Word fokken fiks by Beyond Bootcamp in Pretoria se Botaniese Tuine

In Markdag deur griffinRek jou bek

Ons like van Watkykertjies met entrepreneurial spirit en Maandae is markdag op Watkykjy. As jy ‘n kief en interessante besigheid het wat jy met Watkijkistan wil deel, drop ons gerus ‘n e-mail.


Word  fiks, my fok! Health, wellness en fitness is ‘n fokken big deal, veral deesdae met almal wat hulle kak verloor met COVID-19 en die lockdown. Skinny does not necessarily equal healthy, so moer jou hopes and dreams van maerwees by die venster uit (#bodypositive, onthou?). Worry eerder oor gesond wees – vet en fiks. Jy kan so vet wees soos wat jy wil maar kyk na jou gesondheid en oefen!

Die gesondheindsvoordele van van oefening en eindeloos.  Jy kan dit self gaan google, maar hier is so paar op jou aan die gang te kry:

  • Gereëlde oefening hou jou ticker gesond en verlaag die risiko van al die vieslike hartkwale daarbuite
  • Fuck cancer! Fikswees verlaag die risiko van sekere kankers.
  • Oefening laat jou tottie beter werk as jy ‘n tottie het en beveg ereksie issues. En gilrs, fikswees maak seks lekkerder vir ons. Who knew?

Dit hoef nie hectic te wees nie. Een uur van oefening per dag can do you a world of good en ek kan jou help. Beyond Bootcamp in die Pretoria Botaniese Tuine is die plek vir jou as jy wil skaaf aan jou gesondheid in ‘n relaxed, judgement free omgewing. Ons oefen 5 dae per week in die tuin tussen die dassies, hasies, eendjies en tarrentaaltjies en alles wat fokken cute en fluffy is. Net daar op die gras, onder die bome. Dis presies soos piekniek hou, net heeltemal fokken anders. Ons gee nie om hoe jy lyk, wat jy aanhet, waste lipstick jy dra, hoe reguit jou hare geblaas is of hoe styf jou sports bra sit nie. Niemand is daar om jou uit te check of op te tel nie. Ons is almal daar vir ons eie fitness goals, ons eie daily exercise en ons eie gesondheid. Ek meen, hoekom wil enige iemand in ‘n pretentious gym gaan rondfok as jy in in die Botaniese Tuin kan oefen? No brainer.

Elke dag is anders want ons doen nooit dieselfde workouts nie.  Jy sal dus nie verveeld raak nie. Gaan kyk bietjie op Instagram na ons mooi setting en follow ons sommer terwyl jy daar is en sommer op Facebook ook.

As jy nie lekker seker is of die ge-bootcamppery vir jou is nie, kan jy ons gerus join vir 3 free sessions. Kom check dit uit!

As jy wil join stuur vir Lisa ‘n WhatsApp op 0824411029.

Elke camp is 4 weke lank en jy betaal “camp to camp” – fokol van kontrakte en jouself vasteken vir jare en the promise of your first born om jouself uit daai kak uit te kry nie. As jy in die tuine inkom vir Bootcamp betaal jy nie entrance fee nie,

Jy kan kies watter session en prysopsie jou die beste sal pas. Ons het ook student en pensioner discount:

▪︎20 sessions/5 × ‘n week- R500
▪︎16 sessions/4 × ‘n week- R400
▪︎12 sessions/3 × ’n week- R300
▪︎8 sessions /2 × ‘n week- R200

Student & Pensioner pyse:
▪︎20 sessions/5 × ‘n week- R450
▪︎16 sessions/4 × ‘n week- R350
▪︎12 sessions/3 × ‘n week- R250
▪︎8 sessions /2 × ‘n week- R150

Jy kan kies uit 3 timeslots:

Kakvroeg – 05:00-06:00
Na werk – 16:45-17:45
Laat gewerk – 18:00-19:00.

So of jy dik of maer, mooi, lelik, oud, jonk, gay, straight, lank, kort, wit, swart, vining of stadig is kom oefen!

Hierdie post is 56 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,079,788 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinWord fokken fiks by Beyond Bootcamp in Pretoria se Botaniese Tuine

Gooi Comment