Wat van so bietjie Sweedse instrumental metal? A Swarm of The Sun het sopas ‘n nuwe studio EP, 20.11.03 release. Hierdie duo, Erik Nilsson en Jakob Berglund het reeds twee vollengte albums vrygestel – The Rifts (2015) en The Woods (2019). Hulle website lyk soos die fokken Blair Witch Project.
Jy hoef geensins ‘n fan van metal musiek te wees om hierdie tune te geniet nie. Die Amerikaanse metal magazine, Metal Injection tune “It’s a slow burn that elevates into a mountain of auditory pleasure.”
Dis fokken hauntingly beautiful. Ek kan al ‘n drone shot sien aan die einde van ‘n donker drama waar iemand tevergeefs iemand anders probeer inhardloop en neerbliksem en huil, arms uitgestrek, close-up op ‘n betraande gesig. Hulle het in November laasjaar ‘n moerse classy live session gedoen by Studio Gröndahl in Stockholm. Hier is These Depths Were Always Meant For Both of Us
Watkykjy staan op 3,071,843 post views in totaal sedert 1 November, 2019.