So hier is vir jou bietjie so paar insigte waneer dit kom by local musiek en musiekvideos. Dis geen geheim dat daar nie zak in die industry is om rond te gooi nie maar home recording en DIY productions is besig om die norm te raak so daar is wel ‘n uitweg. Ek verstaan glad nie hoekom daar iets soos record labels bestaan nie. Die internet was veronderstel om daardie industrie nul en void te maak want fokken regtig nou, wat het jy meer nodig as die internet? Tog sal die industry ouens die storie probeer spin dat hulle steeds ‘n integrale deel uitmaak van die industrie. OK dan, miskien vir muso’s en hoopvolles wat vir ‘n poes gevat word. Al wat daai ouens doen is om ‘n persentasie te skep uit ander se talent. PR agencies doen dit ook tot ‘n mate – hulle charge musikante ‘n spul zak om die woord vir hulle te versrpei en daai PR mense verwag gewoonlik dat websites en blogs met die nommers en die audiences (soos hierdie een) hulle werk namens hulle moet doen teen fokol betaling. Ek verstaan wel dat dit ‘n job is en dat jobs skaars is, maar soos wat die instrial revolution dinge verbeter het en mense hulle jobs laat verloor het, is die interweb inevitably die volgende kont.
Gelukkig het so paar musikante wakker geskrik. Dis regtig nie rocket science om jou stuff voor oë en binne ore te kry nie – dit verg net so bietjie research en moeite. Die slim en hardwerkende musos’s het gedurende lockdown aan nuwe musiek en musiekvideos gewerk, want in tye soos hierdie, gaan daai stuff nie vir jou noemenswaardige geld maak nie (het dit ooit?) – dit funksioneer slegs as besigheidskaartjies om mense by jou voglende show te kry en jou merch te koop, whenever dit mag wees. So hoe meer mense jou nou hoor en sien, hoe beter is jou kans dat jy ‘n fanbase begin opbou vir wanneer live entertainment sy sluise oopmaak. En met sluise bedoel ek ‘n faktap klein hout deurtjie wat gaan oopkraak. Toe daar gesê is “things will never be the same after COVD-19” het fokken min ore gehad. Die oorgrootte meerderdheid wag tot “alles weer normaal is” en about niemand adapt nie. Jy gaan daar in die stof bly staan, boetie…
Hier is so paar tips vir musikante wat bereid is om die werk in te sit:
- Jy moet bereid wees om die actual werk in te sit – as jy musiek jou main inkomste wil maak, hanteer dit soos ‘n grootmenswerk en spandeer 9 to 5 op jou beroep en toekoms, Maandae tot Vrydae. Musiek is ook baie wyer as net live perfomances. Google that shit.
- Vind uit hoe streaming services werk en hoe om jou musiek op al die platforms te kry – daai is jou virtual business cards. Maak vrede met die feit dat jy nie gaan geld maak met streaming nie. As jy daaroor wil moan, moet dan nie jou musiek vir “the man” gee nie, want niemad druk ‘n gun teen jou kop nie.
- Leer hoe om social media properly te gebruik – jy kan nie net ‘n Facebook page create en terugsit en draadtrek vir likes en commetns wat inkom nie. Jou posts moet engaging, sinvol en gereeld wees. Vind ‘n ritme, al is dit net 2 posts per maand – stick by dit.
- Loop kurusse in sound editing, sound engineering, videografie en video editing – jy kan jouself kakbaie geld spaar deur baie van jou eie produksies te doen. Udemy het gedurende lockdown cheap as fuck geword. Jy kan jou eie proper home studio opstel vir minder as R15k, rekenaar ingesluit. News flash – jy het nie ‘n fokken Mac nodig nie.
- Wees bereid om konstant nuwe dinge te leer en wees heeltyd besig met die application van wat jy leer, anders gaan jy stagneer. You need to stand out in that crowd.
- Raak bietjie meer savvy met admin en finansies. Veral met admin – dit sal jou finansies improve.
- Leer hoe om jou eie press releases aanmekaar te sit en leer ook die publikasies ken vir wie jy dit wil stuur. Jy moet verhoudings opbou, nie net spam nie.
- Leer hoe om rejection soos ‘n fokken grootmens te hanteer en beweeg aan.
- YouTube is jou vriend – jy kan BAIE leer van mense wat baie meer as jy weet. In fact, YouTube moet eintlik jou grootste vriend wees.
- Ondersteun jou tjommies in die musiekindustrie en wees mededeelsaam met jou knowledge. Jou mede musikante is glad nie jou kompetiesie nie. Stronger together en al daai butterfly kak. Dis hoe dit eintlik moet werk.
- Drugs maak jou poesdom en poes-arm.
- You don’t need to be popular with the in-crowd to be popular.
- Stay humble as fuck.
So hoekom is hierdie artikel se naam “Oooth – Loving You (official music video)” en nie “13 Tips vir musos oor hoe om die spuitkak waters van die musiekindustrie te surf soos ‘n champ” nie? Dis om punt nommer 10 hierbo te bewys: Die support vir local musiek vir mekaar onder musikante is amper fokken non-existant. Muso’s is oor die algemeen net ge-interesseerd in hulleself en nie in wat ander doen nie. Die ego storie. That needs to change.
En daarmee kom ons dan by die artikel se eintlike titel. Die video het meer as twee maande gelede uitgekom (23 Feb) en het op 487 views gestaan daardie dag. So hier is nog ‘n tip vir artists – moenie al jou contacts bombard met jou video of tune se release op een dag nie. Stagger dit so bietjie or ‘n paar weke. Soos ‘n plant wat jy water gee.
Ek hoop so paar muso’s kry hierdie music video ook te sien. Dis ‘n toets.
Loving You is Jason Oosthuizen en sy band Ooth, se tweede music video vanaf hulle tweede studio album, Nothing’s Gonna Change. Jason is een van daai hardwerkende musikante en musiek is absoluut sy day job. Hy maak self werk daarvan om sy musiek op die oorsese playlists en publiskasies te kry en om op TV programme soos Expresso Morning Show te kom om vertonings te gooi. Dit klink alles na baie werk en dit is kakbaie werk. Wil jy weet hoe hy dit doen? Het jy al daaraan gedink om hom te vra? Ek skiem hy is ‘n goeie resource.
Hierdie musiekvideo se shoot het moerse nice uitgekom en hulle het vir oor die 12 ure geshoot. Alhoewel ek nie Oooth se grootste fan is nie, is hierdie tune en video besig om my te oortuig. Jason se stem is besig om te mature en hy is besig om sy voete te vind in sy nuwe rol as guitarist sowel as vocalist. Hy is eintlik ‘n drummer (ex Van Coke Kartel), so hierdie is ‘n moerse accomplishment as jy in ag neem dat hy eers 2 jaar gelede begin leer het om guitar te speel van scratch af (6 maande voor sy eerste album uitgekom het). Hy het ook min of meer dieselfde tyd vir vocal lesse begin gaan.
Gaan check gerus sy Facebook page uit
Watkykjy staan op 3,071,843 post views in totaal sedert 1 November, 2019.