Ons like van Watkykertjies met entrepreneurial spirit en Maandae is markdag op Watkykjy. As jy ‘n kief en interessante besigheid het wat jy met Watkijkistan wil deel, drop ons gerus ‘n e-mail.
Gaan kyk gerus na vorige arikels oor cool local besighede wat jy moet support!
Wie sou nou ooit kon dink dat Amerikaanse politici en die Japanse kunsvorm amugurimi Suid-Afrikaanse mans sal laat toustaan vir ‘n gehekelde of gebreide pop? Jy het dalk gesien dat companies in die overseas moerse vinnig op die hakke van die Bernie Sanders meme was en gehekelde Bernie poppies was skielik die hele Facebook vol. En ja, mans het in SA begin toustaan vir hierdie klein kunswerkies. Ouens wat in hoë kringe beweeg – dokters, prokurowers en ander geleerdes. Ek skiem die poppies hulle snags veilig.
Maar kom ons stel die flytige creator, Goeun Botha aan die woord:
As ‘n geharde en getroue Star Wars-volgeling, verkies ek die buitenste ruim bo alledaagse, banale onderwerpe soos wêreldpolitiek en ander snert. Wat ek eintlik sê, is ek hekel die graagste balletdansers, diertjies en Yoda’s. En toe, uit die bloute, maak Bernie Sanders sy verskyning in ‘n warm jakkie en bruin en wit handskoene en die wêreld gaan mal en ek word met versoeke vir klein Bernie’s oorval.
Ek het amper agteroor geslaan toe ek die eerste dringende navraag vir ‘n amigurumi Bernie, brilletjie en al, kry en die man aanbied om ‘n groot klomp Suid-Afrikaanse Rande vir die poppie te betaal. Om die waarheid te sê, my man, Louis, knaag al lank al aan my om speelgoed vir mans te maak, maar ek het hom nie geglo nie. Ek meen, wat sal mans nou weet van wat anders mans wil hê?
Ek het oë toegeknyp, vasgebyt en begin hekel. En al moet ek dit nou self sê, Bernie is regtig nogals oulik! Die res is geskiedenis: Die oomblik wat ek hom op my besigheid, Little Pine Tree se Facebook-bladsy gedeel het, wou almal ene hê!
Gelukkig werk ek saam met ‘n klomp flinke, kreatiewe vroue van voorheen benadeelde groepe wat ingespring en gehelp het. Ons vyf werk al vir bykans vyf jaar saam nadat ek hulle onder my vlerk geneem en die kunsvorm geleer het. Vandag verdien hulle ‘n ekstra inkomste danksy amugurimi en het ‘n dak oor hul koope.
So, as enigiemand dalk ‘n Suid-Afrikaanse politikus – soos Pres. Cyril Ramaphosa, Julius Malema of selfs Jacob Zuma wil hê – laat gerus weet! Versoeke vir Prins Harry is ook welkom. Of karakters uit jou kinderdae soos Heidi, Liewe Heksie of Groenie die Drakie.
Bio
Goeun Bae Botha se ouers is van Suid-Korea, maar sy is in Paraguay gebore en het in Chili groot geword. Sy het fotografie geswot en toe na haar ouers se geboorteland teruggekeer om haar erfenis te gaan verken. Dis hier waar sy vir Louis, ‘n Suid-Afrikaanse dosent in Opvoedkunde aan die Universiteit van Wits, ontmoet het. Hulle is getroud en het saam in Norweë verder gaan swot. Goeun het haar meestersgraad in Sosiale Antropologie daar verwerf. Hulle woon tans saam met hul twee kinders Lucas en Matilda in Melville, Johannesburg.
Gaan kyk na haar besondere speelgoed
Website: www.littlepinetree.co.za
Facebook: https://www.facebook.com/lpt2015
Instagram: https://www.instagram.com/littlepinetree.co.za/
[slider animation=”fade, slide” slide_time=”4000″ slide_speed=”500″ slideshow=”true” random=”true” control_nav=”true” prev_next_nav=”true” no_container=”true”]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/03/Aardvark.jpg” alt=”Aardvark” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/03/Amigurumi-class.jpg” alt=”Amigurumi class” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/03/Baby-Yoda-Mandalorian.jpg” alt=”Baby Yoda Mandalorian” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/03/Bernie-Sanders.jpg” alt=”Bernie Sanders” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/03/Doll-with-bow.jpg” alt=”Doll with bow” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/03/Elephant-with-bow.jpg” alt=”Elephant with bow” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/03/Ninja.jpg” alt=”Ninja” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2021/03/Totoro.jpg” alt=”Totoro” type=”thumbnail”] [/slide]
[/slider]
Watkykjy staan op 3,092,374 post views in totaal sedert 1 November, 2019.