Ons almal weet die corona virus het grootskaalse kak aangejaag op sy wêreldtoer, pretty much ‘n jaar gelede toe hy loud mouth hier aangeland het met sy drankasem en vuil onderbroek. Die hele wêreld het tot stilstand gekom maar dit is verbysterend hoe sommige Suid-Afikaners buite die boks begin operate het, never mind dink het en dit tydens die strengste en kakste inperkings en reëls met locdkown. Jy maak uit van daai gesegde “om ‘n omelet te maak moet jy so paar eiers breek”? Wel, so paar uitblinkers in die vermaaklikheidsbedryf het sommer intricate troukoeke met ses levels gebak!
Gedurende lockdown se kakste periode in 2020 het KYKnet ‘n pitch uitgesit vir “lockdown friendly” content. Tertius Kapp en Jaco Bouwer het met ‘n briljante kopnsep vir ‘n reeks vorendag gekom – vyf verskillende stories wat afspeel in ‘n hotelkamer en die karakters word vir elke episode verander. Die beperkte reeks is gepas ook 4 Mure genoem. Granted, die set-up klink moerse basic, maar jy sal genuine verbaas met die eindresultaat. Die show het nie daai angstige lockdown-gevoel waarmee ons almal so geworstel het verlede jaar nie, al was ons self ook tot ‘n mate vasgevgang gewees tussen 4 mure. In hierdie reeks is die karakters nie vasgevang tussen 4 mure nie – dis bloot waar al die aksie plaasvind. Elke episode blyk genre-spesifiek geskryf te wees – daar is SciFi, drama, romanse, thriller en horror en so stukkie comedy netjies verweef op die regte plekke so tussendeer al die serious stuff.
Ek was so paar minute in die eerste epsiode in toe 4 Mure my nogal laat dink het aan Quentin Tarantino se Four Rooms wat ook in ‘n hotel afpseel. 4 Mure maak verder ook gebruik van die split-screen-tegniek wat nogal kenmerkend is van Tarantino se editing style. Kill Bill, enige iemand? Ek het besluit om gou op Beer Adriaanse (Ivan van episode 1) se knoppie te druk om my vermoedens te bevestig waarop hy ge-antwoord het:
“Ek het nog nooit Four Rooms gesien nie, maar ek dink beslis dat Tarantino se gestileerde werk dalk ‘n inspirasie kon wees. Ek voel meer ‘n Hitchcock-atmosfeer met die manier waarop die kameras beweeg en die gebruik van beligting. Iets soos Vertigo? Ek was mal oor die hoë kwaliteit van die filmwerk. Dit het beslis by die akteurs se performances ingebloei!”
Ek het die skrywer van 4 Mure, Tertius Kapp, ook sommer gevra om so bietjie lig te werp oor wat agter die skerms gebeur het.
Luister gerus na wat hy te sê het:
Kom ek vat julle gou deur die 5 episodes van 4 Mure:
Episode 1: Ivan kan 9/11 verhoed?
Hier maak ons kennis met Ivan (Beer Adriaanse) wat in die hotel wegkruip nadat hy sy oom en sy swaer se life savings weg gepis het op een af ander hot tip op die stock market wat lelik uitgefok het. Sy swaer wil hom opfok. ‘n Dag na ‘n onsuksesvolle en patetiese selfmoordpoging, word Ivan wakker met die nuus dat die famous Suid-Afrikaanse hartchirurg, Christiaan Barnard oorlede is tydens sy vakansie in Cyprus. Die koerant wat Ivan saam met sy brekkie kry, tune die datum 11 September, 2001. Ivan het basically drie ure oor voor die vliegtuie in die World Trade Center vasvlieg en hy het dus ‘n kans om die wêreld daarteen te waarksu. Jy gaan die episode moet kyk om te sien hoe die gebeure ontvou.
Dis ook hier waar ons die enigste konstante karakter raakloop wat ook funksioneer as die goue draad wat deur al die episodes loop en die skynbaar onverwante verhale met mekaar verbind – die slordige dog oplettende concierge, Marcelina, wat ook sommer die rol vervul van pseudosielkundige en ‘n gawe skouer bied om op te huil. Sy breek ook deur die “fourth wall” om die kyker so bietjie insig te gee, die belangrike vrae te vra en kommentaar te lewer. Sy laat jou veilig voel tussen hierdie vier mure.
Episode 2: Paul en Zoe en die kak met hulle ouers
Aanvullend tot Marcelina se karakter, dra elke episode ‘n leidraad oord na die volgende een. Die wysheid op die agterkant van suikerpakkies blyk dwarsdeur die reeks ‘n tema te wees. In die tweede storie ontmoet ons twee love struck tieners, Paul (Brent Vermeulen) en Zoe (Devonica Swartz) wat op ‘n mission is om stilletjies na Cyprus te verdwyn (onthou die Christiaan Barnand-nuusberig van die vorige episode?). Paul steel ‘n kakhuis vol cash by sy pa, JP (Deon Lotz) wat fokken ryk is maar terselfde tyd ook ‘n kriminele en abusive kont is. Wat egter problematies is, is dat Zoe se ma ‘n skoonmaker is by JP se besigheid. Dis ‘n verhaal van twee kinders wat weier om soos hulle ouers op te eindig maar hulle ook konfronteer. Ongelukkig pak hulle die halfgebakte planne aan sonder enige wêreldervaringe of die wysheid wat normaalweg met ouderdom en ondervinding kom. Wereens – kyk dit, want ek wil nie die storie spoil nie.
Epsiode 3: Twee Jimmy’s en ‘n sniper rifle
Volgende aan die beurt is die nuwe hotelgas, Jimmy, ‘n bejaarde voormalike skeprskutter en sluipmoordenaar op chroniese medikasie. Die lucky packet ring van die vorige episode kan gesien word soos wat Jimmy vir sy sniper rifle onder die bed reik. Dit wil darem voorkom of Jimmy net die skuim van die aarde uithaal, aangesien hy met Marcelina deel dat hy ‘n pedofiel-verkragter gaan skiet wat op die hof se trappe gaan verskyn (wat toevallig oorkant die hotel geleë is). Dis ook ‘n meer persoonlike aanslag, want die klein seuntjie wat destyds verkrag en vermoor is, is ook ‘n Jimmy – sy kleinseun. Ons leer in hierdie verhaal ook iets onthullends van Marcelina se verlede…
Episode 4: ‘n Racist Afrikaanse popmusiek poppie kry op haar moer
Vir die oorblywende twee episodes sal ek die verassingselement vir jou opfok as ek die items bekendmaak wat deur die gaste agternagelaat is in die hotelkamer. Die nuwe gate is Desiree (Ilse-Lee Van Niekerk), ‘n Afrikaanse popmusiekster en haar flambojante assistent, Hannes (Wessel Pretorius), wat voordurend haar woede-uitbarstings moet ontbeer en net en general haar kak moet vreet. Hy los die selfbehepte Desiree in haar hotelkamer om op social media rond te fok en selfies te neem. Sy raak egter kakdronk, ontdek skoenpolitoer en post ‘n racist black face foto op Instagram waar sy meer as 400k followers het. Hierdie is die verhaal van die slaggate van sosiale media, white privelege en mense wat tipies agter die Bybel skuil. Marcelina is weereens die voice of reason:
“Ek verstaan nie vir wat mense altyd alles oor almal wil weet nie? Of wil hê almal moet alles oor hulle weet nie? Dis mos simpel! Is dit nuuskierigheid of verwaendheid? Of albei? Is mense dan nou kwansuis SO interessant? Maar laat ek jou dit sê: as ek my sin kry, dan verdwyn ek soos stof voor die besem uit sonder dat ‘n haan kraai of ‘n muis piep! Maar julle klomp van vandag…? Joh!”
Tip: Jy gaan hierdie epsiode so paar keer wil pause om die social media comments te lees wat op die screen verskyn want dis fokken briljant gedoen!
Episode 5: Skrikkeldag is ‘n fokken nagmerrie!
Lekker horror vibes! Hierdie episode skop af met ‘n sieklike, vetsutige man, Bertus (Carel Nel) wat vreet asof hy more gaan doon neerslaan. Vir die eerse keer voel dit vir my asof nog ‘n major tema sy verskyning maak in 4 Mure: die 7 deadly sins is! Marcelina maak die grootse gemors tot dusver skoon. Dit is ook toevallig skrikkeldag en volgens Marcelina is dit die dag waarop kamer 7 tot diep binne jou siel kyk. Die nuwe gas, Sandra (Tinarie Van Wyk Loots), gaan ‘n moerse kak tyd hê. Sy word vertel dat die kamer “uitbespreek” is maar Sandra dring steeds daarop aan om daar te bly.
Nouma lekker, bring dan daai kak tye vir Sandra!
4 Mure is ‘n briljante versameling van vyf onverante kortflieks van om-en-by die 25 minute lank elk, wat verbind word deur die hotelkamer wat as ‘n onehilspellende karakter van soorte funksioneer. As jy al die episodes saamgooi, maak dit ‘n befokte verteerbare vollengte film en dis wanneer jy besef hoe ongelooflik goed die creators hulleself van hulle take gekwyt het – hulle het so baie te vermag met so min tot hulle beskkking tydens ‘n historiese kak tyd vir die hele wêreld. Die ouens het genuine hulle deel gedoen om die onversadigbare honger van die content monster te voer en die vermaaklikheidsbedryf se covid curtain call te help keer.
Daar is ‘n moerse collection movies op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! As jy besluit om tussen nou en 31 Maart vir Showmax op te sign, betaal jy slegs vir 1 maand en kry twee verniet.
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,110,845 post views in totaal sedert 1 November, 2019.