Gen X-ers het nogal die jackpot geslaan, want hulle het sorgvry grootgeword in die 80s met slegs TV wat hulle distract het vir ‘n uur of twee per dag. Die res van die tyd was buite in die strate op fietse met tjommies spandeer. Die kids kon na hulleself kyk en baie van hulle kon selfs vir hulleself dink ook. Die nineties was net so befokte dekades gewees, want toe groei die kids sommer so saam met die tech ook. Hulle het die lang pad geloop saam met Betamax, VHS, DVDs, tapes, CDs. Hulle het van ZX Spectrums en Commodore 64’s oorbeweeg na landlyne wat 486’e en Pentium 1’s met die internet connect het (die fokken geraas van die dial-up!) en hom regdeur gevat van daai eerste fokken baksteen selfoon (met meer as ‘n week se battery life) tot waar ons vandag movies en musiek wirelessly kan stream op smart devices wat beswaarlik as fone gebruik word. Dis actually nogal ‘n moerse mind fuck.
So paar interessanthede van die 90s:
- Is jy dalk ‘n fan van die band, Kara’s Flowers? Heel moontlik sonder dat jy dit eers weet. In 1997 het hulle op Beverly Hills 90210 ge-feature. Jy ken hulle natuurlik as Maroon 5.
- Doc Martens was fokken huge gewees in die 60s in die UK omdat punks dit begin dra het, maar daai boots kom uit 1945 uit toe die uitvinder, Clause Martens, die boot ontwikkel het na hy sy enkel opgefok het in ‘n ski-ongeluk. Docs het weer ‘n huge comeback gemaak in die 90s toe grunge musiek groot gegaan het. Thanks, Kurt Cobain!
- Will Smith het geweet dat mense hom gaan noem op sy Fresh Prince Of Bel-Air karakter se naam vir die res van sy fokken lewer, toe noem hy sy karakter Will Smith. Dit was nou ‘n fokken slim move gewees!
- Napster was op miljoenie computers gewees regoor die aarde. Die music-sharing program is in 1999 gelaunch en het binne 2 jaar meer as 26 miljoen users gehad. Almal het dit ge-love, behalwe Lars Ulrich van Metallica. Yup, hy is al sedert die 90’s ‘n doos!
One hit wonders
Ons weet daar was baie, maar ons gaan net na twee kyk, so jy is welkom om jou one-hit-wonders in die comment section te drop sodat ons ‘n kiefpiele Spotify playlist daarvan kan maak. Al ooit gehoor van The Verve Pipe? Nie The Verve nie, die ouens met die pyp aan die einde van hulle naam. Nee? Jy ken beslis die 1996 hit song, The Freshmen. Die tema is nogal horrible. Dit vertel in detail die selfmoord van die ou se girfriend. Verder as daai tune, het hulle niks verder bereik nie. Luister bietjie mooi na die lyrics:
Dan is daar OMC se How Bizarre wat in 1996 release is. Hier is vir jou so bietjie ammo vir Krismis conversation as jy wil slim lyk: OMC is ‘n pop duo van Auckland, New Zealand. Twee jaar na How Bizarre se release het die tweetjies met mekaar begin fight oor die royalties. Hulle het opgebreek en die lead vocalist (Pauly Fuemana) het probeer voortfok as ‘n solo artist onder die OMC naam maar fokol produce hy is in 2010 op die ouderdom van 50 oorlede en die band se toekoms saam met hom graf toe gesleep. How bizarre indeed.
20 prominente akteurs uit die 90s wat in vandag se selection van movies feature.
Meeste van hulle is vandag steeds fokken huge in Hollywood. Check bietjie watter movies uit die 90s jy met hulle assosieer sonder om te kroek en eers af te scroll en na ons lys te kyk:
Patrick Swayze, Demi Moore, Tom Hanks, Gena Davis, Madonna, Rosie O’Donnell, Liam Neeson, Ben Kingsley, Bill Murray, Andie MacDowell, Pat Morita, Hilary Swank, Robin Williams, Kirsten Dunst, Tom Cruise, Cuba Gooding Jr., Renée Zellweger, Kelly Preston, Jim Carrey, Adam Sandler
Ghost (1990)
‘n Bra word vermoor en sy spook bly agter om sy goose te waarsku teen kak en hare. After being murdered, a young man’s spirit stays behind to warn his lover of impending danger. Ek gaan for sure hierdie movie weer kyk en maybe ‘n full on review doen! Demi Moore is ‘n babe!
Beste scene: Die spook en sy chick wat ‘n stukkie sexy pottery doen. Ek is seker daar was ‘n moerse uptake in pottery na hierdie movie se release.
Beste quote: “Why don’t you go haunt a house? Rattle some chains or something?”
Once Upon A Time in China (1991)
Jet Li moet baklei dat die kak spat om sy community te beskerm teen korrupte konte, gangsters en ander vyandige karate-Kallies.
Beste scene: Die een waar hulle fight
Beste quote: “No matter how good our kung-fu is, it will never defeat guns.”
A League of Their Own (1992)
‘n Oor-die-muur alkoholis coach ‘n gedetermineerde groep vrouens om deel te neem aan die World Series of women’s baseball league gedurende ‘n tyd waarin die sport nie te waffers goed doen nie.
Beste scene: Die laaste scene in die movie
Beste quote: “Has anyone ever told you that you look like a penis with that little hat on?”
Schindler’s List (1993)
Oskar Schindler is ‘n Duitse besigheidsman wat die lewens van duisende Pools-Joodse vlugtelinge red gedurende die Holocaust deur hulle in diens te neem by sy fabrieke.
Beste scene: Jirre, wanneer jy daai dogtertjie in rooi rokkie sien (die hele movie is swart en wit en daai is die enigste kleur in die hele fliek!)
Beste quote: “Stern, if this factory ever produces a shell that can actually be fired, I’ll be very unhappy.”
Groundhog Day (1993)
Phil is sy local TV-stasie se weervoorspeller en op die oog af, nogal ‘n charmer, maar sodra die kameras ophou rol is hy ‘n groot, selfsugtige kont. Op een of ander manier gebeur dit fat hy die slegste dag van die jaar, oor en oor en oor moet herleef. Absolute classic comedy!
Beste scene: Die scene waar Phil wegjaag met die groundhog.
Beste quote: “Well, what if there is no tomorrow? There wasn’t one today.”
The Next Karate Kid (1994)
Ek het vandag eers uitgevind dat Hilary Swank die main rol in hierdie movie was! Sy word geboelie deur die kinders by haar skool en Mr Miyagi tune haar die what-whats van karate en self-defense soos wat hy met Ralp Maccio gemaak het in die eerste movie.
Beste scene: Die movie is actually fokken terrible, so kyk dit maar vir die grap.
Beste quote: “It’s stupid when neighborhood gangs kill each other with no reason. It’s stupid when countries fight wars. Not stupid to respect all living things.”
Jumanji (1995)
Twee kinders kom op ‘n weird board game af en laat ‘n man vry wat vir 26 jaar lank trapped was wanneer hulle die game jol. Met die omie se hulp moet hulle manier vind om die game klaar te maak om sodoende die game se gevaarlike magiese kragte te stop.
Beste scene: Dryfsand en spinnekoppe! Jirrrr!
Beste quote: “Stop giving me things that come apart!”
Jerry Maguire (1996)
Tom Cruise is Jerry Maguire, ‘n sportagent wat alles waarvoor hy ooit gewerk het wegfok met so bietjie van ‘n morele stryd wanneer hy alles bevraagteken. Die enigste mense wat nog ‘n fok iets vir hom voel is sy sekretaresse en ‘n hasbeen football-speler.
Beste scene: Dis daai “Show me the money” scene, right?
Beste quote: “You complete me”
Liar Liar
Jim Carey is Fletcher Reede, ‘n lawyer wat skielik vir ‘n periode van 24 uur lank, glad nie kan lieg nie na sy 5-jarige laitie ‘n verjaarsdagwens maak. Jirre, die movie het kaksnaakse scenes soos wat Fletcher sy lewe aan mekaar probeer hou en sy praktyk probeer red soos wat die waarheid uit sy eie mond vir hom opfok.
Die beste scene is ook toevallig die beste quote en alles wat daarop volg:
“Miranda: Mmmm, that was incredible. Was it good for you?
Fletcher: I’ve had better.”
Big Daddy (1999)
‘n Slapgat law student neem ‘n laitie om sy chick te impress maar dinge werk nie uit soos hy skiem dit behoort uit te werk nie. Hierdie is die Adam Sandler-era wat nog cool was voor hy ‘n klomp kak begin uitsit het.
Beste scene: Die scene waarvan die poster gemaak is waar Adam Sandler en die latie saam teen die muur pis.
Beste quote: “Hey, stay away from the frozen food section, Corinne! Your boobs’ll harden.”Daar is ‘n moerse collection movies op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk!
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,092,380 post views in totaal sedert 1 November, 2019.