! Tot op hede, is die Friends episodes sowat 100 miljard keer (billion in Engels) gekyk oor verskillende platforms soos TV en veral onlangs op streaming services soos Netflix en Showmax.As jy nou gevra moet word watter episode jou gunsteling was, sou jy dalk dink dat dit ‘n maklike antwoord is en miskien die mees memorable een uitspoeg, maar omdat daar so fokken baie kick-ass episode was en die skryfwerk so absoluut briljant was, is dit actually nogal ‘n complicated vraag om te beantwoord. Toe ek vir die eerste keer gehoor het dat Friends: The Reunion op die kaarte was, was ek fokken excited want ek het geskiem: “Befok! Hulle maak een final 2-urelange laaste epsiode”, maar oombliklik besef: nee jirre man – jy is kakdonm; die storie het mos nou perfek klaargemaak? Hulle sal dinge mos opfok met “wat het 17 jaar later gebeur”
Inderdaad – hierdie special (dis acutally 86 minute lank) is beter as wat enige iemand kon verwag het. Dit is die eerste keer in 17 jaar wat die cast van Friends weer die stel besoek en jy gaan totally omkant gevang word deur die nostalgie, net soos die ses akteurs wat tot vandag toe in regte lewe ook goeie vriende is. Het hule oud geword? Dis ‘n poes vraag – almal word oud, jou nool. Gaan ruk jou haasbekfoto’s uit. Kyk hoe lyk jy nou? Jissis…
Dis nie net die nostalgie wat jou omkant gaan vang nie. Ek was stomgeslaan oor die impak wat die show gehad het op kykers se lewens in die regte, harde wereld regoor die hele blerrie aarde. Mense wat regtig gestruggle het met depressie, dood in die familie, rejection en kak waarmee jy dalk ook al moes deal. Gewone mense soos ek en jy, en daar is selfs bekendes wat ook graag in hierdie doccie deel hoe die reeks deel van hulle lewens was. David Beckham kom acutally voor as ‘n mens en nie ‘n sokker robot wat ‘n Spice Girl naai op ‘n berg geld nie. En selfs as jy dit nooit Friends gekyk het nie, of uit die staanspoor besluit het om dit nie te kyk nie, het dit wel ‘n invloed op jou lewe gehad, want jy is armer af daarvoor. Soos iemand wat doodgaan en nie voel hoe dit is om te naai nie. Shame. Jou rowwe bliksem.
Ek wil nie die content van die reunion vir jou verklap nie, want daar is seriously befokte surprises en sulke “my fok, ek onthou daai een!”-oomblikke en jy gaan baie breed smile en hardop lag soos wat die akteurs jou op ‘n nostalgiese trip neem. Dit vang hulle net so erg. O ja en as jy nie 100% ‘n monster is nie, moet jy maar die tissues ook nader sleep. Jy mag dalk ‘n traantjie of drie pink. Ja, dis “pink” en nie fokken “pik” nie – daar lees jy nog iets, Friend…
Ek kan jou wel vertel dat hierdie cast nooit ooit weet vir so tipe reunion sal bemekaarkom nie. Hule maak dit baie fokken duidelik. Daar is dit ook nou – jou enigste spoiler. Jissis, ek is ‘n lekker vriend, huh?
As jy skiem dat jy die grootste Friends fan op aarde is en absoluut alles van die show af weet, gaan jy moet humble pie vreet, want daar word so paar dinge vir die eerste keer verklap. Dis soos om die grootste advent calender op aarde oop te maak en die hele fokken tyd awesome shit te score! Kom ons los jou dan eerder met die woorde van die grootste superfan wat ek ken. Hoe weet ek sy is ‘n super fan? Haar gunsteling kleur is pers. Soos in fokken alles wat sy besit moet sover as moontlik pers wees. Ek dink sy het verlede week haar dogter se perd ook pers geverf en ek wil nie weet hoe haar man se ballas lyk nie. Sure, sommiges (ek ingesluit) sien dit as ‘n ernstige versteuring, maar sulke passie skop mens nie onder enige pers klip uit nie. Super fan, dus.
‘n Basic vraag hierdie fantastiese weirdo van ‘n vriendin/superfan: Beskou jy jouself as ‘n Friends super fan? Wat het dit vir jou beteken destyds en wat beteken dit vir jou nou?
Ek is absolute ‘n super fan! Ek het Friends begin kyk toe ek op skool was in die 90s en ek het die final epsiode ook op Mnet gekyk toe dit gewys het en ek het my heel eerste box set in 2005 gekry. My ma-hulle moes hulle gatte af gaan soek het daarvoor vir die ding. Ek kyk Friends ten minste eenkeer per jaar van season 1 tot season 10. Partykeer meer as een keer. Met lockdown het ek alles drie keer gekyk! It makes me happy! Dis die beste anti-depressant wat daar is. Enige tyd wanneer ek sleg voel of unhappy is, kyk ek Friends. Dit het my deur baie tough tye gekry, long term of short term. Ek het ‘n kakhuis vol Friends merchandise – van t-shirts tot bekers. Ek het selfs ‘n dish towel. Dit sal my favourite reeks bly vir altyd!
O JA! My favourite episode is season 3, episode 5!
OK, ek is nou so effens fokken spyt dat ek gevra het. Selfs dalk ‘n bietjie bang!
Hierdie Sondagaand, 30 Mei, net na Carte Blanche, gaan daar nie ‘n Mnet movie wees nie – jy kan eerder kyk na Friends: The Reunion en as jy nie Mnet het nie, kan jy dit op Showmax kokkenodge Maandag 31 Mei. Jy gaan dit beslis meer as eenkeer wil kyk. Ek weet dit, want ek het dit reeds 3 keer gekyk en ek het fokol pers kak in my huis nie.
(Met apologie aan my vriendin).
Daar is ‘n moerse collection movies op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! As jy besluit om tussen nou en 31 Maart vir Showmax op te sign, betaal jy slegs vir 1 maand en kry twee verniet.
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,091,024 post views in totaal sedert 1 November, 2019.