Stadig ou perd, ek sê nie movies oor serial killers is presies die teenoorgestelde van romantic comedies nie – dis probably net die verste daarvan verwyderd. Dit en horror, skiem ek. Warm en fuzzy met trane van blydskap versus kak en hare en angs. Ons het vanoggend so bietjie valentines vibes gegooi, so gaan krap daar rond as jy en jou stukkie-baby so bietjie room-en-tamaties wil raak onder julle bersie hierdie Sondag. As die soetsappigheid te veel raak, wissel dit so bietjie af met hierdie selection van ses reekse, doccies en movies waarvan serial killers die onderwerp is, want al is dit ‘n makabere kwessie, bly dit steeds fokken fassinerend, of is ek verkeerd?
Siende Blind
Die trailer van hierdie local, Afrikaanse produksie het my heeltemal onkant gevang. Siende Blind is ‘n limited reeks van 4 episodes wat gaan oor ‘n serial killer profiler wat onopgeloste sake ‘n tweede kykie gee en op die ou einde volg sy ‘n kronkelspoor deur die geskiedenis van haar nuwe skoonfamilie. Die storie speel af tydens lockdown, wat like, fokken nou is! Toe ek heel per ongeluk op hierdie reeks afgekom het, het ek gedink dat dit ‘n fokken rushed job gaan wees, want hoe pull mens so iets af, eerstens in Suid-Afrika en tweedens tydens lockdown? Jirre, ek was pleasanly surpised en ek sien baie erg uit na hierdie reeks. Dit lyk absoluut befok! Ek sal graag wil hoor wat jyself hiervan dink? Check die trailer uit en maak ‘n call:
Dexter
Goeie ou statmaker, Dexter. Ek is so moerse fan van die show en Dexter so cool naam, dat ek besluit het om ons nuwe Rottweiler puppy wat ons hierdie Maandag kry Dexter gaan noem, want soos Dexter, gaan my hond ook net slegte mense opfok. In case jy nie die storie ken nie – deur die dag is Dexter Morgan (Michael C. Hall) ‘n ou wat misdaad oplos as forensiese expert by die Miami PD maar as die son sak, dan kak die baddies want dan is Dexter die stad se gevaarlikste fokken serial killer, maar ‘n serial killer met ‘n sterk erekode.
Extremely Wicked, Shockingly Evil and Vile
Hierdie is ‘n fokken lang title vir ‘n movie. Hulle kon net getune het: Ted Bundy: Moordernaarpoes, maar die titel kom actually vanaf ‘n regte quote van ‘n regter tydens Ted Bundy se trial.
Die volle quote lui: “The crimes were extremely wicked, shockingly evil, vile, and the product of design to inflict a high degree of pain.”
Hierdie movie vertel dus die store van Ted Bundy (Zak Efron) maar uit die perspektief van sy girlfriend, Elizabeth Kloepfer, wat geweier het om te glo day hy ‘n serial killer was. Zack Efron lyk nogal baie soos die ware Ted Bundy. Oe! Oe! En fokken James Hetfield van Metallica is ook in die movie! Dis oom James se acting debuut en sy karakter is Officer Bob Hayward!
Reckoning
‘n Minireeks van 10 episodes waarin ‘n tiener se dood verbind word aan ‘n reeksmoordenaar wat vir jare lank so stil soos ‘n oorlogskip was. Die gebeure rondom die laitie se dood lei twee pa’s van ‘n klein dorpie in ‘n donker spiraal af. Die reeks ondersoek die donkerste uithoeke van die manlike psige deur die oë van hierdie twee ouers en een van hulle is ‘n serial killer.
The Case Against Adnan Syed
‘n Documentary van vier episodes wat in totaal net onder vier en ‘n half ure inklok. Ek het nog nooit van Adnan Syed gehoor nie, so dis nie ‘n wydbkende storie of gebeurtnies nie dis nie maar dalk is ek net ignorant. In 1999 het ‘n hoërskooldogter, Hae Min Lee vermis geraak en haar ex-ex-boyfriend (Adnan Syed) is aangekla van haar moord. Hierdie doccie gaan dalk nie soseer oor ‘n reeksmoordenaar nie, maar dit het tog daardie elemente van onopgeloste raaisels wat mens oor die algemeen met doccies oor serial killers kry. Hierdie saak het fokken baie onbeantwoorde vrae en raaisels. Ek sit dit op my lysie:
Lincoln Rhyme: Hunt for the Bone Collector
‘n Moerse lekker crime en drama thriller reeks, geïnspireer deur die best seller boek van dieselfde naam deur Jeffery Deaver. (Ja, mens spel daai Jeffery so kak.) Dit volg die storie van ‘n berugte reeksmoordenaar wat net bekend staan as “The Bone Collector” wat New York City op ‘n tyd op hol gehad het. Almal het in vrees gelewe. En toe verwdwyn die doos net. Nou, drie jaar later, is daar ‘n moerse elaborate moord wat lyk of asof The Bone Collector in alle waarskynlikhied weer teruggekeer het. Dit bring die voormalige NYPD-speurder en forensiese genius, Lincoln Rhyme (Russell Hornsby) uit retirement uit om hierdie kak weereens aan te pak.
Kyk dan sommer ook die Bone Collector movie met Angelina Jolie en Denzel Washington, maar kyk dalk eerder eers die reeks as jy nog nie die movie gekyk het nie (of dalk vergeet het wat in die movie gebeur het). Netnou gee die movie dalk alles weg wat in die reeks gebeur. Ek is nie seker nie, want ek gaan die reeks eers hierdie naweek kyk vir die eerste keer. Ek het so paar weke terug weer die Bone Collector movie van 1999 gekyk het en dis steeds befok! Dit het glad nie sleg verouder nie, net soos Angelina haarself ook…
Daar is ‘n moerse collection movies op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! As jy besluit om tussen nou en 31 Maart vir Showmax op te sign, betaal jy slegs vir 1 maand en kry twee verniet.
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,103,981 post views in totaal sedert 1 November, 2019.