“Okay, this kind of a big deal!” – akteur, Gerald Steyn gesels met Watkykjy oor sy rol in die nuwe Showmax thriller reeks, DAM

In Watkykjy Interviews deur griffin

Gerald Steyn is ‘n betreklike nuwe akteur op die Suid-Afrikaanse TV en movie scene maar die ou het reeds fokken baie vermag in die afgelope sowat ses jaar sedert hy sy professionele loopbaan as akteur aangepak het. Sy CV is so tight gestop soos ‘n Checkers-boerewors en die bra bring beslis die sous na die tafel! Hy is een van daai lucky bliksems wat tot dusver net lekker rolle in goeie produksies losgeslaan het maar ons moet tog byvoeg dat die plaaslike filmbedryf in die laaste dekade wel hulle sokkies tot reg onder die ballas opgetrek het. Daar is genuine fantastiese local stuff daarbuite deesdae! Gerald het byvoorbeeld nou onlangs kief rolle gehad in Lioness (tans op Mnet), Trackers, Meisies Wat Fluit, die remake van Fiela Se Kind en die superbefokte thriller wat jy vir fokken seker nie moet misloop nie, DAM.

Ons het het so bietjie met Gerald gechat oor sy rolle in al hierdie TV-reekse en films en was veral nuuskierig oor sy rol as Max inDAM wat die afgeloep Maandag op Showmax ge-launch is. Jy kan hierdonder sommer na gedeeltes van die onderhoud luister waar Gerald meer in diepte spesifiek oor DAM gesels.


Jy vertolk die rol van Liam, ‘n tipe Tinder rebound dude in Meisies Wat Fluit. Dis ‘n drama oor relationships wat so bietjie uitfok. Was jy ook verras oor hoe “real” die movie uitgedraai het?
Ek het actually vir Stiaan Smith se rol van Henk ge-audition. Hulle het vir ons die hele script gestuur en ek onthou toe ek Liam se rol lees het ek gedink: “Wat ‘n fokken loser!”, jy weet? En toe kry ek die rol en dit was moerse fun! Ek is vrye teuels gegee. Ek dink (director) Johan Cronje wou  die scene so awkward as moontlik maak. Miskien het ek ‘n gawe om dinge awkward te maak soos met Trackers. Ek het die scene baie geniet. Actors probeer gewoonlik om die script te amplify en ek dink Stiaan en Liandie het presies dit gedoen. Dit was refreshing om iets te lees wat eerlik is en nie die romantiese idealisme wat hulle gewoonlik in tydsrkifte en romcoms probeer verkoop nie. Ek dink die film het die boodskap van realistiese verhoudings en die gevolge van mens se optredes oorgedra. Ek was aangenaam verras deur die eindproduk!

So gepraat van Trackers het jy geskiem “Af nee fok, ek is nou die ou wat vrek in die eerste episode!” of gaan jy net vir goud met die rol?
Haha, nee! Met Trackers het ek dit geniet om Lourens te speel! Ek het uitgesien na die geleentheid om my kop te laat wegblaas! Dit was net so ‘n fun rol gewees en dit het die heavyness van die show gebreek wat ons gevoel het nodig was, anders sou dit nie gewerk het nie. Jy kan van ‘n myl af sien dat hierdie ou expendable is, so daar moes iets wees om die gehoor te surprise. Ons was in Bela-Bela vir twee-en-‘n-half weke en het ‘n absolute ball gehad!
Dink jy daar is ‘n riskiko wat mens loop deur ‘n classic movie ‘n overhaul te gee? Fiela Se Kind het fokken goed uitgedraai. Was jy dalk nervous gewees om hierdie projek aan te vat? Ek meen, daar is so bietjie hoë verwagtinge wat druk op ‘n mens kan plaas, veral as jy aan mense se Suid-Afrikaanse en veral Afrikaanse classics raak.
Ek was geensins nervous nie. Ek dink dit was tyd vir ‘n update  vir die movie – nie dat daar enigsins iets fout was met die ouer movie nie. Jongmense kyk deesdae HD movies op hulle fone. Ek dink om nie vir Fiela se Kind ‘n nuwe gehoor te werf nie weens ou tegnologie, is ‘n groot onreg omdat ek van die boek gehou het. Ek het gevoel dat ons iets doen wat baie nodig was.

Die splinternuwe Showmax original reeks, DAM, is totally in ‘n ander league en op ‘n internasionale mededingende vlak. Jy vertolk die karakter van Max. Het jy tydens verfilming enige idee gehad van hoe fokken next level die eindproduk sou wees? Het dit jou verras?
Aanvanklik toe ek die audisie gekry het, en ek lees toe wat die scene is, het ek nie gedink dit gaan so groot rol wees nie, maar dis nie exactly ‘n klein rol nie. Ek het gedink dis ‘n vinnige een – ‘n outjie wat ‘n asshole is een doodgemaak word, maar toe Lea my kontak en vir my sê ek het die rol gekry, toe weet ek:  “Okay, hierdie moet nogal groot wees want sy sal haarself nie attach aan ‘n piece of shit nie!” (as jy nou al deur haar filmopragpy gegaan het). Toe bel Alex my en sê ek het die rol en Laudo is ook in, en toe is ek soos: “Okay, this kind of a big deal!” Toe ek op stel kom en ek sien Tom Marais (director of photography) is daar (ek het saam met hom gewerk in Fiela se Kind) – toe is ek soos: “Motherfucker! Hierdie het baie potential!”
Ek is so dankbaar, so relieved en ek is trots!


DAM is verfilm in die bumfuck nowhwere gedeelte van die Eastern Cape: twee klein dorpies genaamd Adelaide en Bedford. Was jy al ooit voorheen in jou lewe daar? Is daai plek regtig so creepy soos in die reeks of is dit ‘n lekker jol?
Haha, weet jy wat? Bedford en Adelaide kry so ‘n fokken knock! Dis altwee great plekke! Ek het dit ge-love daar! Dis actually so fokken snaaks. Ons staan op die dak van die hotel en toe rol daar tumble weed oor die straat, I shit you not! Laudo-hulle en almal was daar ‘n dag voor my en daar is blykbaar ietsie van ‘n grave en allerhande spirits so apparently kan dit ‘n scary town wees, maar van wat ek gesien het – ek love die mense en ek het die plek gelove maar dit kan ook van al die rooiwyn wees na elke dag se shoot. Jy moet ook verstaan die plek waar ons gebly het – die Bedford Inn was soos ‘n oasis. Shame, die dorpie het bietjie gesukkel, verald met COVID. Baie plekke het toegemaak. Ek dink die plek waar ons gebly het was funded omdat dit baie oorsese toerisme trek. Daar was ‘n spa, daar was ‘n swembad, ‘n gym. Ons was soos royalty.  Ons was soos ‘n klomp fokken konings in ‘n kasteel, so ek kan glad nie kla nie!


Ek het uit ten minste twee akteurs se rolverdelings in DAM agtergekom dat daar aspekte van hulle regte lewens in die storie ingewerk is: Neil Sandilands rook pyp dat dit kak (soos hy in regte lewe doen) en hy sing sy eie origninal tunes in die bar in die eerste episode. Lea het in regte lewe blykbaar leer Spaans praat in Chile in 6 maande en dit is deel gemaak van haar karakter. As broers in die reeks, wat van jou en Laudo se persoonlike aspekte is ingewerk?
Ha, ja Neil en Lea – ek dink hulle het net eiers gehad om vir Alex te sê dit is wat hulle karakters wil doen. Jy is 100% reg – Lea het baie van haar persoonlike lewe ge-inkorporeer in haar karakter, Yola, met Chile. Hoe Neil met ons gepraat het off set en on-set: it is the same thing!  Dit was vir my baie interessant en inspirational. Daar was altyd eer aan Alex, die skrywer en aan die storie. Met my en Laudo was dit soos yin en yang. Ons het soos broers geword. Hy is meer reserved – he thinks about what he is going to say. Ek is nie. Ek is foot-in-mouth. Ek kry myself gedurig in kak! Van daai goed wat jy sien op skerm, dis hoe ons is van set af ook was met mekaar. Ek gaan hom juis netnou sien vir ‘n bier want ons het ‘n genuine brother-like relationship gebou!


Sonder om te veel weg te gee, wie tussen jou en Laudo se karakters is die grootste doos? Max of Rudi? Ek wou by episode twee reeds Laudo se krakter se hare met ‘n fokken barstoel kam!
Wel… dit hang af wat die doos quality vir jou erger maak. Ek persoonlik natuurlik, voel Rudi is ‘n groter asshole (dick!) want hy kom van hierdie virtuous pedestal af. Hy doen al hierdie unholy shit met die caveat dat dit “for the greater good” is. Max is net ‘n foot-in-the-mouth, first instinct, impulsive asshole. Ek haat dit as mense van ‘n moral high ground af kom om hulle eie needs te fulfill. Virtue signalling, ek fokken haat dit! So in my oë is Rudi die grootste asshole want hy’s die groot conductor en daar is ‘n great scene in die reeks tussen hom en Dirk waar hulle praat en dis waar jy begin agterkom wat hierdie ou regtig voel. Dit was vir my so powerful scene tussen hulle twee. Ek gaan dit nie spoil nie maar daar is ‘n deel wat met Yola gebeur aan die einde wat baie te doen het met die gesprek tussen Rudi en Dirk. Maar die vraag is wie is die grootste doos? Laudo!
Ag, ek bedoel Rudi!


Ek skiem hierdie reeks gaan vir die hele cast, internasionale deure oopmaak as dit nie reeds gebeur het nie. Wat skiem jy?
 Ek dink vir seker dit het die potensiaal om deure oop te maak internationally vir baie van die akteurs. Ek dink almal het ‘n blerrie goeie job gedoen! Ek dink in Suid-Afrika is dit unfair soms om productions se performances te judge want een van die grootste probleme is tyd en budget. Ek dink vir wat ons reg gekry het in die tyd wat ons gehad het, was dit nogals amazing. Dit het baie te doen met die feit dat al die akteurs saamgebly het in ‘n hotel. Ons het mekaar so ge-riff en jokes gemaak en mekaar se siele uitgetrek. Ek dink die akteurs het hullself so goed van hulle take gekwyt. Ek is maar altyd hyper critical op myself maar ek wil net elke keer beter wees. Dit is my my so cool om te sien wanneer baie akteurs voel hoe insecure hulle is oor hulle craft en hulle performance maar dan kom dit uit en jy soos: “If only they could see themselves though my eyes.” Dit was so refreshing en ek is so bly vir hulle want hulle werk moer hard en hulle maak hulleself kaal daar voor die screen – party letterlik. Daar is altyd bietjie doubt en dan kom dit beter uit as wat hulle ooit kon verwag. Ek is so bly vir elke enkele cast member en veral vir Alex veral ook.
It takes balls!

Daar is ‘n moerse collection movies op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! As jy besluit om tussen nou en 31 Maart vir Showmax op te sign, betaal jy slegs vir 1 maand en kry twee verniet.   
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!

Hierdie post is 163 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,607,150 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffin“Okay, this kind of a big deal!” – akteur, Gerald Steyn gesels met Watkykjy oor sy rol in die nuwe Showmax thriller reeks, DAM