Ons gaan hierdie artikel probably in drie dele moet opsplit oor so paar weke om dit meer verteerbaar te maak, want ons het op meer as 30 kick-ass movies afgekom uit die 2000’s wat 15 jaar en ouer is, wat jy kan stream! As jou wiskunde nog sharp is, sal jy kop dat ons dus na movies gaan kyk wat in die tydperk tussen 2000 en 2006 hulle verskyning gemaak het.
Dis nogal fokken hardcore om te dink dat die jaar 2000 hierdie jaar mondig geword het. Y2K-bug en alles! Fokkit, dit beteken dat Watkykjy ook al vir 21 jaar lank aan die gang is. Liewe fokkies, kom ons trek op ons sokkies!
Op vandag se lysie is daar slegs drie movies wat ekself begrudgingly sal kyk, want smaak verskil. Ek het hulle sommer heel eerste gelys. Mind you, die heel eerste movie is die een met die kakste rating, maar ek verkies hom bo die daaropvolgende twee.
Bewitched (2005 met ‘n 4.8 rating)
Hierdie movie met Will Ferrell en Nicole Kidman het nogal interteks van die gewilde 1960’s sitcom reeks met dieselfde naam. Will se karakter, Jack, is ‘n Hollywood actor wie se career besig is om ‘n moerse nose dive te vat. Om sy loopbaan te red stem hy in om ‘n filmweergawe van die reeks, Bewitched, te maak saam met Isabel (Nicole Kidman). Wat die bra egter nie weet nie, is dat Isabel genuine ‘n heks is, maar ‘n saggeaarde een wat haar bonatuurlike kragte wil onderdruk om ‘n normale lewe te lei. Hierdie is die eerste movie waarin Nicole Kidman act waarna haar twee jongste dogtertjies kon kyk. Die kak is, hulle het gedink mamma kon regtig befokte magic doen en was dik teleurgesteld toe Nicole hulle die waarheid moes vertel. Shame man.
Step Up (2006 met ‘n 6.5 rating)
Hierdie is ‘n lekker enetjie vir die girls om oor aapkak te gaan. Want Channing Tatum. Hy jol die rol van Tyler Cage, ‘n bra wat op die rowwe strate van die stad grootgeword het. Na ‘n onderonsie met die pote, moet hy community service doen by die Maryland School of the Arts – ‘n skool wat hy vir een of ander rede probeer opfok het. Sy lewe verander wanneer hy Nora (Jenna Dewan) ontmoet, die skool se prima-ballerina. Dis die tipiese storie van die laeklas armgat kakmaker wat ‘n nuwe blaadjie omslaan na vele trials en tribulations. Hy moet natuurlik net eers daai dude wees was alles quit waarmee hy begin, anders is daar mos nie ‘n fokken storie nie? Die movie se oorspronklike naam was “Music High” en in so paar ander weird lande het hulle die titel vertaal as “Sexy Dance“.
Liewe jirre.
The Fast and the Furious (2001 met ‘n 6.8 rating)
Uiteindelik spreek ek my absolute pet hate van ‘n movie aan. Jirre, daar is vir my nie ‘n kakker franchise as die Fast and The Furious 1 – 23 nie. Ek fokken kan nie met Vin Diesel nie, maar ek maak hierdie movie deel van die lys want dit het ‘n moerse impak op Hollywood gehad en nog meer so op Afrikaanse marabase wat hulle zef karre rev by die robots. Al daai konte wat 19 jaar terug wargemaakte Opel Corsa’s gery het, het daai movie gekyk en is nou middeljarige moerskonte met Ford Rangers met stickers en facelifts om die ding kwansuis vinniger te maak.
Maar kom ons praat oor die movie voor ek ‘n fokken aar in my kop bars – oorle Paul Walker is ‘n undercover L.A. cop wat die ondergrondse wêreld van illegal street racing moet infiltreer in ‘n poging om ‘n string hijackings stop te sit. Maar in plaas daarvan om net die punt in te sit, gaan hy bietjie dieper en begin die kak te like en nou moet hy kant kies want hy raak sommer ook verlief op die main mac, Dominic Toretto (Vin Diesel) se suster. Gepraat van ou Vin – hy het tydens verfilming per ongeluk ‘n stuntman se neus gebreek. O ja, en hy en Michelle Rodriguez het nie net in die movie gedate nie, maar sommer in regte lewe ook terwyl die fliek verfilm is. Jirre, sy is warm.
Wanneer jy die movie kyk, let veral op na die huise in die agtergrond. Die producers het huiseienaars gevra om hulle huise oor te verf met meer gedempte kleure sodat die tjorre se kleure meer kon uitstaan.
Meet the Parents (2000 met ‘n 7.0 rating)
Jirre, ek kan nie glo dat hierdie Ben Stiller en Robert de Niro comedy classic al 21-jaar oud is nie! Net om jou geheue te verfris – Greg (Ben Stiller) is ‘n manlike verpleegster wat sy aanstaande in-laws moet ontmoet en veral sy aanstaande skoonpa (Robert de Niro) se goedkeuring soek. Hy probeer sy bes om die oom te impress maar skoonpappa is moerse fokken suspicious en om alles te kroon, ook ‘n ex CIA agent met ‘n lie detector in sy basement. Die familiekuier verander in ‘n naweek van hel vir Greg Focker. Die movie is poes snaaks.
Snaaks genoeg het die Motion Picture Association geweier om die naam “Focker” toe te laat in die movie tensy die filmmakers actual mense met hierdie van kon opspoor. O ja, Ben Stiller het sy klere wat hy moes dra vir die rol ge-fokken haat. Dis was alles deel van die director se plan om Stiller so ongemaklik as moontlik te laat voel vir sy rol as Greg.
The Patriot (2000 met ‘n 7.2 rating)
Nog ‘n befokte movie wat hierdie jaar 21 word met Mel Gibson en Heath Ledger in die hoofrolle! Ja, Mel Gibosn was actually ‘n cool actror voor hy te veel begin suip het en dronk burgers op die vloer gevreet het terwyl sy dogter hom met haar foon afneem.
Heath Ledger het actually vir ongegeer ‘n jaar lank voor hierdie movie, glad nie gewerk nie want almal wou hom type cast in tipiese teen heartthrob rolle. Hy was op die punt om acting heeltemal te quit en terug te fok Australië toe, toe hy hierdie rol aangebied is. The Patriot vertel die verhaal van ‘n weduwee-boer, Benjamin Martin (Mel Gibson) met ‘n brawe dog brutale militêre verlede wat nie juis die oorlog wil join wanneer die Britte in 1776 Amerika aanval nie. Sy oudste seun (Heath Ledger) aan die ander kant, besluit om te enlist sonder sy pa se toestemming en goedkuering en word ongelukkig deur die vyand as gyselaar geneem. Pappa se nuutgevonde pasifisme en vrede waai by die venster uit en hy besluit om sy seun te red. Kak spat. O ja, actual amputees is ge-cast om die rolle van soldate te vertolk wat hulle ledemate verloor het.
Wrong Turn (2003 met ‘n 6.1 rating)
Chris Flynn is op pad na ‘n job interview in ‘n ander stad maar ‘n trok wat ‘n ongeluk veroorsaak, blokkeer die highway en die bra moet nou ‘n alternatiewe roete volg deur West Virginia se berge. Hy skep nog so happie kak luck wanneer hy nie oplet op die pad terwyl hy bestuur nie en crash in ‘n kar met ‘n pap band in die middel van die pad – die kar van ‘n groep vriende wat van plan was om in die bos te kamp. Wat is reël nommer een? Moenie saam met vreemde mense in ‘n vreemde bos in fok nie. Wat doen hulle? Hulle breek reël nommer een. Wat vind hulle? Fokken cannibalistic mountain men. Die hare op jou nek gaan ‘n kyk tyd hê met hierdie horror, want dit gaan oortyd werk.
Eliza Dushku het meeste van haar eie stunts gedoen vir hierdie movie. Seker omdat sy vars van Buffy The Vampire Slayer se stel af gekom het wat in 2003 tot ‘n einde gekom het.
Walking Tall (2004 met ‘n 6.3 rating)
Ek het nogal baie tyd vir die WWE wrestlers wat dit tot in Hollywood se mainstream gemaak het en Dwayne “The Rock” Johnson is een van my gunstelinge. In Walking Tall is hy Chris Vaughn, ‘n military vet wat terugkeer na sy tuisdorp wat oorval is deur misdadigers. Die groot rede hiervoor is die meule wat toegemaak het en die casino wat in sy plek oopgemaak het. Die casino is die grootste werksverskaffer maar ook die grootste rede vir al die kak en hare in die dorpie. Om dinge te vereger word die casino besit deur sy voormalige beste vriend. Chris kom ook agter dat die cops fokol aan die saak wil doen nie want die sherrif is ook ‘n korrupte doos, so nou moet hy dit maar uitsort. Dik fights!
In hierdie movie was Dwayne Johnson se stunt double sy cousin, Tanoai Reed en hulle kyk fokken baie na mekaar!
Gridiron Gang (2006 met ‘n rating van 6.9)
Dwayne “The Rock” se career was fokken besig in die 2000s, so ons gooi sommer nog ene. Sylvester Stallone het amper hierdie rol gekry. Johnson speel die rol van Sean Porter, ‘n berader by ‘n jeug-aanhoudingsentrum waar hy die laities help om hulle selfbeelde so bietjie te polish deur hulle te laat voetbal jol (die Amerikaanse tipe). Hy kry moerse ondersteuning van sy superiors en behaal sukses terwyl hy die lewens van baie kinders verander. Hierdie movie is gebasseer op ‘n ware verhaal en toe Sony hierdie movie 15 gelede release het, het hulle die eerste studio geword wat ge-open het met tien nommer 1 hits by die box office in ‘n enkele jaar!
The Pursuit of Happyness
Is jy gereed om uit jou fokken oë te pis, komplimente van Will Smith? Jissis, hierdie is ‘n tranetrekker, maar ‘n fokken goeie movie. Wat dit meer trefkrag gee is dat dit biografies van aard is. Dit vertel die ipspirerende storie van ‘n werklose verkoopsman, Chris Gardener wat sy seun saam met hom vat en ‘n ambisieuse loopbaan probeer aanpak. Hulle lewe op die strate. Dis fokken rof en fokken hartverskeurend. Die odds is baie hoog teen hulle ge-stack. Gee asseblief my tissue aan.
Daar is actually gebruik gemaak van regte hawelose mense as ekstras in die movie wat elk ‘n vol dag se pay gekry het asook kos. Vir die meeste van hulle was dit die eerste bietjie geld in ‘n baie, baie lang tyd.
Kyk gerus as jy heavy dramas kan handle, maar as jy tans bietjie met stuff worstel, los dit eerder.
Daar is ‘n moerse collection movies op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! As jy besluit om tussen nou en 31 Maart vir Showmax op te sign, betaal jy slegs vir 1 maand en kry twee verniet.
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,057,589 post views in totaal sedert 1 November, 2019.