Fokkit, ons het julle te veel bederf deur julle 5 episodes van Pinocchio in Afrikaans op ‘n slag te gee elke week verlede jaar. Toe vat ons maar ‘n break by espiode 40. Dinge werk mos nie fokken so nie? In die ou dae moes jy ‘n hele week wag voor jy Pinocchio “live” op die TV kon kyk en daar was fokol interweb om dit te download nie. En about net 5 mense in SA het VHS recorders gehad in die vroeë 80s. So nou gaan ons julle net eenkeer per week met een episode bederf. Daar is nog 9 oor om te gaan en dan sal ons kyk watter ander ou kak ons vir julle kan afstof.
Pinocchio episode 44
Pinokes is goddank weer ‘n laitie en die avontuur gaan voort. Hierdie is ‘n lekker fokken weird episode. Pinocchio en Gina kom af op ‘n tannie wat in die boom sit met ‘n moerse handsak wat onder die boom lê. Wat die fok is in die handsak? En hoekom raak die tannie al hoe fokken weirder?
Watkykjy staan op 3,124,687 post views in totaal sedert 1 November, 2019.