Ons like van Watkykertjies met entrepreneurial spirit en Maandae is markdag op Watkykjy. As jy ‘n kief en interessante besigheid het wat jy met Watkijkistan wil deel, drop ons gerus ‘n e-mail.
Hierdie week vat ek bietjie ‘n breek van die local besighede, want as ek jou nie vandag van hierdie vibe vertel nie, gaan ek fokken heeltemal vergeet. Julle het seker al gesien dat mense soms op social media rondvra vir afslagkodes om te gebruik om discount te score by shops – veral online. Ek dink sommer vinnig aan Uber, OrderIn, UberEats en Mr Delivery wat like om sulke introductory offers aan te bied. Dis gewoonlik ‘n paar rand af op jou eerste bestelling en dan ‘n free pizza of Coke wanneer jy iemand refer en dan is dit gewoonlik die einde van die storie.
Ek soek ook altyd rond vir discount codes voor ek iets koop wat my ‘n spul geld kos en ek het seker so twee jaar terug op ‘n coupon site genaamd, Coupert, afgekom – ‘n site wat absoluut befok werk – dis ‘n browser extension wat automaties die beste beskikbare coupon codes vind op websites wat jy besoek en daai coupons apply wanneer jy jou checkout doen. Die ander lekker ding is, jy score ook cash back punte en dis 100% verniet. Hierdie gaan nou nie almal se beker brannas wees nie, maar as jy gereeld stuff oor die internet bestel van die overseas af of software en sulke dinge online koop, gaan hierdie jou moerse help. Expats, julle gaan hierdie erg lekker kan gebruik. Ek het actually heeltemal van Coupert vergeet, want ek het dit net gebruik om discount te kry op software, themese en plugins wat ek bestel het. Ek was actually onbewus van die cash back vibes tot ek vanoggend ‘n e-mail gebry het wat tune dat ek die cash kan trek as ek wil. Toe ek inlog was daar wragtig net oor die $30 in my account:
Kyk, $31.82 (R475) is nie die fokken wêreld se zak nie, maar ek sou dit nie gehad het om mee te begin nie, so dit kan maar daar lê en accumulate soos wat ek stuff koop wat ek in elk geval nodig het vir werk/pret/education. Meeste van daai cash back het gekom toe ek opgesign het vir Adobe Creative Cloud vir ‘n jaar vooruit – dis poesduur. Ek het net oor die $20 daarvoor terug gekry wat ek nooit sou gehad het as ek nie van Coupert geweet het nie. En dan het ek ook so bietjie cash terug gemaak op so paar Udemy kursusse wat ek verlede jaar tydens lockdown gekoop het sodat ek nie van my kop af raak. Ek wou so paar nuwe skills leer.
Die ouens vaarvoor hierdie die beste sal werk is dié van julle wat gereeld online shop en fisiese stuff koop of invoer van sites soos Amazon af, of ouens soos ek wat gereeld software, templates en plugins koop. Ek het vanoggend vinnig so paar sites uitgecheck en by audio production software sites soos Steinberg is daar byvoorbeeld 50% afslag op sekere produkte. As jy iemand is wat web design doen en gereeld byvoorbeeld WordPress templates vir jou kliënte koop, het amper elkeen van die bekende template sites ‘n discount code op Coupert. So jy kan nou discount kry en sommer cash back ook score met jou clients se zak en dit laap ophoop in jou Coupert account.
O ja, hulle betaal uit na jou Paypal account. Ek het nog nooit gebother om ‘n PayPal account oop te maak nie, maar nou gaan ek beslis, want free zak is free zak.
Behalwe van die actual discount wat jy op aankope score, kom cash back in twee vorme – Cash Back Gold en Task Gold. Eersgenoemde is straight forward waar jy ‘n persentasie van die skille terugkry wat jy spend. Met Task Gold kry jy “gold” vir tasks wat jy doen. ‘n Honderd coins is gelyk aan een US dollar. Wanneer jy die Coupert plugin install, kry 150 coins, wanneer jy ‘n account create, kry jy nog 150 coins en vir elke daily check-in kry jy 10 coins. As jy iemand refer met ‘n code soos wat ek vandag vir die eerste keer probeer, kry jy 500 coins. As my wiskunde nie te veel suck nie, sit hierdie paar basic steps jou op $8 sonder dat jy enige iets spandeer het. Let well dat Coupert se payout threshold na jou PayPal account $10 is.
Hier is ‘n lys van al die plekke en ‘n aaunduiding van hoeveel coupons daar by elkeen is.
Gaan vir goud!
Watkykjy staan op 3,071,870 post views in totaal sedert 1 November, 2019.