Vir dié van julle wat tot dusver tot op datum met die reeks is en met die einde van season 3 se cliffhanger in jou broek gekak het, moenie worry nie – ons gaan geensins spoilers van enige aard drop hierso nie, maar wel miskien net so paar hints wat darem nie die storie sal weggee nie. Voor ons daarby uitkom moet ons net eers gou met die maats gesels wat nog glad nie The Handmaid’s Tale begin kyk het nie, of dalk iewers langs die pad van die waentjie af gekbiksem het by een van die vorige seasons. Terloops, ek was deel van hierdie groepie waentjie-afbliksemers tot baie onlangs, maar ek het fokken vinnig bygekom want MGM het vir my so 3 weke terug early access gegee tot die eerste 3 epsiodes van season 4 wat net aktief sou wees vir presies ‘n week! Ek moes fokken vinnig die hele season 2 en 3 binge om betyds op te vang en jirre, what a fucking ride!
Newbies – hier is die show, soortvan in ‘n nutshell
The Handmaid’s Tale speel af in ‘n dystopian weergawe van Amerika. As jy dalk onseker is oor wat ‘n dystopia is – dis ‘n fiktiewe faktap gemeenskap of samelewing wat met vreeslike kak vibes wat 99% poes scary is, met ander woorde, presies die teenoorgestelde van ‘n utopia waar alles poes lekker is. Amerika het een of ander civil war gehad en nou is alles is fucked. Die meerderheid van die land staan nou bekend as die totalitêre, teonomiese regering van Gilead – dit beteken dat konterige weergawes van Christene die plek regeer.
Om verder sout in die wonde in te smeer, het vrugbaarheidskoerse in duie gestort as gevolg van seksueel oordraagbare siektes en omgewingsbesoedeling. Enter the bible bashers. Hierdie gefokte samelewing word georganiseer deur magsbehepte leiers wat ‘n gemilitariseerde hiërargiese regime van fanatisme geskep het. Daar is nuutgeskepte sosiale klasse en as jy ‘n vrou is, is jou lewe basically fokol werd. Vroue in Gilead word gedwing om in baie beperkte rolle te funksioneer. Hulle mag nie eiendom besit nie, geensins geld hanteer nie en hulle mag nie eers lees nie. Nie eers die precious fokken bybel nie. O ja, en van hulle is sommer kinderslawe ook.
So met al hierdie infertility word die vrouens in Gilead wat wel vrugbaar is ontvoer en as huishoudelike slawe aanhegou onder die vaandel van dat hulle “fallen” is – dis nou egbrekers, enkel ouers (hulle kinders word weggevat), ongetroude moeders, lesbians (of “gender traitors” soos hulle genoem word) en vrouens wat nie Christene is nie. Hulle word Handmaids genoem wat gepos word na huise van die regerende elite waar die mans bekendstaan as Commanders. Hier moet hulle huistake verrig soos slawe en word forseer om deel te neem aan “the ceremony” wat beteken dat ‘n Commander se vrou die handmaid vashou terwyl haar man die handmaid verkrag met die doel om haar pregnant te maak. Die kinders wat uit hierdie faktap situasie gebore word, word natuurlik weggeneem van die handmaids, want hulle is mos net broeikaste en fokol werd.
Nou kyk, jy kan iemand net vir so lank soos kak hanteer voor die laaste strooi die kameel se rug breek en planne gemaak word met amper fokol tot jou beskikking, om in opstand te kom teen die regime. Die karakter wat eventually besluit om leiding te neem, is June Osborne, gespeel deur Elizabeth Moss. Die beste stukkie dialoog vir my uit die hele reeks sover kom uit June se mond:
“If they didn’t want an army, they shouldn’t have given us uniforms.”
Hier is die storie sover tot en met season 3 vir dié van julle wat gou wil recap:
Moss is mos befok!
Elke liewe akteur en aktrise in hierdie reeks is beyond fantasties – Joseph Fiennes as Fred Waterford, Yvonne Strahovski as Serena Joy en Ann Dowd, Alexis Bledel, Bradley Whitford en Samira Wiley in hulle Emmy-wenner rolle as Aunt Lydia, Emily, Commander Lawrence en Moira, onderskeidelik. Ek wil egter vir Elizabeth Moss uitsonder want sy is die main konyn in die reeks. Elke wanneer as jy dink dat haar karakter nie meer kak en hare kan handle nie, druk sy deur en volhard soos ‘n fokken boss lady. Moss is ‘n befokte aktrise – kyk gerus ook The Invisible Man, Light of My Life en die vreeslike fokken horror, Us.
Moss was ook ‘n producer sedert die eerste season van The Handmaid’s Tale. Sy het in fact die kontrak vir haar rol geteken op die voorwaarde dat sy ‘n hands-on producer ook kan wees. Sy maak ook haar directorial debuut in season 4 waar sy episodes 3, 8 en 9 direct het.
So wat skop in Season 4? (5% spoiler)
As jy tot op datum is met die eerste drie seisoene weet jy dat June (of Offred) Harry Houdini se fokken ass kick sover dit daring escapes aanbetref. Met season 4 is dit weer sulke tyd. Kyk, die feit dat sy nog die hele tyd in Gilead agterbly terwyl sy ander help om na Kanada te onstnap het nog altyd daaroor gegaan om haar dogter, Hannah, te red. Hierdie season is dinge so bietjie groter en scarier- nou gaan dit oor al die dogters van Gilead! Dis fokken oorlog, pappie!
Dié van julle wat die eerste drie reekse gekyk het en besluit het om terug te kom vir nog punishment sal nie teleurgesteld wees nie. Jy moet jouself maar gereed maak vir ‘n rowwe enetjie want die show delf lekker diep in die donker dieptes in, meer as ooit tevore. Jissis, mens voel op ‘n stadiumn mageteloos en desperaat vir June se onthalwe. Vir die eerste keer ooit egter, is daar ‘n wel hoop, wat ‘n moerse fokken welkome verandering is. Ons kan asem skep, al is dit net ‘n klein bietjie.
Die reeks se creator, Bruce Miller, reken:
“Everything June’s been told was impossible is still very possible, and she’s just proven that again by doing this thing that is hitting Gilead exactly where they hurt. I don’t think she has much hope that she’s going to get out alive. I think she’s more there to fuck up Gilead.”
Die reeks het tot op datum sover 75 awards gewen! Dis ‘n vreeslike fokken storie en dis dalk hoekom ek ‘n break gevat het in season 1, maar jirre, toe ek die drade weer optel, het ek agtergekom hoe fokken boeiend dit is. Jy kan die eerste drie episodes van season 4 nou dadelik stream en vanaf die 6de Mei word die res van die episodes (4 tot 10) weekliks beskikbaar gemaak op Showmax soos hulle in die US release word. Dis nie altyd so lekker om reekse voor ander mense te siene te kry nie, want ek moet baie langer tot 6 Mei wag voor ek weer ‘n fix kan kry.
Baie goeie nuus vir die super fans!
Daar is in Desember verlede jaar aangekondig dat The Handmaid’s Tale hernu is vir ‘n vyfde reeks! But wait, there’s more – daar is ook ‘n sequel reeks wat tans in development is wat op die 2019 follow-up novel, The Testaments, gebasseer is (2019 Booker Prize wenner en Best Fiction Novel in die Goodreads Choice Awards).
Maybe kan jy solank die boek kry?
Loop kyk die fokken reeks! Blessed be the blerrie fruit!
Om vir jou ‘n idee te gee van so paar ander lekker reekse wat ook dystopian vibes gooi waarvan jy moontlik weet of dalk al gekyk het , hier is so paar: The Man in The High Castle, The Purge, Altered Carbon, Colony, Snowpiercer, The 100, Westworld, Watchmen en Utopia Falls.
Daar is ‘n moerse collection movies en reekse op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk!
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,048,722 post views in totaal sedert 1 November, 2019.