Welkom by hierdie week se keuse vir Kragtige Kortes – ‘n section op Watkykjy waar ons weekliks ‘n kief kortfilm kies vir jou kykgenot!
Vandag se kortfilm, Ada, het ‘n kakhuis vol awards opgeraap en dis geen wonder nie, want hierdie animation is nogal besonders. Dis deur Dane Winn direct en die hele animation (wat soos charcoal drawings lyk) is in die fokken Unreal gaming eninge ge-render. Ada vertel die storie van ‘n naaier (okay, ‘n seamstress) wat stranded is op ‘n arktiese eiland met haar sterwende man. Sy moet haar vrese vir hierdie wildernes oorkom as sy dit ooit lewendig wil terugmaak na haar seun. Die film van net oor die 10 minute is geïnspireer deur die ware verhaal van Ada Blackjack. Ek sweer jy kan die fokken wind op jou gesig voel en die koue in jou gebeendere.
Watkykjy staan op 3,073,826 post views in totaal sedert 1 November, 2019.