As jy iemand is wat op Watkykjy uithang en ter selfde tyd interessante podcasts smaak, gaan jy hierdie een erg like. Dit gaan oor vloek en dit is legit vir proper navoringsdoeleindes. Prof. Gerhard Van Huysteen is ‘n taaldosent aan die Noordwes-Universiteit en doen so bietjie research oor hoekom mense vloek. Om die konsep van vloek bietjie beter te verstaan, slat uit by www.vloek.co.za waar daar ook sommer ‘n vloekmeter is wat check hoe dikwels ‘n vloekwoord om jou voorkom, hoe groot stok jy in jou hol het oor vloekwoorde en of dit byvoorbeeld meer deur mans of vroue gepleeg word.
Loer hom hierso om op jou gunsteling podcast platform te luister of kap die Watkykjy-standaard: ons embed sover ons kan, altyd Spotify want dit lyk beter en dit share makliker.
In hierdie episode geseles Prof. Gerhard Van Huysteen met nog ‘n professor – Kobus van Rooyen. Hierdie oom is een van die prominentse figure in die ontwikkeling van publikasiebeheer in Suid-Afrika. Hy was onder andere vanaf 1980 tot 1990 voorsitter van die Appèlraad oor Publikasies toe boeke soos Magersfontein o Magersfontein! en Kennis van die Aand ontban is. Hy was ook die voorsitter van die komitee wat die nuwe Wet op Films en Publikasies van 1996 geskryf het. Lees ook gerus sy boek A South African censor’s tale.
Kobus gee in hierdie episode ‘n boeiende maar bondige oorsig oorsig oor die ontwikkeling van publikasiebeheer in Suid-Afrika. Hy vertel interessante staaltjies uit die binnekringe van die regering en die mense wat boeke verban en ontban het. Ook besin hy oor wat volgens hom ‘n beste aanpak is met betrekking tot die beskerming van kinders.
Gee dit ‘n luister:
Watkykjy staan op 3,084,108 post views in totaal sedert 1 November, 2019.