Ek is amper seker as jy die naam “Freiburg” uitspreek, dan moet jy beide ‘R’e brei soos mense van die Swartland en die naam skreeu terselfde tyd. Dis mos hoe Duits werk?
Hierdie German punks het in 2010 hulle eerste album, High Five Zunkuft op ‘n tjommie se label release. Ons praat hier van ‘n fisiese release op vinyl. Dit het baie vinnig uitverkoop destyds en daar is hierdie jaar besluit om die album uit die argiewe te gaan opgrawe en te remaster om weer op vinyl te release met nuwe artwork. Die remastering het bietjie meer subtiele veranderinge in die musiek uitgebring – meer bass en meer volume. is nogal opvallend.
High Five Zunkuft! Skreeu dit hard met jou beste Duitse aksent.
Ons het vir jou die album op Spotify embed hieronder asook ‘n video gegooi dat jy darem die manne in aksie kan sien ook. Daar is ook links na hulle website en social pages. As jy ‘n vinyl junkie is, kan jy die LP op die eerste link bestel van die overeas af. Ek dink nie daar is eers een fokken mens in SA wat dit besit nie. Dit kan nogal waardevol raak na so paar jaar:
https://thischarmingmanrecords.de/produkt/freiburg-high-five-zukunft-12/
http://www.freiburg-band.de/
https://www.facebook.com/freiburgpunk
https://www.instagram.com/freiburgpunk/
Watkykjy staan op 3,092,388 post views in totaal sedert 1 November, 2019.