Die coronavirus het alles mooi netjies opgefok verlede jaar en jy is seker nou al gatvol om te hoor hoe die entertainment industry suffer (daai “ALMAL suffer!” retoriek), maar dis nou maar wat gebeur het, so fokken deal maar met die ouens se gripes, want hulle entertain ons. Dis actually nog steeds ‘n fokop.
So rapsie or ‘n jaar gelede was Suid-Afrika in level 5 van lockdown. Ons land was basically soos ‘n fokken scene uit The Handmaid’s Tale. Under his eye, tjom. Artists het die streaming ding probeer maar dit was maar nuwe territory vir almal. Francois van Coke is ook een van daai brasse en het ‘n plan gemaak en met ‘n DIY-approach en het sy eerste solo show in 11 jaar vanuit sy huis in Bellville ge-livestream op 28 April. Dit was ‘n moerse sukses en kykers het nogal gelike van die rou eerlikheid van die show asook Francois se interactions met die peeps. In case jy vergeet het wat level 5 beteken het – Francois kon nie eers saam met sy ouma gesing het nie, so dit was hy, stoksiel alleen voor die kamera met geen energie wat terug bounce nie. Dit moes ‘n poes weird gevoel gewees het.
Toe level 3 aanbreek kon Francois wel saam met sy ouma sing maar hy het besluit om dit saam met sy “Die Gevaar” band members, Jedd en Richard te doen om die sound bietjie vetter te maak en weer ‘n befokte live stream te gooi maar ook met ‘n esktra bonus – om die kykers te vertel waar al hierdie songs vandaan kom. Dis hoe Stories Agter Die Tunes in die lewe geroep is. Daar was actually ‘n toer vir hierdie hele vibe beplan, maar level 3 het beteken net jou ouma en so paar vriende is welkom by jou huis of venues, nie almal se ouma’s nie. En dit sonder drank. Francois het besluit om hierdie concert te livestream vanaf Van Coke Studios in Kaapstad, want hy het mos nou al so bietjie ge-dabble in dit:
Die afgelope sewentien jaar was daar vele toerbusse en vliegtuie, lang ure op die pad na êrens, laat-aand parties op nog meer laat-aand parties, baie vroeë oggende, eindelose slapelose-nagte, baie bekende en ook onbekende gesigte, ou en nuwe vriendskappe. Baie liefde en baie, baie musiek wat op verskillende plekke geskryf is. Die mense wat daar was se herhinneringe van die stories agter die tunes mag dalk van myne verskil. Maar wie sal ooit weet wie se weergawes reg is? Die details raak baie vinnig baie blurry… maar dis wat ek onthou. Nou dat die land op Vlak 3 is kan ek gelukkig vir Jedd en Richard kry om saam met my te speel en nou sal dinge sommer stukke beter klink. Die klank gaan ook amazing wees omdat ons vanuit Van Coke Studio stream. Ons kry ook ‘n paar kameras in en ons gaan die plek so mooi as moontlik laat lyk.”
Francois het dit aanvaklik oorweeg om hulle band Fokoffamiliemotor te noem tydens ‘n trip in Wynand se Toyota Venture toe so tipe familiemotor voor hulle ingefok het. Francois het gelukkig verkeerdelik en excited vir Hunter gebel en oor die foon getune dat die naam waarmee hy sopas opgekom vir hulle nuwe band, “Fokofpolisiekar” is en dadelik besef het dat dit ‘n baie cooler naam is. Jirre imagine net die fokop wat sy eerste keuse sou veroorsaak het? Meeste Afrikônse mense kan beswaarlik ‘fok’ met ‘n fokken ‘f’ spel. Dieselfde mense sou probably ‘familie’ as ‘famielie’ gespel het. Sies! Jou pa se mielie, man.
Hierdie staaltjie van die bende se origin story is waarmee Francois Stories Agter Die Tunes afskop en jy kom baie vinnig agter dat hy geensins disappoint het met sy beloftes rakende die kwailiteit van die produksie nie. Die sound is absoluut befok, die studio is moerse mooi opgemaak en die kamera angles is great. Al hierdie elemente word ook sterk ondersteun deur nice, intieme beligting. Jy sou nie dink dat hierdie ‘n lockdown presentation is nie, want onthou, hierdie is aanvaklik live gestream in Julie verlede jaar. Live is fokken tense, ou. Dis senutergend en unpredictable.
As jy soos ek vir some rede destyds die live stream gemis het, kan jy dit nou op Showmax kyk. Ek het fokken tickets en alles gehad en dit steeds gefokkenmis! Level 3 rookie mistake. Dis ‘n full-on acoustic vibe en die sound engineer is ook sommer deel van die stage met sy glasie wyn. Almal het hulle Sondagpakkies aan, netjies in swart. Die sound engineer ook. Dis ‘n nice touch en wys hulle het oog vir detail en beplanning. Behalwe vir die kerkpakkies wat die ouens dra, laat dit my nogal dink aan Nirvana se MTV Unplugged waaaay back in 1994. Nirvana het destyds 14 tunes gejol en Francois jol 13 tunes, so dis beslis ‘n resep wat werk. Hieronder is Francois se track list van die show. Die hele program is 1 uur en 20 minute lank. Net reg vir ‘n naweekaand met ‘n tjop en dop. Nooi sommer so paar vriende oor. En almal se oumas. Dis mos nou level 1.
Net weer oor die sound – moenie hierdie outjie op jou foon kyk nie. Kyk dit op iets met ‘n screen groter as ‘n skoendoos en plug dik sound in as jy kan of klap oorfone. Of gaan kyk dit by jou tjommie met die meeste geld se huis.
Tracklist:
- Hemel op Die Platteland
- Monoloog in Stereo
- Ek Skyn(Heilig)
- Tot die Son Uitkom
- Moontlik Nooit
- Behoort aan Niemand Nie
- Toe Vind Ek Jou
- Die Wêreld is Mal
- Dit Raak Beter
- Komma
- Ek Probleem
- As Ek Kon
- Dagdrome in Suburbia
Wat ek sal like om te sien at some point, is ‘n soortgelyke intieme production, maar met ‘n actual crowd wanneer dit veilig genoeg is om dit te doen. Nie ‘n moerse crowd nie. Maybe so 50 peeps by tafels met kerse. Romantic vibes. Fok, ek klink nou soos ‘n fokken sneeudier maar ek hoor Dit Raak Beter (As Jy Ouer Raak)…
As jy nog so bietjie Francoistainment soek check gerus ook die volgende:
Francois and Tasche
In 2019, het Tasché Burger die eerste vrou en ook die jongste wenner geword van The Voice SA. In nog ‘n eerste kan jy haar en Francois Van Coke saam in concert kokkenodge.
Toe Vind Ek Jou
Daarsy, jy ken die tune, so kyk nou die scpeial waar Karen Zoid en Francois van Coke saam op een verhoog bietjie met jou hartsnare rondfok.
Die Heuwels Fantasties – Live In Lockdown
Nog ‘n lockdown special waarin Francois feature saam het Die Heuwels Fantasties wat hulle nuwe album, bloot getiteld “2021” launch. Kyk ook uit vir Jack Parow, Arno Carstens en Tarryn Lamb.
Daar is ‘n moerse collection movies op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! As jy besluit om tussen nou en 31 Maart vir Showmax op te sign, betaal jy slegs vir 1 maand en kry twee verniet.
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,056,186 post views in totaal sedert 1 November, 2019.