Bou jou eie electric guitar, bass guitar of ukelele!

In Bemarking, Markdag deur griffinRek jou bek

Ons like van Watkykertjies met entrepreneurial spirit en Maandae is markdag op Watkykjy. As jy ‘n kief en interessante besigheid het wat jy met Watkijkistan wil deel, drop ons gerus ‘n e-mail.


Hier iewers aan die begin van lockdown in 2019 het ek geskiem dat ek vir my ‘n DIY projekkie of twee aan die gang moet kry sodat ek kan besig bly by die huis. Dis mos lekker om kluisenaars sonder drank te  wees. Meeste van ons het seker maar goedjies in en om die huis begin doen om onsself besig te hou sodat ons nie ons kak verloor nie. Legend has is dat waneer jy jou hande en jou brein besig hou, jy minder kans het om serious kak aan te jaag en goeters op te fok. DIY is dus ‘n goeie begin, tensjy jy nou genuine hondkak is met ‘n hamer en ‘n skroewedraaier.

Wat het ek gedoen? Behalwe vir piesangbrood bak, fokken Zoom meetings en lieg oor die alcohol level van my pynappelbier, het ek so vier of vyf kursusse op Udemy gekoop wat op dik specials was om myself so paar nuwe skills te leer. Hier en daar het ek ook kak rondom die huis begin fix. Soos my Xbox wat vir fokken lank in ‘n kas gelê het. Ek is nie ‘n moerse gamer nie en die enigste een van twee games wat ek nou al fokken lank dreig om voor tyd te maak, is Rocksmith (die  nder een  is Red Dead Redemption).

As jy nie Rocksmith ken nie, check bietjie hoe fokken piele is dit:

Die game leer jou genuine guitar jol met ‘n actual guitar. So in plaas daarvan om ‘n arme out-of-work muso se  kitaar ge gaan optel by Cash Converters vir next to fokol, het ek besluit om eerder my een te bou. Want as ek myself gaan leer hoe om guitar te jol, kan ek dit net sowel doen op een wat ek myself  gebou het.

Ek weet dit klink nou fokken complicated, maar ek het op ‘n lekker local site afgekom, Blackbeard’ Den waar jy guitar kits kan koop om self te assemble.  Hierdie kits het alles wat jy nodig het – die body, nek, pick-ups, machine heads, snare ensovoorts. Dit kom ook saam met ‘n assembly guide wat hulle vir jou email. Al wat jy kort is tyd, so bietjie verstand, basic tools, verf  en finishing. Jy kan die verf en olies ook online by hulle bestel. Ek neem aan jy moet so bietjie soldeerwerk kan doen en weet hoe ‘n skroewedraaier werk. Of iemand ken wat weet waar om ‘n soldeerbout aan te sit. As jy nou fancy wil raak en een van daai hoërgraad kinders is wat dinge heeltemal van scratch af bou, het hulle ook ook tools wat ek nie eers weet waddefok dit is nie. Stuff soos fret file crowning tools, string action rulers, fretting hammers en bridge pin spanners. Jy het egter nie hierdie tools nodig om jou eie kit kitaar te bou nie.

Ek het sommer al die verf en olies en alles wat ek nodig het ook one shot saam met die kit bestel. Stratocasters en Telecasters is lekker shapes en dis die shapes wat meeste mense seker maar ken, maar ek was lus vir iets anders en is veral ‘n fokken groot fan van die Firebird shape:
Die  idee is dat die eindproduk ‘n tobacco burst finish moet kry met olies, verf en finishes wat ek saam met die kit bestel het. Ek  wil my guitar so na as moontlik aan hierdie outtjie laat lyk wanneer dit eendag klaar is:
Ek sê “waneer dit aandag klaar is” want ek het nog fokken glad nie eers begin werk aan die bliksemse projek nie.  Al daai vrye tyd wat ek gedink het ek op hande gehad het, het soos mis voor die son verwyn. Sedert April 2020 het ek skielik fokken baie werk begin inkry en dinge het nog steeds nie bedaar nie. Ek complain nie – ‘n man moet kan eet en kak.

Wat ek wel beslis gaan doen sodra ek tyd kry, is om die hele proses te dokumenteer en  ‘n nice video aan mekaar te sit van hoe ek my Firebird bou. Dit moet glad nie ‘n rush job wees nie want ek wil ‘n ding reg doen. Ek het ook destyds toe ek my guitar by Blackbeard’s Den gekoop het,  sommer ‘n deal met hulle gemaak dat hulle ‘n guitar kit hier op Watkykjy sal weggee wanneer ek die video uitsit. Ongelukkig weet niemand wanneer die fok dit gaan gebeur nie, so jy kan jy gerus in die meantime jou eie kit aanskaf.

Dis moerse satisfying om jou eie stukkie kunswerk te bou, maar dit maak ook ‘n befokte verjaarsdag of Valentine’s Day geskenk.

Check bietjie hierdie range uit (daar is meer op die website) en check daai pryse. Ek meen jirre, jy kan vir jouself ‘n AC/DC kitaar bou vir fokken R2800!

 

Hierdie post is 117 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,269,349 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinBou jou eie electric guitar, bass guitar of ukelele!

Gooi Comment