Ons like van Watkykertjies met entrepreneurial spirit en Maandae is markdag op Watkykjy. As jy ‘n kief en interessante besigheid het wat jy met Watkijkistan wil deel, drop ons gerus ‘n e-mail.
Gaan kyk gerus na vorige arikels oor cool local besighede wat jy moet support!
Mens kan nou maar spekuleer oor die oorsprong van die legendariese Harrybasco sous, maar daar is net een man wat werklik die waarheid weet. Sou jy bespiegel dat dit uit ‘n vlamme-hel gebore is nadat die GrootMan sy tongvelle afgebrand het, sou jy verkeerd wees. Moet ook nie die storie glo dat hy onder ‘n obskure ster net links van Orion se linker test…. toemaar, dit is ook ‘n fabel. Daar mag dalk waarheid in steek dat sy ma vir hom rissie-vlokkies op sy eerste verjaarsdagkoek gegooi het, maar jy sal maar self die ou lady moet vra. Sy vrou het eenkeer vertel: “Hy was maar net gatvol om vir daai ander duur –basco te betaal, en toe maak hy maar sy eie.”
Die feite is:
So effens meer as 10 jaar gelede is Harrybasco ontwikkel deur baie beproewinge op ‘n plaas net buite Bapsfontein in ‘n piepklein bachelors-kombuis. Menigte was gewond in die proses, veral tydens prototipe-toetse. Maar soos die legende vertel word, na 44 probeerslae, was daar ‘n produk wat die GrootMan se goedkeuring weggedra het. In sy drome het hy nooit daaraan gedink om die wêreld oor te neem met ‘n rissiesous nie. Dit was maar vir homself en naasbestaandes, maar hoe meer mense daarvan geproe het, hoe meer het hulle hom aangepor om tog maar die wêreld ‘n beter plek te maak deur die goed op rakke in winkels te kry.
Met behulp van goeie vriende, is daar ontwerpe en etikette gemaak, en kort voor lank was daar ‘n bemarkbare produk, en Harrybasco het die lig gesien. Mense vanuit alle hoeke van die aarde besing die lof van hierdie rissiesouse, en met goeie reg! Dit word van 100% natuurlike produkte gemaak, is banting en vegan vriendelik, bevat geen suiker of verdikkers nie en geen nagemaakte preserveermiddels is bygevoeg nie.
Daar is tans 3 variante beskikbaar: ‘n Geurige, sagte Jalapeno (Nr 46); die oorspronklike wat van verskeie rooi rissies gemaak word (Nr 44) en dan ‘n witwarm Habanero sous (Nr .45 – want hy skop soos ‘n Colt .45). Die GrootMan is deurentyd ook besig met produkontwikkeling, so moenie verbaas wees as daar in die nabye toekoms nog rissie-verassings opgetower word nie!
Website: http://www.harrybasco.co.za/
Facebook: https://www.facebook.com/harrybasco44
Watkykjy staan op 3,092,690 post views in totaal sedert 1 November, 2019.