Goeie fok, is dit alreeds Goeie Vrydag!? Ek werk so fokken kakhard van die huis af dat ek eers ‘n halfuur terug besef het dat dit langnaweek is. Ek het nie eers met oom Cyril se speech oor die drank gekop dat Maandag ook ‘n vakansiedag is nie. Ek moes daai shit gaan google het. Ek sien Maandag is Family Day. Met verdere ondersoek het ek ook vasgestel dat hierdie naweek die enigste lang-langnaweek van 2021 is! Fokkit, even Kersfees en Nuwejaar val hierdie jaar op fokken Saterdae. The nerve!
Ons het vir julle inderhaas ‘n befokte lys van movies en reekse bymekaargeskraap wat jou hierdie langnaweek sal besig hou. Trust my, jy gaan nie deur alles kom nie. Maybe die movies, maar beslis nie die reekse nie, so van dit gaan moontlik moet oorstaan vir Freedom Day, maar dan maak ons anyway ‘n nuwe lys. By the way, Werkersdag is ook fokken moertoe vir 2021. Daai nool gaan saam met Krismis en Nuwejaar babers vang in die vuil Vaalrivier op ‘n Saterdag. Maar kom ons fokus eerder op die entertainment voor ons ‘n aar bars. Hier is stuff wat jy die naweek kan stream. Ek is seker jy gaan ietsie befoks uit hierdie lysies kan pluk:
MOVIES
Misbehaviour
Keira Knightley en Gugu Mbatha-Raw is aan’t stuur van sake in hierdie historiese komiese drama. ‘n Groepie vroueregte-aktiviste gooi ‘n protest by die Miss World beauty pageant in 1970. Gugu is nie Suid-Afrikaanse nie, hoor. Sy is in die UK gebore. Haar pa is wel ‘n Suid-Affrikaner en haar ma ‘n Brit…
Wild Rose
Hierdie is ‘n lekker uplifting drama oor drome najaag. Jy weet mos – jy neem ‘n mooi foto met jou iPhone, iemand komplimenteer jou op Facebook en tune “Jy is goed! Jy moet ‘n fotograaf word!” Jy jaag dan Makro toe en koop ‘n Canon bundle en begin met al die ander amateurs op Facebook kompeteer vir troues, family shoots en what-what vir ‘n appel en ‘n ei. Grappie, hierdie is nie daai storie oor drome najaag nie nie. ‘n Jong ma van twee het ‘n droom om ‘n countryster te wprd. Enigste catch is, sy moet eers so bietjie met die regte lewe deal nadat sy uit die tronk vrygelaat is. Check, sy was bietjie van ‘n druggie gewees…
VFW
Lekker skop skiet en donner, horror style! Dis ‘n aksiebelaaide 1970-80’s themed thriller! ‘n Groep ou oorlogsveterane plaas hulle lewens op die spel vir ‘n chick wat skuiling soek by die VFW-post (Veterans of Foreign Wars). Hulle moet hulle pos verdedig teen ‘n poesmal drug dealer en ‘n crazy army van punks wat hierdie chick se bloed soek. Hierdie klink sommer na vanaand se vermaak! Whoohoo!
21 Bridges
Hierdie is ‘n fokken lekker movie! Baie action! Adre Davis is ‘n NYPD-speurder wat ‘n moerse conspiracy ontrafel terwyl hy opsoek is na twee cop killers. Dinge raak so rof dat die hele Manhattan in lockdown moet gaan vir die eerste keer in sy geskiedenis. Niemand mag in nie en niemand mag uit nie. In case jy nie weet nie – Manhattan is ‘n eiland met 21 brue wat toegang tot die stad bied. Vandaar dan die naam vir die movie.
Official Secrets
Nog ‘n lekker biografiese crime drama. Dit volg die ware verhaal van ‘n Britse whistleblower wat info aan die pers gelek het oor ‘n illegal NSA spy operation wat ontwerp is om die UN se Security Council te dwing om die inval in Irak in 2003 te laat voortgaan. Met Keira Knightley en Matt.
Angel Has Fallen
Gerard Butler keer terug vir die derde installment van hierdie aksiebelaaide franchise. Mike Banning is op vlug nadat hy ge-frame is vir poging tot sluipmoord op die president. Pew-pew-pew! Poesklap! Skop! Pew-pew! Poesklap! Ka-boeghsss!
TV REEKSE
The Handmaid’s Tale
Disclaimer: Ek maak elke week self gebruik van Watkykjy se lys van suggestions vir naweke se kykgenot en ek het hierdie weer op die lys gesit omdat ek somehow nie verder as season 1 gekyk het nie. Ek hou myself aan belowe dat ek verder gaan kyk maar ek skraap altyd iets nuut en vergeet soms om aan te gaan met die ouer cool reekse wat nuwe seasons uitbring. In kort: hierdie dramareeks gaan oor die dystopian Gilead, ‘n totalitêre samelewing in wat voorheen deel van Amerika was. Dit is beyond good!
House of Saddam
Ek was 100% onbewus van die bestaan van hierdie reeks en dit het reeds in 2008 uitgekom! HBO maak nie kak nie, so ek is in! Hierdie minireeks bied ‘n gedetailleerde portret van van daai kont, Saddam Hussein se familie, asook sy verhoudings met sy advisors en dit werp ook bietjie meer lig op hierdie diktator se verraderlike 17-jaarlange belig. Wat ‘n doos!
Hightown
‘n Vrou wat seriously te veel fles gevat het se reis na soberheid word oorskadu en rondgefok deur ‘n moordondersoek. In haar soektog na die waarheid raak sy deurmekaar met ‘n kakgevaarlike sindikaat wat hulleself besig hou met organised crime. Klink soos die Guptas…
Die eerste vier episodes is reeds beskikbaar en die die volgende vier word 23 April bygevoeg. Dalk ‘n goeie idee om aan die kyk te kom solank, dan klap jy die res op Freedom Day.
Divorce
Sarah Jessica Parker en Thomas Haden Church is die sterre in hierdie komediereeks wat deal met die highs en lows van ‘n fokken lang divorce. In fact, dit divorce is so uitgerek, dit trek nou al by 3 seisoene.
The Victim
‘n Skotse thriller mini-reeks. ‘n Ma, wie se seun 14 jaar vantevore deur ‘n ouer seun vermoor is, word hof toe gesleep nadat sy daarvan beskuldig word dat sy die nuwe identiteit ge-post het van die man wat sy glo haar seun vermoor het. Ja man! Bietjie tyd vir iets wat goed en donker is en nie Hollywood is nie! Hierdie outjie is my Sondag se vibe, sorted. Dis net 4 episodes van ‘n uur lank elk, so dis soos ‘n fokken lang movie. I’m in!
Band of Brothers
Kyk, ek gebruik nooit nie woord “verheug” nie, maar was ek vir jou nou fokken verheugd toe ek op hierdie classic afkom!? Ek het actually op ‘n stadium dit oorweeg om die DVD box set in die hande toe probeer kry, maar toe vind ek dit sowaar as fok op Showmax! Die reeks is nou wel 20 jaar oud hierdie jaar, maar dis fokken epic en nog steeds een van die hoogs rated reekse wat ooit gemaak is deur Steven Spielberg en Tom Hanks. Dit is die verhaal van die ‘E’ Easy Company, die 506ste regiment van die 101st Airborne Division vanaf hul training in 1942 tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Hulle is agter enemy lines in ge-parachute in die vroëe ure van D-Day. Hulle was deel van die Utah beach landing se support en was ook deel van die bevryding van Carentan. Hulle is ook weer in ge-parachute tydens Operation Market Garden. Dis nie al nie – hulle het ook ‘n konsentrasiekamp bevry en was die eerste ouens wat Hitler se berg-oord in Berchtesgaden binnegedring het. ‘n Moerse boeiende verhaal van kameraadskap wat uiteindelik ‘n verhaal is van gewone mans wat buitengewone dinge gedoen het. FOKKEN KYK DIT!
En daarmee wens ons jou die beste poeslangnaweek toe. Dis die enigste een van 2021, so gebruik vir hom so lui as moontlik, op jou gat, voor die fokken TV met ‘n bier! Cheers!
Daar is ‘n moerse collection movies op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! As jy besluit om tussen nou en 31 Maart vir Showmax op te sign, betaal jy slegs vir 1 maand en kry twee verniet. O fok! Dit was gister!
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,073,872 post views in totaal sedert 1 November, 2019.